Die Rugbykampioenskap

(Aangestuur vanaf Drienasies)

Die Rugbykampioenskap (voorheen bekend as die Drienasiesreeks) is ’n internasionale rugbykompetisie wat jaarliks in die Suidelike Halfrond gespeel word tussen die nasionale rugbyspanne van Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, onderskeidelik die Poemas, Wallabies, All Blacks en Springbokke genoem. Die kompetisie word georganiseer deur SANZAAR, ’n konsortium wat gestig is deur die Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse Rugbyunies; wat nou ook die Argentyne betrek. Die huidige kampioen is Suid-Afrika, wat die 2024-toernooi gewen het.

Die Rugbykampioenskap
2025-Rugbykampioenskapreeks
Beskrywing.
Kenteken van die Rugbykampioenskap

Sportsoort Rugby
Gestig 1996 (as Drienasies)
2012 (as die Rugbykampioenskap)
Eienaar SANZAAR
Inwydingseisoen 1996 (Drienasiesreeks)
2012 (Die Rugbykampioenskapreeks)
Deelnemende lande Vlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Australië Australië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Aantal spanne 4
Mees onlangse kampioen Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (2024)
Verwante kompetisies Bledisloebeker
Mandela Uitdaagplaat
Poematrofee
Vryheidsbeker

Die Rugbykampioenskap is die opvolger van die Drienasiesreeks (1996–2011, 2020). In die media word na die wenner van die Rugbykampioenskap soms nieamptelik as die Suidelike Halfrond-kampioen verwys. As deel van Die Rugbykampioenskap word om die Mandela Uitdaagplaat, Bledisloebeker, Vryheidsbeker en Poematrofee meegeding. Nieu-Seeland hou die rekord vir die meeste toernooititels, met 20 titels. Hulle kon die ou Drienasiesreeks tien keer wen, gevolg deur Suid-Afrika met vier en Australië met drie titels. Sedert die Rugbykampioenskap in 2012 ’n aanvang geneem het, het slegs Argentinië nog nie die toernooi gewen nie.

Ten spyte van die groot tydsverskil tussen die lande (7,5 ure tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, en 5,5 ure tussen Argentinië en Suid-Afrika) is daar groot belangstelling onder al die ondersteuners wat die wedstryde op televisie volg wanneer hul spanne oorsee speel. Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika behoort tot die beste rugbylande wêreldwyd: Suid-Afrika het die rugbywêreldbekertoernooi vier keer gewen, gevolg deur Nieu-Seeland met drie titels en Australië met twee. Volgens Wêreldrugby se ranglys is Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika die vier beste spanne van die Suidelike Halfrond.

Geskiedenis

wysig
 
Voorbereiding vir die Nieu-Seelandse haka voor die laaste Drienasieswedstryd in 2005 teen Australië in Edenparkstadion, Auckland
 
’n Suid-Afrikaanse lynstaan teen Nieu-Seeland in 2006, Wellington
 
Die All Blacks se Losgemaal teen die Springbokke tydens die Drienasiereeks in 2011
 
’n Nieu-Seelandse lynstaan teen Australië in 2017, Sydney
 
Wedstryd tussen Nieu-Seeland en Argentinië in 2024

’n Soortgelyke kampioenskap soos die Noordelike Halfrond se hedendaagse Sesnasies-toernooi – en sy voorgangers – het in die Suidelike Halfrond nie bestaan nie; slegs Australië en Nieu-Seeland het elke jaar die Bledisloebeker uitgespeel. Met die einde van Apartheid in Suid-Afrika is dié land weer tot internasionale sport toegelaat. Die amptelike verklaring van die professionalisering van rugby in Augustus 1995 het die konsep vir die Drienasiesreeks moontlik gemaak. Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika is onderhandelings tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika se rugbyunies gevoer en SANZAR, die voorganger van die hedendaagse SANZAAR, gestig. Die eerste toernooi is uiteindelik in 1996 gehou en deur Nieu-Seeland gewen. In 2012 het Argentinië by die toernooireeks aangesluit, wat sedertdien as Die Rugbykampioenskap bekend staan. In 2020 het die toernooi kortliks na die ou Drienasies teruggekeer, nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie weens die wêreldwye Covid-19-pandemie besluit het om die Springbokke aan dié toernooi te onttrek.

