Wikipedia:Onsuksesvolle voorbladnominasies/2020

Argief Hierdie bladsy dien as 'n argief van ou besprekings. Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie. Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die huidige besprekingsblad.


Novalis

Sperdatum:
15 Februarie 2020

Ek dink die artikel is goed genoeg vir 'n voorbladartikel. Voyageur is die outeur daarvan. Ek verneem graag:) Charlielv55 17:20, 11 Desember 2019 (UTC)

  •   Gekant – Hopeloos te kort. Groete! Oesjaar 17:55, 11 Desember 2019 (UTC)
  •   Ondersteun – ons benodig artikels op die voorblad wat van akademiese en/of filosofiese aard is. Dankie. Gebruiker:Charlielv55
  •   Kommentaar – Ek sou sê dit is 'n baie goeie artikel, maak kort 'n bietjie uitbreiding voordat dit 'n voorbladartikel kan wees. – Rooiratel 08:48, 12 Desember 2019 (UTC)
  •   Kommentaar@Charlielv55: Voel vry en skryf die een of ander. Ons sal help waar ons kan. Elke voorbladartikel is 'n aanwins vir beide Afrikaans en ons projek. Groete. --   SpesBona 22:00, 12 Desember 2019 (UTC)
  • Baie dankie SpesBona – ek doen vandag juis gou 'n artikel oor Benno Barnard. Groete! Charlielv55 07:01, 13 Desember 2019 (UTC)
  •   Neutraal – nog nie op standaard nie en ook te kort – Aliwal2012 08:54, 17 Desember 2019 (UTC)
  •   OndersteunK175 (skil 'n appeltjie) 16:30, 6 Februarie 2020 (UTC)

Middellandse See

Sperdatum:
14 Maart 2020
  •   OndersteunAliwal2012 (kontak) 11:31, 17 Februarie 2020 (UTC)
  •   Gekant – Hopeloos te kort. 'n Voorblad artikel behoort myns insiens 30k grepe groot te wees. Groete! Oesjaar (kontak) 11:39, 17 Februarie 2020 (UTC)

Faroëes

Sperdatum:
29 Februarie 2020
  •   Ondersteun – Mooi artikel oor 'n interessante taal. Groete. --   SpesBona 22:00, 12 Desember 2019 (UTC)
  •   OndersteunGebruiker:Charlielv55
  •   Gekant – Jy sal jou wat verbeel. Dit staan al hoe lank op my werksbank, ek het al daarvan vergeet. Moet nou nie onnodig druk op my probeer uitoefen nie, dit gaan nie werk nie. Suidpunt 08:42, 13 Desember 2019 (UTC)
Weens tyd wat ek aan ander goed moes afstaan – vra ek asseblief nog uitstel tot einde Januarie 2020. Maak dit dan my Februarie-projek. Ek was genoodsaak om my biblioteekboeke weer te hernieu. Suidpunt 10:14, 23 Desember 2019 (UTC)
  •   OndersteunAliwal2012 08:54, 17 Desember 2019 (UTC)
  •   Vraag @Suidpunt: gaan jy die artikel kan afhandel soos belowe, of moet ek dit na onsuksesvolle kandidate skuif? --Aliwal2012 (kontak) 17:16, 24 Februarie 2020 (UTC)
Skuif maar. Ek dink in elk geval nie dit kan, selfs in sy voltooide staat, 'n voorbladartikel wees nie. Dit is al voorheen genomineer, maar die Duitse Wiki het hom afgekeur. Dit was boonop daardie tyd al die grootte wat dit min of meer nou is. En dit was in 2010; Arne List het sy hart en siel in daardie blad gestort vanaf 2004 tot 2007.Suidpunt (kontak) 17:28, 24 Februarie 2020 (UTC)

