Portaal:Sport/Hede
Sport in 2024:
- Australië wen die eindwedstryd van die o/19-krieketwêreldbeker teen Indië met 79 lopies en palm sodoende sy vierde titel in. Die gasheer Suid-Afrika en Pakistan was die ander twee semi-finaliste.
- Ivoorkus se sokkerspan wen die eindstryd van die CAF se Afrikanasiesbeker teen Nigerië en palm sodoende sy derde titel in. Suid-Afrika eindig in die derde en die Demokratiese Republiek die Kongo in die vierde plek. Terselfdertyd klop die gasheer Katar tydens die AFC se Asiatiese Sokkerbekereindstryd Jordanië en verdedig sodoende sy titel.
- Ierland wen tydens die Sesnasies-toernooi in 2024 sy 25ste titel, terwyl Georgië tydens die Europese Rugbykampioenskap sy 16de titel inpalm.
- Indië wen die eindwedstryd van die T20I-wêreldbeker 2024 teen Suid-Afrika met sewe lopies en palm sodoende sy tweede T20I-wêreldbekertitel in. Afghanistan en Engeland was die ander twee semi-finaliste.
- Nieu-Seeland wen die eindstryd van die OFC se Oseaniënasiesbeker teen die medegasheer Vanuatu en verdedig sodoende sy titel. Tahiti eindig in die derde en Fidji in die vierde plek.
- Spanje wen die eindstryd van die 17de UEFA Europa-beker teen Engeland met 2–1. Beide Frankryk en Nederland eindig in die halfeindrondte.
- Argentinië wen die eindstryd van die 48ste Copa América in die Verenigde State teen Colombia met 1–0 ná ekstra tyd. Uruguay eindig in die derde en Kanada in die vierde plek.
- 26 Julie–11 Augustus – Die Olimpiese Somerspele word in Parys, Frankryk, aangebied.
- 28 Augustus–8 September – Die Paralimpiese Somerspele word in Parys, Frankryk, aangebied.
- Die Suid-Afrikaanse Springbokke wen sy vyfde titel tydens die 2024-Rugbykampioenskapreeks, terwyl Fidji tydens die Stille Oseaan-nasiesbeker sy sewende titel inpalm.
- Nieu-Seeland wen die eindstryd van die T20I-vrouewêreldbeker 2024 teen Suid-Afrika met 32 lopies en palm sodoende sy eerste T20I-vrouewêreldbekertitel in. Australië en Wes-Indië was die ander twee semi-finaliste.