Verspreiding van rykdom
Die verspreiding van rykdom is 'n vergelyking van die rykdom van verskillende lede of groepe in 'n gemeenskap. Dit verskil van inkomsteverspreiding deurdat dit na die ekonomiese verspreiding van die eienaarskap van bates kyk, eerder as na die huidige inkomste. Die verspreiding van rykdom toon ekonomiese verskille volgens die Gini-indeks.
Definisie van rykdom
wysigRykdom in die konteks van hierdie artikel word bepaal deur iemand se netto waarde, soos aangedui deur:
Die woord "rykdom" word dikwels verwar met "inkomste". Dié twee terme beskryf verskillende maar verwante dinge. Rykdom bestaan uit die items van ekonomiese waarde wat 'n individu besit, terwyl inkomste 'n invloei van items van ekonomiese waarde is. Die verhouding tussen rykdom, inkomste en uitgawes is:
- verandering van rykdom = inkomste – uitgawes
Die verspreiding van inkomste verskil van die verspreiding van rykdom. Volgens die Internasionale Vereniging vir Navorsing oor Inkomste en Rykdom is "die wêreldverspreiding van rykdom baie meer ongelyk as die van inkomste".[1]
As 'n individu 'n groot inkomste het, maar ook 'n groot mate van uitgawes, kan die netto uitwerking van daardie inkomste op sy of haar rykdom klein en selfs negatief wees.
Die Verenigde Nasies se definisie van "inklusiewe rykdom" is 'n monetêre maateenheid wat die som van natuurlike, menslike en fisiese bates insluit. [2][3]
Data oor die wêreldwye verspreiding van rykdom
wysigDie gaping tussen die rykes en die armes kan geïllustreer word deur die feit dat die rykste individue in die wêreld bates het wat meer is as die armste 10% van die wêreld se bevolking.[4] Die netto waarde van die wêreld se miljarders het gestyg van minder as $1 triljoen in 2000 tot meer as $7 triljoen in 2015, dus word die gaping dramaties groter.
Verspreiding van rykdom-piramide
wysigPersoonlike rykdom verskil tussen volwassenes vanweë baie redes. Sommige individue met min rykdom kan aan die begin van hul loopbaan wees, met min kans of motivering om bates te versamel. Ander het dalk besigheidsterugslae of persoonlike teenspoed ervaar, of leef in dele van die wêreld waar die geleenthede vir die skep van rykdom uitermate beperk is. Aan die ander kant van die spektrum is daar individue wat 'n groot fortuin bekom het deur 'n kombinasie van erfenis, talent, harde werk of bloot deur op die regte tyd op die regte plek te wees. Die rykdompiramide hieronder is in 2013 deur Credit Suisse gemaak; dit vang hierdie verskille in treffende besonderhede vas. Dit het 'n groot basis van houers van min rykdom, met hoër vlakke waar daar progressief minder mense is. In 2003 het Credit Suisse geraam dat 3.2 miljard individue – meer as twee derdes van volwassenes in die wêreld – 'n rykdom van minder as VSA$10,000 het. 'n Verdere een miljard volwasse mense val in die groep van tussen $10,000 en $100,000. Hoewel die gemiddelde besit van rykdom min in die basis en die middelste segment van die piramide is, bedra hul algehele rykdom $40 triljoen.[5]
Die piramide onthul:
- Die helfte van die wêreld se rykdom behoort aan die boonste 1%;
- Die boonste 10% het 85%, terwyl die onderste 90% die ander 15% van die wêreld se rykdom besit;
- Die boonste 30% van volwassenes besit 97% van die algehele rykdom.
Statistiese verspreiding
wysigDaar is baie maniere waarop die verspreiding van rykdom ontleed kan word. Een voorbeeld is om die rykdom van die rykste 1% te vergelyk met die rykdom van die mediaan (die 50ste) persentiel. In baie gemeenskappe beheer die rykste 10% meer as die helfte van die algehele rykdom.
Pareto-verspreiding word dikwels gebruik om die verspreiding van rykdom wiskundig te kwantifiseer, aangesien dit 'n lukrake verspreiding gebruik.