Afrikaanse Hoër Seunskool

  •   Ondersteun – Pragtige artikel deur Frank Naude in samewerking met Morne. – Charlielv55 (kontak) 12:25, 24 Februarie 2020 (UTC)
  •   Gekant – Hopeloos te kort. 'n Voorbladartikel behoort minstens 30k grepe groot te wees (tans maar 6k).
Vir 'n skool wat reeds 100 jaar oud is, kort daar nog baie inligting onder sy "geskiedenis"! Groete! --Aliwal2012 13:40, 24 Februarie 2020 (UTC)
  Kommentaar Ja swaer, dit is is seker so nè? Wil jy my sê daar's geen manne van Affies wat met die nodige kennis en kundigheid die artikel kan uitbrei nie .... wat graag wil skryf oor hul oudskool as oud-onnies of -skoliere wat graag die onderwerp wil uitbrei nie? En dit met die web wat so massief groot is en ongekende vryhede bied en die Afrikaanse Wikipedia se teenwoordigheid daarop en prestige wat al hoe groter word? .... dis moeilik om te glo dat daar nie ten minste een persoon is wat so iets sal wil doen nie. Dis dan so 'n groot en trotste Afrikaanse skool. Dieselfde kan gesê word van 'n skool soos Helpmekaar - is daar dan niemand (oudskoliere of -onnies) wat graag iets sal wil skryf of die artikel uitbrei oor ons oudste en eerste Afrikaanse privaatskool nie? Waar's die begeestering en passie, of raak oudskoliere en - onnies nie meer begeester en nostalgies oor hulle alma maters nie? Charlielv55 (kontak) 14:40, 24 Februarie 2020 (UTC)

Orania

Sperdatum:
23 Maart 2020

*   Ondersteun – Interessante onderwerp, uitgebrei deur I90Christian. Groete. --   SpesBona 20:30, 23 Februarie 2020 (UTC)

  •   OndersteunCharlielv55 (kontak) 12:05, 24 Februarie 2020 (UTC)
  •   Gekant – Ek het grootgeword tussen mense met daardie mentaliteit. Nie vir my nie. ~ Burgert (kontak) 18:21, 27 Februarie 2020 (UTC)
  •   Kommentaar – Nou wonder ek: Moet ons só iets hoegenaamd ondersteun? Groete. --   SpesBona 20:34, 1 Maart 2020 (UTC)
  •   Ondersteun – Hoekom mag 'n goeie artikel nie 'n voorblad status kry net omdat mense nie die onderwerp ondersteun nie? As dit die geval is mag Nazi-Duitsland, Kommunisme, Apartheid, Moord ens. ook nooit voorblad status kry nie. – Rooiratel (kontak) 04:58, 4 Maart 2020 (UTC)
    •   Kommentaar Seks moet dan ook sy voorbladstatus kwyt word, aangesien daar genoegsame redes was wat niks met die gehalte van die artikel te doen gehad het nie om dit uit te sluit. – K175 (skil 'n appeltjie) 07:53, 5 Maart 2020 (UTC)
  •   Gekant – Ek moes so 10 nagte daar slaap tydens 'n projek. Nee wat, die mense lewe in 'n waas. Ons het baie beter dinge om op die voorblad te plaas. Groete! Oesjaar (kontak) 05:42, 4 Maart 2020 (UTC)
  •   Gekant – Nee-wat, ek het al Apartheid en Namibiese volksmoord 1904–1908 op ons voorblad gebring, dit hou nie steek nie. Ek was vandag in Amsterdam en weet nou wat geskik is vir ons voorblad. Die ouens wat Kaapstad gestig en 'n lekker taal na Suid-Afrika gebring het! 21:20, 4 Maart 2020 (UTC)– Hierdie ongetekende kommentaar is deur SpesBona (BesprekingBydraes) gelewer.
  •   Ondersteun − Die vraag is watter entiteit uiteindelik as politieke utopie sal kwalifiseer – 'n reënboognasie waarin mense in die onderwyssektor openlik #Afrikaans must fall skreeu, wat sy burgers nie teen misdaad kan beskerm nie en ekonomies nie baie vordering toon nie, of Orania. Voyageur (kontak) 22:15, 4 Maart 2020 (UTC)
  •   Ondersteun - Ek is geheel en al gekant teen ad hominem-aanvalle, maar aangesien almal nou so lekker gesellig saamspeel in die moddergooi-sandput:
 

"die Thembelihle-tak van die Economic Freedom Fighters 'n veldtog teen Orania se bestaan geloods insluitend die belofte om die outonome status van Orania te beëindig as die EFF verkiesings in die munisipaliteit sou wen.[122] Na 'n besoek aan Orania het die destydse Thembelihle-burgemeester en tewens EFF-kandidaat Danny Jonas gesê hy wou die status quo behou, terwyl hy met Orania wou saamwerk tot voordeel van Thembelihle"

