18 Oktober
datum
(Aangestuur vanaf 10-18)
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
18 Oktober is die 291ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (292ste in skrikkeljare). Daar volg nog 74 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1009 – Die Heilige Grafkerk, ’n Christenkerk nou binne die ommuurde Ou Stad van Jerusalem, word deur die mal Fatimid caliph Al-Hakim bi-Amr Allah vernietig.
- 1415 – Pous Gregorius XII tree af as pous van die Rooms-Katolieke Kerk en beëindig daarmee die Westerse Skisma.
- 1538 – Pous Paulus III stel Pedro Sarmiento, aartsbiskop van Compostella, aan as kardinaal.
- 1594 – Pous Clemens VIII verklaar St. Julian van Cuena heilig.
- 1813 – Die Veldslag by Leipzig (“Völkerschlacht”) begin. Napoleon se troepe ly 'n nederlaag teen die troepe van die Geallieerdes.
- 1851 – Moby Dick, ’n roman deur Herman Melville, word vir die eerste keer uitgegee as The Whale (Die walvis).
- 1890 – Windhoek, die hoofstad van Namibië, word deur kaptein Curt von François gestig.
- 1912 – Die Turkse Sultan doen afstand van Libië ten gunste van Italië, onder ’n verdrag wat in Ouchy, Switserland, geteken is.
- 1922 – ’n Konsortium stig die British Broadcasting Company wat 'n netwerk van radiosenders vestig om 'n nasionale uitsaaidiens in die Verenigde Koninkryk daar te stel.
- 1954 – Texas Instruments stel die eerste transistorradio bekend.
- 1962 – Die onbemande ruimtetuig Ranger 5 word lanseer.
- 1977 – ’n Duitse anti-terreureenheid, bekend as GSG 9, bestorm in Mogadisjoe ’n Lufthansa-vliegtuig – die "Landshut", ’n Boeing 737-200 met die vlugnommer LH181 – wat op 13 Oktober deur die Rote Armee Fraktion geskaak is. Die 86 gyselaars word onbeseer bevry; slegs ’n enkele terroris aan boord oorleef die voorval.
Geboortes
wysig- 1130 – Zhu Xi, Chinese filosoof tydens die Song-dinastie († 1200).
- 1405 – Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II), die 210de pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Corsignano, Italië († 1646).
- 1523 – Anna van Pole, 'n Pools-Litause prinses († 1596).
- 1585 – Heinrich Schütz, Duitse komponis en orrelis († 1672).
- 1653 – Abraham van Riebeeck, Goewerneur-Generaal van Nederlands-Indië († 1713).
- 1831 – Friedrich III van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1888).
- 1859 – Henri Bergson, Franse filosoof († 1941).
- 1905 – Félix Houphouët-Boigny, eerste President van die Ivoorkus († 1993).
- 1925 – Justus Tshungu, Suid-Afrikaanse omroeper († 2019).
- 1939 – George Meiring, laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag († 2024).
- 1934 – Inger Stevens, Amerikaanse aktrise († 1970).
- 1943 – Phyllis Spira, Suid-Afrikaanse ballerina († 2008).
- 1953 – Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch in die Wes-Kaap († 2014).
- 1960 – Jean-Claude Van Damme, Belgiese akteur en rolprentvervaardiger.
Sterftes
wysig- 707 – Pous Johannes VII, die 86ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1417 – Pous Gregorius XII, die 205de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1325).
- 1503 – Pous Pius III, die 215de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1439).
- 1871 – Charles Babbage, Engelse wiskundige, filosoof, uitvinder en meganiese ingenieur (* 1791).
- 1929 – Herbert Castens, Suid-Afrika se eerste Springbokkaptein (* 1864).
- 1931 – Thomas Edison, Amerikaanse uitvinder (* 1847).
- 1953 – W.A. Hofmeyr, Afrikaanse kultuurleier en sakeman. Die W.A. Hofmeyr-prys is na hom vernoem (* 1869).
- 1959 – Casparus de Wet, Gereformeerde predikant, hoogleraar en skrywer (* 1887).
- 1982 – Sias Reinecke, Afrikaanse sanger en lid van die sanggroep Groep Twee (* 1940).
- 2009 – Basie Vivier, Suid-Afrika se 24ste Springbokkaptein (* 1927).
- 2016 – Anthony Addabbo, Amerikaanse akteur (* 1960).
- 2021 – Colin Powell, Amerikaanse generaal en jarelange politikus (* 1937).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Alaskadag; Feesdag van Sint Lukas.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 Oktober. |