Rykdom oor mense-grafiek (Wealth over people – WOP) is 'n visueel fassinerende manier om die verspreiding van rykdom in 'n land te toon. WOP-grafieke is veranderde verspreiding van rykdom-grafieke. Die vertikale en horisontale skale wys elk persentasies van nul tot een honderd. Ons stel ons voor dat alle huishoudings in die nasie verdeel word van rykste tot armste. Hulle word dan verklein en in 'n ry laat staan op die horisontale skaal, met die rykstes links. Vir enige bepaalde huishouding verteenwoordig sy plek op die kromme hoe sy rykdom vergelyk (as 'n gedeelte) met die gemiddelde rykdom van die rykste persentiel. Vir enige nasie is heel boonste punt van die kromme (mense, 1%; rykdom, 100%) of (1, 100). In die werklike wêreld is twee punte van die WOP-grafiek altyd bekend voordat enige statistiek verkry is. Dit is per definisie die heel boonste punt (1, 100), en die heel regterkantste punt (armste mense, laagste rykdom) of (100, 0) Dié ongelukkige heel regterkantste punt word gegee omdat daar altyd ten minste 1% van huishoudings (in gevangeskap, 'n langtermyn-siekte, ens.) wat glad nie enige rykdom het nie. Aangesien die boonste regterkantste punt vas is, stel ons belang in die vorm van die WOP-kromme tussen hulle. Daar is twee uiterste moontlike vorme van die kromme. Die eerste is die "perfekte kommunis"-WOP. Dit is 'n reguit lyn van die heel linkerkantste punt (maksimum rykdom) horisontaal oor die menseskaal tot p=99. Dan val dit vertikaal tot rykdom = 0 by (100, 0)
Die ander uiterste is die "perfekte tirannie"-vorm. Dit begin links by die tiran se maksimum rykdom van 100%. Dit val dan onmiddellik na nul by mense=2, en hou aan op nul oor die res van die mense. Die tiran en sy vriende (die boonste persentiel) besit dus al die nasie se rykdom. Alle ander burgers is slawe. 'n Voor vanselfsprekende tussenliggende is 'n reguit lyn wat die boonste linkerkantste punt met die onderste regterkantste hoek verbind. In so 'n "diagonale" gemeenskap het die rykste persentiel twee keer die rykdom van die mediaan-persentiel (50%). So 'n gemeenskap is vir baie mense iets om na te streef, veral vir die armes. Trouens, dit is 'n vergelyking met 'n diagonale samelewing wat die basis vir die Gini-koëffisiënt is wat 'n maatstaf is vir die ongelykheid in 'n bepaalde ekonomie. Hierdie Gini-koëffisiënte (40.8 in 2007) toon dat die VSA die derde mees ongelyke ekonomie van al die ontwikkelde lande is (naas Denemarke en Switserland). Die VSA se WOP-grafiek word hieronder getoon. Soos 'n mens kan sien, nader dit die "tiran-kromme".
Die herverspreiding van rykdom en die staat se beleid
wysigIn baie gemeenskappe is pogings aangewend deur die herverspreiding van eiendom, belasting en wetgewing om rykdom te herversprei, soms om die rykes te ondersteun, en soms om ekonomiese ongelykheid te verminder.
Voorbeelde van dié gebruik gaan so ver terug as die Romeinse republiek in die derde eeu VC,[6] toe wette ingestel is wat die rykdom of grond wat deur enige enkele familie besit word, beperk. Die motivering vir so 'n beperking van rykdom sluit in die begeerte vir die gelykheid van geleenthede, 'n vrees dat baie rykdom tot politieke korrupsie sal lei, tot die opvatting dat deur rykdom te beperk sal jy die politieke guns wen van 'n sekere groep kiesers, of die vrees dat 'n uiterste konsentrasie van rykdom in 'n rebellie sal uitloop.[7] Verskeie vorme van sosialisme probeer om die ongelyke verspreiding van rykdom te verminder en die sosiale probleme wat daaruit voortspruit.[8]
Gedurende die Verligting in die 18de eeu het Francis Bacon geskryf: "Meer as enigiets anders moet 'n goeie beleid gebruik word dat die rykdom en geld in 'n staat net in 'n paar hande is nie... Geld is soos kunsmis, nie goed nie behalwe as dit versprei word."[9]
Kommunisme het ontstaan as 'n reaksie op 'n verspreiding van rykdom waar enkeles in weelde geleef het terwyl die massa in uiterste armoede geleef het. In die Kommunistiese manifes skryf Marx en Engels: "Van elkeen volgens se vermoë, vir elkeen volgens sy behoefte."[10] Hoewel Marx se idees in naam gebruik is deur verskeie state (Rusland, Kuba, Viëtnam en China in die 20ste eeu), bly 'n Marxistiese utopie ontwykend.[11]
Aan die ander kant het die kombinasie van arbeidsinstansies, tegnologie en sosiale liberalisme die uiterste armoede in die ontwikkelde wêreld verminder, hoewel uiterstes van rykdom en armoede voortduur in die Derde Wêreld. [12]
In die Vooruitsig van die Wêreldwye Agenda 2014 van die Wêreld Ekonomiese Forum word die groeiende ongelykheid van inkomste in die tweede plek as 'n wêreldwye risiko geplaas.[13][14]
21ste eeu
wysigTeen die einde van die 20ste eeu was rykdom gekonsentreer onder die G8-lande en Westerlike geïndustrialiseerde lande, saam met etlike Asiatiese en Opec-lande.
