Petronell Vorster
|
Regstellings
wysigDankie vir u bydraes. Kyk asb na die wysiging wat ander gebruikers aan u artikels aanbring en probeer dit in die toekoms self so toepas. Groete. Frank (kontak) 15:10, 14 September 2016 (UTC)
- Ek maak so, baie dankie.
Naam van werke
wysigHallo, Petronell, let asb. daarop dat die naam van boeke, ens. lig kursief op Wikipedia is. Gebruik dus asb. Afrika is blou soos ʼn lemoen, nie “Afrika is blou soos ʼn lemoen” nie. Laasgenoemde lyk verskriklik, veral as daar baie name is. Winston (kontak) 08:04, 23 September 2016 (UTC)
- Hi Winston,
- Baie dankie vir die terugvoer, ek sal dit voortaan so oplaai.
- Ek kan dit gaan regmaak in die artikels wat ek reeds gepubliseer het ook?
- Ek is nuut op Wikepedia en probeer my bes om die stylreëls te volg en aan te leer (ek sukkel nog om die sjabloon-funksie te verstaan ook.)
- Enige raad en hulp sal waardeer word.
- Groete, Petronell
- Dis alles reg, ons het maar almal in die begin gesukkel. :) Winston (kontak) 09:13, 23 September 2016 (UTC)
Nuwe artikel
wysigPetronell, indien jy nuwe artkels skryf maak asb eers seker dat hulle nie in 'n ander naamvorm bestaan nie bv. H.A. Aschenborn bestaan reeds as Hans Anton Aschenborn. Groete! Oesjaar (kontak) 19:58, 28 September 2016 (UTC)
Teksduplikasie
wysigHallo Petronell, loer net in by Dricky Beukes. Daar is heelwat sinne wat gedupliseer is (haar grootword, haar huwelik, ens.).
Groete en lekker werk!--Aliwal2012 (kontak) 10:28, 6 Oktober 2016 (UTC)
Reggemaak, dankie vir die uitwysing:)
- Hallo daar Petronell! Ek sien jy geniet jouself hier op ons Wiki! Kan jy net help met een sakie: jy het die artikel H.A. Aschenborn geskep maar hy bestaan reeds as Hans Anton Aschenborn. My raad is die bestaande artikel net by te werk en dan jou poging te laat skrap. Groete! Oesjaar (kontak) 13:17, 6 Oktober 2016 (UTC)
- Ek maak so Oesjaar, jammer daaroor. Hoe skrap ek 'n artikel?
- Net Admins kan. As jy eers dalk net die ou artikel op datum wil bring alverens ek joue skrap, laat weet net. Groete! 196.23.147.109 05:48, 11 Oktober 2016 (UTC)
Jy kan maar die artikel skrap, ek het 'n kopie van dit as word-dokument. Sal dit vandag by die bestaande artikel bywerk.
Share your experience and feedback as a Wikimedian in this global survey
wysigHello! The Wikimedia Foundation is asking for your feedback in a survey. We want to know how well we are supporting your work on and off wiki, and how we can change or improve things in the future.[survey 1] The opinions you share will directly affect the current and future work of the Wikimedia Foundation. You have been randomly selected to take this survey as we would like to hear from your Wikimedia community. To say thank you for your time, we are giving away 20 Wikimedia T-shirts to randomly selected people who take the survey.[survey 2] The survey is available in various languages and will take between 20 and 40 minutes.
You can find more information about this project. This survey is hosted by a third-party service and governed by this privacy statement. Please visit our frequently asked questions page to find more information about this survey. If you need additional help, or if you wish to opt-out of future communications about this survey, send an email to surveys@wikimedia.org.
Thank you! --EGalvez (WMF) (talk) 20:51, 13 Januarie 2017 (UTC)
- ↑ This survey is primarily meant to get feedback on the Wikimedia Foundation's current work, not long-term strategy.
- ↑ Legal stuff: No purchase necessary. Must be the age of majority to participate. Sponsored by the Wikimedia Foundation located at 149 New Montgomery, San Francisco, CA, USA, 94105. Ends January 31, 2017. Void where prohibited. Click here for contest rules.
Your feedback matters: Final reminder to take the global Wikimedia survey
wysig(‘’Sorry to write in English’’)
Hello! This is a final reminder that the Wikimedia Foundation survey will close on 28 February, 2017 (23:59 UTC). The survey is available in various languages and will take between 20 and 40 minutes. Take the survey now.
If you already took the survey - thank you! We won't bother you again.