Uitslae

wysig

Algeheel

wysig

Drienasieswenners

wysig
Jaar Wenner Speel Wen Gelykop Verloor Punte vir Punte  
teen
Punte-
verskil
Bonus-
punte
Liga-
punte
1996   Nieu-Seeland 4 4 0 0 119 60 +59 1 17
1997   Nieu-Seeland 4 4 0 0 159 109 +50 2 18
1998   Suid-Afrika 4 4 0 0 80 54 +26 1 17
1999   Nieu-Seeland 4 3 0 1 103 61 +42 0 12
2000   Australië 4 3 0 1 104 86 +18 2 14
2001   Australië 4 2 1 1 81 75 +6 1 11
2002   Nieu-Seeland 4 3 0 1 97 65 +32 3 15
2003   Nieu-Seeland 4 4 0 0 142 65 +77 2 18
2004   Suid-Afrika 4 2 0 2 110 98 +12 3 11
2005   Nieu-Seeland 4 3 0 1 111 86 +25 3 15
2006   Nieu-Seeland 6 5 0 1 179 112 +67 3 23
2007   Nieu-Seeland 4 3 0 1 100 59 +41 1 13
2008   Nieu-Seeland 6 4 0 2 152 106 +46 3 19
2009   Suid-Afrika 6 5 0 1 158 130 +28 1 21
2010   Nieu-Seeland 6 6 0 0 184 111 +73 3 27
2011   Australië 4 3 0 1 92 79 +13 1 13
2020   Nieu-Seeland 4 2 0 2 118 54 +64 3 11

Rugbykampioenskapwenners

wysig
Jaar Wenner Speel Wen Gelyk Verloor Punte vir Punte teen Punteverskil Bonus-
punte
Ligapunte
2012   Nieu-Seeland 6 6 0 0 177 66 +111 2 26
2013   Nieu-Seeland 6 6 0 0 202 115 +87 4 28
2014   Nieu-Seeland 6 4 1 1 164 91 +73 4 22
2015   Australië 3 3 0 0 85 48 +37 1 13
2016   Nieu-Seeland 6 6 0 0 262 84 +178 6 30
2017   Nieu-Seeland 6 6 0 0 246 119 +127 4 28
2018   Nieu-Seeland 6 5 0 1 225 132 +93 5 25
2019   Suid-Afrika 3 2 1 0 97 46 +51 2 12
2021   Nieu-Seeland 6 5 0 1 218 104 +114 5 25
2022   Nieu-Seeland 6 4 0 2 195 128 +67 3 19
2023   Nieu-Seeland 3 3 0 0 114 39 +75 2 14
2024   Suid-Afrika 6 5 0 1 188 94 +94 4 24

Drienasies (1996–2011, 2020)

wysig
Jaar Kampioen Bledisloebeker Mandela Uitdaagplaat Vryheidsbeker Poematrofee Houtlepel
1996   Nieu-Seeland Nie uitgespeel nie Nie uitgespeel nie Nie uitgespeel nie   Australië
1997   Nieu-Seeland   Australië
1998   Suid-Afrika   Australië   Nieu-Seeland
1999   Nieu-Seeland   Australië   Suid-Afrika
2000   Australië   Suid-Afrika
2001   Australië   Suid-Afrika
2002   Nieu-Seeland   Australië   Suid-Afrika   Suid-Afrika
2003   Nieu-Seeland Nie uitgespeel nie   Suid-Afrika
2004   Suid-Afrika   Nieu-Seeland   Suid-Afrika   Nieu-Seeland
2005   Nieu-Seeland Nie uitgespeel nie   Australië
2006   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Suid-Afrika
2007   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Suid-Afrika
2008   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Suid-Afrika
2009   Suid-Afrika   Nieu-Seeland   Suid-Afrika   Suid-Afrika   Australië
2010   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Suid-Afrika
2011   Australië   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Suid-Afrika
2020   Nieu-Seeland Nie uitgespeel nie   Australië   Australië