Ongelykheid van rykdom
wysig'n Studie van die Wêreldinstituut vir Ontwikkelings- Ekonomiese Navorsing deur die Verenigde Nasies-universiteit berig dat die rykste 1% van volwassenes 40% van wêreldwye bates in 2000 besit het, en dat die rykste 10% 85% besit het. Die onderste helfte van die wêreld se volwasse bevolking besit 1% van die wêreldwye rykdom.[15]
Vaste eiendom
wysigHoewel 'n groot hoeveelheid huishoudings nie grond besit nie, het min geen inkomste nie. Byvoorbeeld, 10% van die grondeienaars (almal maatskappye) in Baltimore, Maryland, besit 58% van die belasbare grondwaarde. Die onderste 10% wat enige grond besit, besit minder as 1% van die totale waarde.[16]
Credit Suisse-verslag – Verspreiding van rykdom en Gini (2013)
wysigDie tabel is saamgestel uit inligting wat verkry is uit Credit Suisse se "Wêreldwye-rykdomdataboek", wat in 2013 uitgegee is.[17]
Land | Volwassenes (1000de) |
Rykdom volgens volwassene (VSA$) | Gedeelte van volwassenes (%) volgens omvang van rykdom (VSA$) | Gini (%) | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Gemiddelde | Mediaan | Minder as 10k | 10k – 100k | 100k – 1M | Meer as 1M | Totaal | |||
Denemarke | 4,190 | 255,066 | 57,675 | 39.5 | 17 | 37.8 | 5.7 | 100 | 107.7 |
Rusland | 110,365 | 10,976 | 871 | 93.7 | 5.6 | 0.6 | 0.1 | 100 | 93.1 |
Oekraïne | 35,912 | 3,413 | 419 | 97.4 | 2.3 | 0.2 | 0 | 100 | 90 |
Kasakstan | 10,958 | 7,161 | 1,176 | 93.1 | 6.3 | 0.6 | 0.1 | 100 | 86.7 |
Libanon | 2,953 | 30,868 | 6,076 | 66.8 | 29.8 | 3.2 | 0.3 | 100 | 86.3 |
Verenigde State | 239,279 | 301,140 | 44,911 | 30.7 | 33 | 30.7 | 5.5 | 100 | 85.1 |
Zimbabwe | 6,690 | 2,913 | 479 | 93.9 | 5.8 | 0.3 | 0 | 100 | 83.8 |
Turkye | 51,687 | 25,909 | 5,326 | 67 | 30.3 | 2.5 | 0.2 | 100 | 83.7 |
Suid-Afrika | 31,034 | 19,613 | 3,051 | 72.3 | 24.9 | 2.6 | 0.1 | 100 | 83.6 |
Hongkong | 6,052 | 153,312 | 32,384 | 30.3 | 49.7 | 18.3 | 1.7 | 100 | 83.1 |
Filippyne | 56,730 | 8,799 | 1,849 | 88.1 | 11.1 | 0.8 | 0.1 | 100 | 82.9 |
Indonesië | 157,869 | 11,839 | 2,393 | 81.1 | 17.6 | 1.3 | 0.1 | 100 | 82.8 |
Thailand | 49,642 | 7,772 | 1,855 | 90.5 | 8.8 | 0.6 | 0 | 100 | 82.6 |
Venezuela | 18,991 | 6,900 | 1,505 | 90.9 | 8.5 | 0.6 | 0 | 100 | 82.5 |
Brasilië | 135,385 | 23,278 | 5,117 | 66.6 | 30.5 | 2.7 | 0.2 | 100 | 82.1 |
Maleisië | 18,382 | 27,007 | 5,831 | 61.4 | 35.3 | 3.1 | 0.2 | 100 | 81.5 |
Chili | 12,461 | 49,032 | 11,742 | 45 | 48 | 6.6 | 0.4 | 100 | 81.4 |
Indië | 767,612 | 4,706 | 1,040 | 94.4 | 5.2 | 0.3 | 0 | 100 | 81.3 |
Switserland | 6,101 | 512,562 | 95,916 | 5.2 | 46 | 38.8 | 10 | 100 | 80.6 |
Swede | 7,299 | 299,441 | 52,677 | 15.6 | 48.3 | 29.2 | 6.9 | 100 | 80.3 |