 
Ek weet ek het in 'n PRAAG-artikel erken die Engelse en Duitse Wikipedia is eenduidig Kommuniste wat geen plek gun vir ander sienswyses nie. Ek het selfs so ver gegaan om te sê die Afrikaanse Wikipedia is die ideale universiteit van ouds waar almal se standpunte tel.
Maar my donder, oor die Afrikaanse Wikipedia was ek klaarblyklik verkeerd! Magtig mense, as ons so gekant is teen Orania, érger as die onbeskofste Leniniste, waarom verhuis ons nie sommer vandag nog sak en pak na Noord-Korea toe nie? Dink net aan al die geleenthede! Ons is buitendien so gewoond aan beurtkrag, dat die afgeskakelde straatligte saans ons regtig nie eens sal pla nie. In die vervolg kan ons sommer enige artikel oor Israel ook maar boikot.
Vir my is Orania slegs 'n projek, 'n eksperiment. Ek het baie gelees oor Project Findhorn, en as ek dieselfde artikel hier tot voorbladartikel sou uitbou sou niemand sovéél aanstoot geneem het nie.
Ek gaan eerlikwaar sê die artikel is stukke beter as Bredasdorp geskryf – strý? Daar gaan meer op daardie dorpie aan as hier waar in elke week se koerant geskryf word oor wegloperhonde. Ek sal selfs sover gaan om daardie sterretjie terug te stuur. Daardie jong Hollander kán skryf. Hy beantwoord die meeste vrae wat ek wil weet. Met bronne!
Ek wonder wel of hulle, net soos by Bredasdorp se een winkelsentrum, ook sonpanele het by 'n parkeerplek? Miskien het ek dit in die artikel misgekyk. As ek dink hoe bewolk dit hier onder raak, sal dit net meer sinmaak daarbo.
Ek het ook gewonder watter skoolvakke buiten Engels hulle aanbied, maar met 'n vinnige google-soektog is my vraag beantwoord: " https://oraniacvo.co.za/vakkeuses/ ". Lyk maar baie dieselfde as op Bredasdorp.
Dit is jammer dat hulle nie Duits, Frans en Latyn aanbied nie (veral met die buitelandse gaste van Tiro(o)l en van oraloor, meen ek maar, kon dit juis as trekpleister dien), maar gegewe dat die bevolking oor 'n skamele 1 000 strek, kan mens regtig nie veel verwag nie. In my Overbergse distrik is daar wel meer as 33 000 inwoners en hulle bied minder nuttige vakke aan as voor 1989. Nie eens Snobskool Waterkloof, gesetel in die hart van Pretoria, en mammas met Gucci-handsakke, kon genoeg stemme van ouers en kinders werf om Duits weer aan te bied naas Frans nie.
Wel interessant is dat die volkskool Bybelonderrig en Christelike Lewensoriëntering verpligtend maak. Dit kan miskien uitgelig word. (Dit verskil geensins van privaat-Joodse of Moslemskole in die Kaap nie; ook nie van Katolieke skole in Holland nie).
Vae stellings is wel by die artikel ingepeper soos "Die [behuisings]projekte word uitgevoer met behulp van eksterne befondsing". Mag ek vra wie? Dit is my enigste beswaar.
Ek het pas na die Franse Wikipedia-artikel gekyk. Miskien kan die geldeenheid onder 'n afsonderlike hofie behandel word. Die prente van die geldeenheid sou baie gaaf wees as dit net so oorgeplaas word.
Dan moet ek ook vra of die strate werklik vernoem is na die Eindtyd, soos dit daar staan:
 

Dans sa partie résidentielle, Orania comprend des rues dont les noms évoquent des pierres précieuses4 qui ornent les fondations de la nouvelle Jérusalem dans l’Apocalypse de saint Jean (21, 19-21) : jaspis (jaspe en afrikaans), saffier (saphir), agaat (agate ; calcédoine), smarag (émeraude), sardoniks (sardoine), beril (béryl), topaas (topaze), ametis (améthyste), oniks (onyx), robyn (corindon), pêrels (perles), diamant (diamant).

