24 Julie
datum
(Aangestuur vanaf 07-24)
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
24 Julie is die 205de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (206de in skrikkeljare). Daar volg nog 160 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1534 – Jacques Cartier sit voet aan wal die skiereiland, Gaspésie, by Quebec.
- 1567 – Die Koningin van Skotland, Maria Stuart, abdikeer en vlug na Engeland.
- 1694 – Pous Innocentius XII verklaar Humiliana de' Cerchi salig.
- 1911 – Hiram Bingham herontdek Machu Picchu, die Verlore Stad van die Inka's, in die Peruviaanse Andes.
- 1929 – Die Briand-Kellogg-Ooreenkoms waarvolgens meer as 60 state oorlog as politieke instrument verwerp, tree in werking.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Britse Royal Air Force en die Verenigde State se Army Air Forces begin met Operasie Gomorrha: 'n reeks bomaanvalle op Hamburg.
- 1974 – Tydens die Watergate-skandaal word VSA-President Richard Nixon deur die hof verplig om opnames van gesprekke in die Withuis te oorhandig.
- 2001 – Simeon Saxe-Coburg-Gotha, as kind die laaste Tsaar van Bulgarye, word ingesweer as Eerste Minister van Bulgarye, en word sodoende die enigste monarg in die geskiedenis om politieke mag te herwin deur 'n demokratiese verkiesing.
Geboortes
wysig- 1783 – Simón Bolívar, Venezolaanse vryheidsvegter en politieke leier († 1830).
- 1802 – Alexandre Dumas, Franse skrywer († 1870).
- 1880 – Ernest Bloch, Amerikaanse komponis van Switserse afkoms († 1959).
- 1862 – Percy Fitzpatrick, Suid-Afrikaanse politikus en skrywer († 1931).
- 1863 – Johan Andreas dèr Mouw, Nederlandse digter († 1919).
- 1897 – Amelia Earhart, lugvaartpionier van die Verenigde State († 1937).
- 1956 – David Miedzianik, Engelse digter.
- 1968 – Jennifer Lopez, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1981 – Nayib Bukele, Salvadoraanse politikus en sakeman wat as die 43ste president van El Salvador gedien het.
- 1997 – Natasha Joubert, Suid-Afrikaanse sangeres en skoonheidskoningin.
- 1998 – Bindi Irwin, Australies-Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
wysig- 1663 – Thomas Baltzar, Duitse komponis (* 1630).
- 1862 – Martin Van Buren, 8ste President van die Verenigde State (* 1782).
- 1936 – Sir Arnold Theiler, Suid-Afrikaanse bakterioloog (* 1867).
- 1950 – John Weston, Suid-Afrikaanse lugvaartingenieur, pioniervlieënier, boer en soldaat (* 1873).
- 1980 – Peter Sellers, Britse akteur (* 1925).
- 1984 – Schalk van der Merwe, Suid-Afrikaanse chirurg en politikus (* 1922).
- 1997 – Brian Glover, Britse akteur, skrywer en stoeier. (* 1934).
- 2013 – Pius Langa, oud-hoofregter van Suid-Afrika (* 1939).
- 2020 – Regis Philbin, Amerikaanse akteur (* 1931).
- 2020 – Désirée Talbot, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1926).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Pioneer Day in die Amerikaanse deelstaat Utah.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 24 July. |