Egipte | 52,710 | 7,285 | 1,852 | 90.4 | 9 | 0.6 | 0 | 100 | 80.3 |
Nigerië | 80,462 | 3,620 | 894 | 94.9 | 4.9 | 0.3 | 0 | 100 | 80 |
Colombia | 30,464 | 26,222 | 6,228 | 60.2 | 35.8 | 3.9 | 0.2 | 100 | 79.7 |
Seychelle | 54 | 60,003 | 14,617 | 40 | 50 | 9.2 | 0.8 | 100 | 79.6 |
Argentinië | 28,265 | 15,638 | 4,032 | 72.1 | 26.1 | 1.7 | 0.1 | 100 | 79.6 |
Saoedi-Arabië | 16,694 | 37,346 | 9,772 | 53.3 | 41.1 | 5.3 | 0.3 | 100 | 79.3 |
Namibië | 1,256 | 19,899 | 4,531 | 67.5 | 28.3 | 4.2 | 0.1 | 100 | 78.7 |
Israel | 4,947 | 137,351 | 38,164 | 30 | 44.8 | 23.7 | 1.5 | 100 | 78.7 |
Comore-eilande | 388 | 2,872 | 670 | 93.8 | 6.1 | 0.2 | 0 | 100 | 78.7 |
Siprus | 694 | 119,568 | 34,874 | 23.8 | 56.3 | 18.6 | 1.4 | 100 | 78.3 |
Meksiko | 73,380 | 35,872 | 9,718 | 53.5 | 40.6 | 5.7 | 0.3 | 100 | 78 |
Noorweë | 3,733 | 380,473 | 92,859 | 19.4 | 32.5 | 40.6 | 7.5 | 100 | 77.8 |
Oostenryk | 6,761 | 203,931 | 57,450 | 28.2 | 31.8 | 37 | 3 | 100 | 77.8 |
Libië | 4,291 | 28,397 | 6,563 | 58.1 | 35.7 | 6 | 0.1 | 100 | 77.7 |
Botswana | 1,181 | 10,348 | 2,649 | 81 | 17.6 | 1.4 | 0 | 100 | 77.2 |
Duitsland | 67,068 | 192,232 | 49,370 | 29 | 33.3 | 35.1 | 2.6 | 100 | 77.1 |
Haïti | 5,813 | 3,532 | 960 | 92.3 | 7.5 | 0.2 | 0 | 100 | 76.1 |
Angola | 9,273 | 14,708 | 3,934 | 69.1 | 28.8 | 2.1 | 0 | 100 | 75.6 |
Sentraal-Afrikaanse Republiek | 2,370 | 800 | 241 | 99.1 | 0.9 | 0 | 0 | 100 | 74.8 |
Bolivië | 5,800 | 4,604 | 1,368 | 89.3 | 10.4 | 0.3 | 0 | 100 | 74.4 |
Zambië | 6,151 | 1,817 | 548 | 96.8 | 3.2 | 0 | 0 | 100 | 74.1 |
Tsjeggië | 8,437 | 44,975 | 15,541 | 40 | 53.2 | 6.4 | 0.3 | 100 | 74 |
Singapoer | 3,955 | 281,764 | 90,466 | 20 | 34.2 | 41.4 | 4.4 | 100 | 73.9 |
Koeweit | 2,291 | 119,101 | 42,897 | 21.8 | 55.5 | 21.5 | 1.2 | 100 | 73.8 |
Pole | 30,255 | 26,056 | 9,109 | 55 | 41.5 | 3.3 | 0.1 | 100 | 73.7 |
Republiek van China | 18,359 | 151,752 | 53,336 | 22.5 | 45.1 | 30.8 | 1.7 | 100 | 73.6 |
Nederland | 12,914 | 185,588 | 83,631 | 23.3 | 30.9 | 43.6 | 2.2 | 100 | 73.2 |
Belize | 188 | 9,998 | 3,130 | 76.3 | 22.6 | 1.1 | 0 | 100 | 73.1 |
Suriname | 344 | 14,250 | 4,544 | 68.8 | 29.6 | 1.6 | 0 | 100 | 73 |
Nicaragua | 3,424 | 3,432 | 1,147 | 92.5 | 7.3 | 0.1 | 0 | 100 | 73 |
Roemenië | 16,692 | 14,044 | 5,137 | 69.3 | 29.2 | 1.4 | 0.1 | 100 | 73 |
Lesotho | 1,079 | 3,457 | 1,105 | 92.4 | 7.5 | 0.1 | 0 | 100 | 72.9 |
Paraguay | 3,910 | 10,934 | 3,726 | 73.2 | 25.6 | 1.3 | 0 | 100 | 72.8 |
Eswatini | 628 | 4,360 | 1,393 | 90 | 9.8 | 0.2 | 0 | 100 | 72.7 |
Panama | 2,322 | 22,292 | 7,509 | 57.3 | 38.5 | 4.2 | 0 | 100 | 72.7 |
Rwanda | 5,306 | 723 | 245 | 99.3 | 0.7 | 0 | 0 | 100 | 72.7 |