 
Die artikel wek die indruk dat Orania die Nuwe Jerusalem is wat neergedaal het. Suidpunt (kontak) 05:04, 5 Maart 2020 (UTC)
  •   OndersteunK175 (skil 'n appeltjie) 06:45, 5 Maart 2020 (UTC)
  •   Ondersteun Op die Nederlandse Wikipedia is dieselfde artikel reeds 'n voorblad-artikel. En dié Wikipedia het slegs 366 voorblad-artikels wat steeds elke jaar terug kom. I90Christian (kontak) 13:44, 15 Maart 2020 (UTC)
    •   Kommentaar Wikipedia gaan my insiens nie oor die ondersteun van 'n onderwerp of nie. Dit gaan oor die (vrye) verskaffing van op feite gebaseerde inligting, ook as die onderwerp omstrede is. As daar een les is wat ek op Wikipedia geleer het, is dit dat alle onderwerpe vir iemand omstrede kan wees, afhanklik van sy/haar perspektief. Vir sommige mense is die enkele feit dat ons hier in Afrikaans skryf al baie omstrede. I90Christian (kontak) 13:44, 15 Maart 2020 (UTC)
  •   OndersteunAliwal2012 (kontak) 21:09, 16 Maart 2020 (UTC)

Musiekteater

Sperdatum:
24 Julie 2020
  •   OndersteunRooiratel (kontak) 14:05, 24 Junie 2020 (UTC)
  •   Neutraal – Interessante artikel, maar dit kort deeglike taalversorging. ~ Burgert (kontak) 15:52, 24 Junie 2020 (UTC)
  •   Gekant – Aggenee, 'n masjienvertaling deur Elana Barker – hope taal-, spel- en uitlegfoute! Ek het nou 3 ure daarmee spandeer (taalversorging en formatering), beoordeel maar self! Groete, --Aliwal2012 20:21, 24 Junie 2020 (UTC)
  •   Kommentaar – Jammer julle. Ek het nie die hele ding gelees nie. En die dele wat ek wel gelees het, het goed gelyk. – Rooiratel (kontak) 08:21, 25 Junie 2020 (UTC)
  •   Gekant gee terug vir outeur om seker te maak van vertalings ens. Oesjaar (kontak) 09:14, 17 Julie 2020 (UTC)

Heks van Hexrivier

Sperdatum:
6 Augustus 2020

Ek nomineer hierdie artikel as kandidaat, nie omdat ek soseer hom op die voorblad wil sien nie, maar omdat ek wil hê ons moet eens en vir altyd die saak uitklaar rakende "eie" artikels rondom eie aanverwante (kultuur)sake.

Ek luister graag na julle voorstelle.Suidpunt (kontak) 09:21, 5 Julie 2020 (UTC)

  Kommentaar ...groot deel geskuif vir plekbesparing hier...lees asb. res van relaas by Bespreking:Heks van Hexrivier#Nomineer artikel as voorbladkandidaat...Aliwal2012 om 14:38, 17 Julie 2020.
  •   Ondersteun - Kan só in 'n vaktydskrif gepubliseer word. Eie werk, geen vertaling nie. Ek sien ook geen kopieregskending hier nie - outeurs word aangehaal met bronvermeldings en kry sodoende erkenning vir hul werk. Suidpunt verkoop dit nie as sy eie prestasie nie. As ons aanspraak maak op die titel "Afrikaanse wêreldklas-ensiklopediese" (en met reg Afrikaansmedium-onderwysinstellings opeis) moet ons ook in staat wees om die kennis van lesers deur eie bydraes en oorspronklike artikels uit te brei. Orals is daar Afrikaanssprekendes wat iets sou kon bydra oor hul nedersettings, gemeenskappe, hul landskappe (as dit gepubliseer is; anders is ons dankbaar vir foto's). Niks gebeur nie. Liewer word buitelandse onsin in ons medium oorgedra. Hierdie is 'n aansporing vir ander. Voyageur (kontak) 18:24, 17 Julie 2020 (UTC)

Bewussyn

Sperdatum:
6 Augustus 2020
  •   OndersteunRooiratel (kontak) 11:26, 6 Julie 2020 (UTC)
  •   Neutraal – Ek is vinnig deur die artikel en dit lyk baie interessant, maar 'n goeie skoot redigering is nodig. ~ Burgert (kontak) 12:14, 6 Julie 2020 (UTC)
  •   Ondersteun – goeie onderwerp vir 'n skooltaak. Groete,   Aliwal2012 13:47, 27 Julie 2020 (UTC)
  •   OndersteunSobaka (kontak) 13:55, 27 Julie 2020 (UTC)
  •   Neutraal – sukkel maar met die soft science Groete! Oesjaar (kontak) 06:00, 14 Augustus 2020 (UTC)
...te min ondersteuning gekry, jammer! --  Aliwal2012 20:30, 28 Augustus 2020 (UTC)