About this survey: You can find more information about this project here or you can read the frequently asked questions. This survey is hosted by a third-party service and governed by this privacy statement. If you need additional help, or if you wish to opt-out of future communications about this survey, send an email through EmailUser function to User:EGalvez (WMF). About the Wikimedia Foundation: The Wikimedia Foundation supports you by working on the software and technology to keep the sites fast, secure, and accessible, as well as supports Wikimedia programs and initiatives to expand access and support free knowledge globally. Thank you! --EGalvez (WMF) (talk) 07:30, 23 Februarie 2017 (UTC)
Welkom
wysigHi Petronell, ek wil ook net sê welkom by Wikipedia, al is ek 'n bietjie laat. Adriaan Joubert (kontak) 08:33, 22 Mei 2017 (UTC)
Kopiereg, ens.
wysigHallo Petronell. Dankie vir die werk hier. Ek wil gou hoor of jy jou dophoulys gebruik. 'n Skakel is gewoonlik iets soos regs bo (derde van die regterkant hier by my). Dit wys veranderinge aan artikels waaraan mens vroeër gewerk het. Mens kan ook kies watter bladsye op die lys moet wees of nie. Deur die terugvoer en redigeerwerk op mens se bydraes dop te hou, kry mens nogal 'n goeie indruk van wat ander medewerkers hier voel kan verbeter. Ek wou juis hoor of jy bewus is van al die foto's wat jy by artikels gevoeg het wat weer uitgevee is weens gebrek aan kopiereginligting. Hier is 'n paar voorbeelde: [1] [2] [3] [4] [5] [6] Soos ek glo jy kan verstaan, is sake van kopiereg baie belangrik vir ons om reg te kry, en ons kan slegs teks, grafika, ens. bydra as ons regte daartoe het. Vertalings uit die Engelse Wikipedia is natuurlik piekfyn omdat Wikipedia se lisensie dit juis toelaat. Dit is ook belangrik omdat alles hier weer vrygestel word onder 'n lisensie wat lesers allerhande dinge toelaat, en ons dit net kan doen as ons daardie regte in die eerste plek het.
Ek het nou geloer na hierdie een: [7]. Die prent is nog daar, en die lêer se beskrywingsblad sê twee teenstrydige dinge: dat jy die kopiereghouer is, en dat jy dit by Nasionale Boekhandel se webwerf gekry het wat alle regte voorbehou. Altwee kan nie waar wees nie, dus moet ons hierdie tipe dinge uitklaar.
Vra gerus in die geselshoekie vir hulp as enigiets nie duidelik is nie. Groete, Alias (kontak) 17:34, 15 Junie 2017 (UTC)
- Hi Alias , ek is bewus van die kopiereg probleme op sommige van die foto's. Die meeste van die Afrikaanse skrywers se fotos kom van NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) af terwyl ander in boeke verskyn. Ek het nie self die navorsing hiervoor gedoen nie, maar ontvang die inligting van Maroela Media af. Hoe verseker ek dat die foto's nie geskrap word nie? Ek was onder die indruk dat indien 'n mens die korrekte outeur en bron op die foto se leêr verander dit aanvaar is? (Dit is wat Maroela se webmeester my geleer het). Baie van die foto's is ook ouer as 50 jaar wat dit in die publieke domein plaas en daar dus nie meer kopiereg op is nie. Ek wil graag die probleem oplos. Maar hoe gemaak?
- Ek is nie 'n prokureur nie, maar die saak het te doen met die spesifieke lisensiëring van Wikipedia. Hier gaan dit nie bloot om billike gebruik nie (sien gerus die enkele uitsonderings op daardie bladsy), maar die reg om die materiaal te herpubliseer onder die lisensies wat hier by Wikipedia gebruik word. Die kopiereg gaan nie net oor 50 jaar oud nie - die reëls is meer ingewikkeld. As die kopiereg wel verstryk het, dan verstaan ek dat dit in die openbare domein is. Dui dit asb. dan so aan eerder as om jouself as kopiereghouer aan te dui. Ek het lanklaas self gekyk na hierdie dinge (of die spesifieke lêers wat jy opgelaai het), maar ek wil jou graag die moeite spaar om dinge op te laai wat noodwendig later weer uitgevee gaan word. Ons moet eenvoudig sorgvuldig na hierdie dinge kyk hier by Wikipedia, juis omdat dit oor herpublikasie gaan en nie blote gebruik nie. Groete, Alias (kontak) 13:57, 9 November 2018 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Elsa Joubert, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Baie dankie vir die belangrike artikel en al jou werk hier. Heel gepas op ons voorblad op haar eerste sterfdatum. Groete. -- SpesBona 18:15, 13 Junie 2021 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Hennie Aucamp, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Baie dankie vir nog 'n uitstekende voorbladster! Groete. -- SpesBona 15:50, 27 Junie 2021 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Ingrid Jonker, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Baie dankie vir die mooi artikel oor die welbekende digteres en skryfster. Groete. -- SpesBona 19:34, 25 Julie 2021 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Chris Barnard (skrywer), ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Ons reeks mooi Sestigervoorbladartikels gaan aan, baie dankie vir nog 'n puik artikel op ons voorblad! Groete. -- SpesBona 19:33, 22 Augustus 2021 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Breyten Breytenbach, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Goeienaand en weereens baie dankie vir dié uitstekende artikel op ons voorblad. Knap gedaan! Groete. -- SpesBona 19:33, 19 September 2021 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Reza de Wet, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Goeienaand Petronell Vorster, baie dankie vir dié nuwe voorbladartikel oor 'n welbekende Afrikaanse skrywer en dramaturg. Groete. -- SpesBona 20:33, 7 November 2021 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys D.J. Opperman, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. -- SpesBona 20:34, 15 Desember 2024 (UTC)