São Tomé en Príncipe | 86 | 2,721 | 959 | 94.3 | 5.7 | 0.1 | 0 | 100 | 72.7 |
Kanada | 27,173 | 251,034 | 90,252 | 30 | 21.5 | 44.9 | 3.7 | 100 | 72.7 |
Suid-Korea | 38,350 | 79,475 | 30,938 | 25.3 | 59.5 | 14.5 | 0.7 | 100 | 72.6 |
Papoea-Nieu-Guinee | 3,752 | 8,470 | 2,821 | 81.1 | 18 | 0.8 | 0 | 100 | 72.4 |
Kaap Verde | 295 | 16,313 | 5,478 | 65 | 32.5 | 2.5 | 0 | 100 | 72.3 |
Antigua en Barbuda | 63 | 19,011 | 6,281 | 58.8 | 38.3 | 3 | 0 | 100 | 72.2 |
Costa Rica | 3,246 | 28,124 | 9,532 | 54.1 | 40.2 | 5.7 | 0.1 | 100 | 72.2 |
Dominica | 50 | 24,086 | 8,349 | 55 | 40.3 | 4.7 | 0.1 | 100 | 72 |
St. Kitts en Nevis | 34 | 23,613 | 8,185 | 56.3 | 39.1 | 4.6 | 0.1 | 100 | 71.9 |
St. Vincent en die Grenadine | 71 | 10,196 | 3,492 | 73.8 | 25.1 | 1.1 | 0 | 100 | 71.9 |
Grenada | 67 | 14,473 | 5,017 | 67.5 | 30.7 | 1.7 | 0 | 100 | 71.9 |
Nieu-Seeland | 3,234 | 182,548 | 76,607 | 25.6 | 34.1 | 38.1 | 2.3 | 100 | 71.8 |
Ecuador | 8,723 | 12,350 | 4,403 | 69.8 | 28.8 | 1.4 | 0 | 100 | 71.4 |
El Salvador | 3,738 | 12,039 | 4,483 | 70 | 28.7 | 1.3 | 0 | 100 | 71 |
Ierland | 3,488 | 183,804 | 75,573 | 20.9 | 36.5 | 40.4 | 2.2 | 100 | 70.9 |
Kenia | 20,757 | 2,843 | 1,049 | 94.2 | 5.7 | 0.1 | 0 | 100 | 70.9 |
Oman | 1,872 | 48,415 | 18,152 | 40 | 47.8 | 12 | 0.2 | 100 | 70.8 |
Peru | 18,865 | 18,227 | 6,705 | 58.5 | 38.9 | 2.6 | 0 | 100 | 70.8 |
Gambië | 908 | 864 | 324 | 99.2 | 0.8 | 0 | 0 | 100 | 70.8 |
Kongo | 2,024 | 3,892 | 1,420 | 91.2 | 8.6 | 0.1 | 0 | 100 | 70.8 |
Verenigde Arabiese Emirate | 3,777 | 126,791 | 51,882 | 20 | 50.6 | 28.2 | 1.3 | 100 | 70.5 |
Katar | 1,278 | 153,294 | 58,237 | 25 | 38.3 | 35 | 1.7 | 100 | 70.5 |
Portugal | 8,614 | 89,074 | 38,846 | 25.8 | 54.8 | 18.7 | 0.8 | 100 | 70.1 |
Mosambiek | 11,441 | 811 | 313 | 99.3 | 0.7 | 0 | 0 | 100 | 70 |
Jamaika | 1,719 | 11,401 | 4,393 | 70 | 28.8 | 1.2 | 0 | 100 | 69.9 |
Uruguay | 2,400 | 47,002 | 17,998 | 39.6 | 48.3 | 11.9 | 0.2 | 100 | 69.8 |
Uganda | 15,107 | 750 | 294 | 99.4 | 0.6 | 0 | 0 | 100 | 69.6 |
Demokratiese Republiek die Kongo | 31,854 | 321 | 124 | 99.9 | 0.1 | 0 | 0 | 100 | 69.6 |
China | 998,254 | 22,230 | 8,023 | 58.4 | 39.1 | 2.4 | 0.1 | 100 | 69.5 |
Madagaskar | 10,359 | 448 | 177 | 99.8 | 0.2 | 0 | 0 | 100 | 69.4 |
Guyana | 474 | 3,801 | 1,506 | 91.6 | 8.3 | 0.1 | 0 | 100 | 69.2 |
Fidji | 523 | 6,473 | 2,630 | 85 | 14.6 | 0.4 | 0 | 100 | 69 |
Frankryk | 48,124 | 295,933 | 141,850 | 21.7 | 22.9 | 50.8 | 4.6 | 100 | 69 |
Barbados | 200 | 22,289 | 8,108 | 55 | 41.5 | 3.5 | 0 | 100 | 69 |
Eritrea | 2,781 | 2,125 | 875 | 96.3 | 3.7 | 0 | 0 | 100 | 68.9 |
Macedonië | 1,561 | 11,543 | 4,743 | 69.3 | 29.6 | 1.1 | 0 | 100 | 68.8 |