Die Rugbykampioenskap (2012–tans)

wysig
Year Kampioen Bledisloebeker Mandela Uitdaagplaat Vryheidsbeker Poematrofee Houtlepel
2012   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Australië   Argentinië
2013   Nieu-Seeland   Suid-Afrika   Nieu-Seeland   Australië   Argentinië
2014   Nieu-Seeland   Suid-Afrika   Nieu-Seeland   Australië   Argentinië
2015   Australië   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Argentinië   Suid-Afrika
2016   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Australië   Argentinië
2017   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Australië   Argentinië
2018   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Australië   Argentinië
2019   Suid-Afrika   Nieu-Seeland   Suid-Afrika   Nieu-Seeland   Australië   Argentinië
2021   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Australië   Argentinië
2022   Nieu-Seeland   Australië   Nieu-Seeland   Australië   Argentinië
2023   Nieu-Seeland   Suid-Afrika   Nieu-Seeland   Argentinië   Australië
2024   Suid-Afrika   Suid-Afrika   Suid-Afrika   Argentinië   Australië

Algehele punteleer

wysig

Drienasies

wysig
Nasie Wedstryde Punte Bonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeel gewen gelykop verloor     vir         teen       verskil  
  Nieu-Seeland 76 52 0 24 2054 1449 +605 35 243 11
  Australië 76 30 3 43 1591 1817 –226 34 160 3
  Suid-Afrika 72 28 1 43 1480 1831 –351 24 138 3
  Argentinië 4 1 2 1 56 84 –28 0 8 0

Bron: espnscrum.com(besoek op 8 Oktober 2018, statistiek dus op datum.)


Die Rugbykampioenskap

wysig
Nasie Wedstryde Punte Bonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeel gewen gelykop verloor     vir         teen         verskil    
  Nieu-Seeland 63 51 2 10 2154 1197 +957 40 249 9
  Suid-Afrika 63 33 4 26 1637 1383 +254 30 166 2
  Australië 63 26 3 34 1411 1735 –324 14 131 1
  Argentinië 63 12 1 50 1196 2063 –867 14 60 0

Bygewerk op 5 Oktober 2024
Bron: espnscrum.com (besoek op 5 Oktober 2024)


Meeste punte en drieë

wysig

Die volgende afdeling bevat rekords van punte en drieë wat aangeteken is in die Drienasiesreeks/Die Rugbykampioenskap (alle tye).

Voorste puntemakers

wysig
Rang Speler Land Punte
01 Dan Carter   Nieu-Seeland 554
02 Morné Steyn   Suid-Afrika 390
03 Nicolás Sánchez   Argentinië 344
04 Beauden Barrett   Nieu-Seeland 335
05 Andrew Mehrtens   Nieu-Seeland 328
06 Handré Pollard   Suid-Afrika 285
07 Matt Burke   Australië 271
08 Matt Giteau   Australië 266
09 Bernard Foley   Australië 249
10 Percy Montgomery   Suid-Afrika 210

Opgedateer: 5 Oktober 2024
Bron: Itsrugby.[1]

Voorste driedrukkers

wysig
Rang Speler Land Drieë
1 Bryan Habana   Suid-Afrika 21
2 Rieko Ioane   Nieu-Seeland 8
Ben Smith   Nieu-Seeland
Beauden Barrett   Nieu-Seeland
5 Richie McCaw   Nieu-Seeland 17
Christian Cullen   Nieu-Seeland
7 Joe Rokocoko   Nieu-Seeland 15
8 Adam Ashley-Cooper   Australië 14
Israel Folau   Australië
10 Drie spelers met 13 drieë elk

Opgedateer: 5 Oktober 2024
Bron: Itsrugby[1]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 (en) "Rugby Championship – Players stats – It's rugby". Besoek op 5 Oktober 2024.

Eksterne skakels

wysig