Sierra Leone | 2,897 | 681 | 273 | 99.6 | 0.4 | 0 | 0 | 100 | 68.8 |
Ghana | 13,501 | 1,811 | 743 | 97.7 | 2.3 | 0 | 0 | 100 | 68.6 |
St. Lucia | 119 | 13,087 | 5,296 | 66.3 | 32.5 | 1.2 | 0 | 100 | 68.5 |
Tunisië | 7,452 | 21,084 | 8,823 | 55 | 41.5 | 3.5 | 0 | 100 | 68.2 |
Gaboen | 869 | 21,860 | 9,240 | 55 | 41.3 | 3.7 | 0 | 100 | 68.2 |
Solomon-eilande | 298 | 9,868 | 4,261 | 73.8 | 25.3 | 1 | 0 | 100 | 68.1 |
Marokko | 21,355 | 11,398 | 4,750 | 70 | 28.9 | 1.1 | 0 | 100 | 68.1 |
Ivoorkus | 11,501 | 2,640 | 1,104 | 95 | 4.9 | 0.1 | 0 | 100 | 68.1 |
Sri Lanka | 14,326 | 5,033 | 2,101 | 87.9 | 11.9 | 0.2 | 0 | 100 | 68 |
Turkmenistan | 3,352 | 36,570 | 15,305 | 40 | 52.1 | 7.8 | 0.1 | 100 | 68 |
Georgia | 3,172 | 21,640 | 9,178 | 54.7 | 41.8 | 3.5 | 0 | 100 | 68 |
Togo | 3,693 | 2,450 | 1,049 | 95.6 | 4.3 | 0 | 0 | 100 | 67.9 |
Brittanje | 48,220 | 243,570 | 111,524 | 18 | 28.8 | 50 | 3.2 | 100 | 67.7 |
Mauritanië | 1,832 | 1,967 | 865 | 97 | 3 | 0 | 0 | 100 | 67.7 |
Burkina Faso | 7,721 | 1,273 | 543 | 98.7 | 1.3 | 0 | 0 | 100 | 67.7 |
Djiboeti | 508 | 3,465 | 1,488 | 92.8 | 7.2 | 0.1 | 0 | 100 | 67.5 |
Chad | 5,485 | 1,131 | 483 | 99 | 1 | 0 | 0 | 100 | 67.5 |
Trinidad en Tobago | 987 | 15,088 | 6,459 | 60 | 38.5 | 1.5 | 0 | 100 | 67.4 |
Malawi | 7,417 | 207 | 89 | 100 | 0 | 0 | 0 | 100 | 67.3 |
Guinee | 5,301 | 882 | 380 | 99.4 | 0.6 | 0 | 0 | 100 | 67.3 |
Ysland | 253 | 211,592 | 104,733 | 20 | 30 | 47.3 | 2.7 | 100 | 67.3 |
Tonga | 54 | 15,905 | 7,217 | 58.8 | 39.8 | 1.5 | 0 | 100 | 67.2 |
Senegal | 6,423 | 2,597 | 1,125 | 95.3 | 4.7 | 0 | 0 | 100 | 67.2 |
Kameroen | 10,459 | 2,603 | 1,115 | 95.2 | 4.8 | 0 | 0 | 100 | 67.2 |
Vanuatu | 138 | 6,068 | 2,753 | 85 | 14.7 | 0.3 | 0 | 100 | 67.1 |
Benin | 4,733 | 3,187 | 1,398 | 93.6 | 6.3 | 0.1 | 0 | 100 | 67.1 |
Samoa | 92 | 34,537 | 15,132 | 40 | 53 | 6.9 | 0.1 | 100 | 67 |
Kambodja | 9,151 | 2,644 | 1,155 | 95 | 4.9 | 0 | 0 | 100 | 67 |
Jemen | 12,192 | 4,951 | 2,193 | 88.3 | 11.6 | 0.2 | 0 | 100 | 66.8 |
Iran | 53,270 | 8,727 | 3,846 | 75 | 24.4 | 0.6 | 0 | 100 | 66.8 |
Liberië | 2,118 | 2,173 | 987 | 96.5 | 3.5 | 0 | 0 | 100 | 66.7 |
Tanzanië | 22,038 | 951 | 423 | 99.3 | 0.7 | 0 | 0 | 100 | 66.6 |
Laos | 3,618 | 5,393 | 2,411 | 86.7 | 13.1 | 0.2 | 0 | 100 | 66.5 |
Litaue | 2,537 | 23,411 | 10,635 | 47.5 | 48.5 | 3.9 | 0 | 100 | 66.5 |
Mianmar | 34,180 | 2,214 | 941 | 97 | 3 | 0 | 0 | 100 | 66.4 |
Finland | 4,195 | 171,821 | 95,095 | 29 | 22.3 | 47.2 | 1.6 | 100 | 66.4 |
Maldives | 210 | 5,556 | 2,480 | 85 | 14.8 | 0.2 | 0 | 100 | 66.3 |
Bahamas | 242 | 41,106 | 17,842 | 35 | 55.9 | 9 | 0.1 | 100 | 66.2 |
Spanje | 37,206 | 123,997 | 63,306 | 17.4 | 52.4 | 29 | 1.1 | 100 | 66.1 |
Mongolië | 1,855 | 14,214 | 6,433 | 61.1 | 37.6 | 1.3 | 0 | 100 | 66.1 |
Siriese Arabliese Republiek | 13,352 | 7,073 | 3,198 | 82.7 | 16.9 | 0.4 | 0 | 100 | 66 |
Letland | 1,787 | 24,285 | 11,338 | 45 | 50.9 | 4 | 0 | 100 | 66 |
Griekeland | 9,105 | 102,971 | 53,937 | 20.4 | 53.7 | 25.1 | 0.8 | 100 | 65.9 |
Jordanië | 3,858 | 14,364 | 6,589 | 60.3 | 38.3 | 1.4 | 0 | 100 | 65.9 |
Kirgiërse Republiek | 3,568 | 5,385 | 2,432 | 85.9 | 13.9 | 0.2 | 0 | 100 | 65.9 |
Viëtnam | 61,765 | 4,857 | 2,215 | 87.8 | 12 | 0.2 | 0 | 100 | 65.8 |
Wesbank en Gaza | 1,739 | 8,979 | 4,200 | 73.1 | 26.3 | 0.6 | 0 | 100 | 65.8 |
Ekwatoriaal Guinee | 365 | 19,525 | 9,130 | 55 | 42.6 | 2.4 | 0 | 100 | 65.8 |
Bosnië en Herzegowina | 2,985 | 11,173 | 5,139 | 68.2 | 30.9 | 0.9 | 0 | 100 | 65.8 |
Luxemburg | 390 | 315,240 | 182,768 | 15 | 22.5 | 57 | 5.5 | 100 | 65.7 |
Estland | 1,055 | 33,701 | 15,724 | 40 | 53.3 | 6.6 | 0.1 | 100 | 65.7 |
Guinee-Bissau | 836 | 424 | 199 | 99.9 | 0.1 | 0 | 0 | 100 | 65.7 |
Albanië | 2,237 | 9,450 | 4,451 | 72.7 | 26.6 | 0.7 | 0 | 100 | 65.6 |
Niger | 7,014 | 937 | 434 | 99.3 | 0.7 | 0 | 0 | 100 | 65.5 |
Algerië | 23,982 | 10,100 | 4,673 | 70 | 29.2 | 0.7 | 0 | 100 | 65.5 |
Soedan | 23,811 | 1,291 | 595 | 98.9 | 1.1 | 0 | 0 | 100 | 65.4 |
Burundi | 4,729 | 293 | 137 | 99.9 | 0.1 | 0 | 0 | 100 | 65.2 |
Azerbeidjan | 6,276 | 16,344 | 7,721 | 57.1 | 41.4 | 1.5 | 0 | 100 | 65.1 |
Kroasië | 3,498 | 26,551 | 12,639 | 41.2 | 54.1 | 4.7 | 0 | 100 | 65.1 |
Italië | 49,117 | 241,383 | 138,653 | 20 | 20.5 | 56.5 | 3 | 100 | 65 |
Mali | 6,464 | 955 | 455 | 99.4 | 0.6 | 0 | 0 | 100 | 64.7 |
Moldovië | 2,692 | 3,854 | 1,874 | 91.8 | 8.1 | 0.1 | 0 | 100 | 64.7 |
Nepal | 17,273 | 1,998 | 951 | 97.7 | 2.3 | 0 | 0 | 100 | 64.7 |
Bangladesj | 104,135 | 1,894 | 908 | 97.9 | 2.1 | 0 | 0 | 100 | 64.6 |
Mauritius | 935 | 37,308 | 19,247 | 40 | 52.5 | 7.4 | 0.1 | 100 | 64.5 |
Hongarye | 7,915 | 28,379 | 14,068 | 40 | 55 | 4.9 | 0 | 100 | 64 |
Armenië | 2,263 | 5,613 | 2,793 | 85.5 | 14.3 | 0.2 | 0 | 100 | 63.9 |
Tadjikistan | 4,022 | 3,168 | 1,581 | 94.3 | 5.7 | 0.1 | 0 | 100 | 63.8 |
Pakistan | 106,365 | 4,248 | 2,106 | 90.8 | 9 | 0.1 | 0 | 100 | 63.8 |
Ethiopië | 42,750 | 411 | 207 | 99.9 | 0.1 | 0 | 0 | 100 | 63.6 |
Australië | 16,617 | 402,578 | 219,505 | 6.9 | 23.7 | 62.6 | 6.8 | 100 | 63.6 |
Japan | 104,315 | 216,694 | 110,294 | 9.2 | 37.7 | 50.6 | 2.5 | 100 | 63.5 |
Montenegro | 467 | 21,340 | 10,929 | 45 | 52.6 | 2.4 | 0 | 100 | 63.4 |
België | 8,387 | 255,573 | 148,141 | 17.4 | 22.1 | 57.3 | 3.2 | 100 | 62.6 |
Serbië | 7,527 | 15,175 | 7,978 | 56.8 | 42 | 1.3 | 0 | 100 | 62.5 |
Bulgarye | 5,991 | 16,818 | 8,825 | 55.2 | 43.4 | 1.4 | 0 | 100 | 62.5 |
Belarus | 7,543 | 2,407 | 1,271 | 96.8 | 3.1 | 0 | 0 | 100 | 62.2 |
Malta | 330 | 71,448 | 42,898 | 18.8 | 65 | 15.9 | 0.3 | 100 | 59.5 |
Bahrein | 571 | 44,822 | 26,675 | 28.7 | 60 | 11.2 | 0 | 100 | 58.5 |
Broenei Darussalam | 286 | 51,373 | 31,527 | 26.2 | 58.7 | 15 | 0 | 100 | 58.5 |
Slowenië | 1,655 | 64,067 | 44,932 | 19.4 | 60.6 | 19.9 | 0.1 | 100 | 53.5 |
Slowakye | 4,303 | 27,224 | 20,740 | 19.8 | 77.8 | 2.4 | 0 | 100 | 44.7 |
Verwysings
wysig- ↑ James B. Davies; Susanna Sandström; Anthony F. Shorrocks; Edward N. Wolff. "Estimating the World Distribution of Household Wealth" (PDF). Institution/Country: University of Western Ontario, Canada; WIDER-UNU. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Desember 2020. Besoek op 10 September 2016.
- ↑ Sponsored by (30 Junie 2012). "Free exchange: The real wealth of nations" (in Engels). The Economist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 14 Julie 2012.
- ↑ "Inclusive Wealth Report – IHDP". Ihdp.unu.edu. 9 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2012. Besoek op 14 Julie 2012.
- ↑ "Distribution of Wealth and Income". Boundless.com. 26 Mei 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2016. Besoek op 10 September 2016.
- ↑ "Global Wealth Report 2013". credit-suisse.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2015. Besoek op 7 Mei 2017.
- ↑ Livy, Rome and Italy: Books VI-X of the History of Rome from its Foundation, Penguin Classics, ISBN 0-14-044388-6
- ↑ "… A perceived sense of inequity is a common ingredient of rebellion in societies …", Amartya Sen, 1973
- ↑ "The Spirit Level" by Richard Wilkinson and Kate Pickett;Bloomsbury Press 2009
- ↑ Francis Bacon, Of Seditions and Troubles
- ↑ Karl Marx and Frederick Engels, The Communist Manifesto, Filiquarian, 2007, ISBN 978-1-59986-995-7
- ↑ Archie Brown, The Rise and Fall of Communism, Ecco, 2009, ISBN 978-0-06-113879-9
- ↑ Jeffrey D. Sachs, The End of Poverty, Penguin, 2006, ISBN 978-0-14-303658-6
- ↑ "Outlook on the Global Agenda 2014 – Reports". Reports.weforum.org (in Engels). World Economic Forum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2019. Besoek op 10 September 2016.
- ↑ "178 Oxfam Briefing Paoer" (PDF). Oxfam.org. 20 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 Oktober 2019. Besoek op 10 September 2016.
- ↑ The World Distribution of Household Wealth.
- ↑ Kromkowski, "Who owns Baltimore", CSE/HGFA, 2007.
- ↑ Source Credit Suisse, Research Institute – Global Wealth Databook 2013 Geargiveer 19 Oktober 2017 op Wayback Machine
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Verspreiding van rykdom.