Ontwikkelde land

’n Ontwikkelde land of geïndustrialiseerde land is ’n soewereine staat met ’n hoogs ontwikkelde ekonomie en gevorderde tegnologiese infrastruktuur in vergelyking met ander lande. Die algemeenste kriteria om die graad van ekonomiese ontwikkeling te bepaal is die bruto binnelandse produk (BBP), bruto nasionale produk (BNP), per capita-inkomste, vlak van industrialisasie, mate van wydverspreide infrastruktuur en algemene lewenstandaard.[2] Dit is debatteerbaar watter kriteria gebruik moet word en watter lande as ontwikkel geklassifiseer kan word.

Lande volgens ekonomiese ontwikkeling in 2008:

   Ontwikkelde lande

   Ontwikkelende lande

   Mins ontwikkelde lande

   Data onbeskikbaar

Klassifikasie volgens die IMF en die VN
’n Wêreldkaart wat die kategorieë van die Menslike-ontwikkelingsindeks volgens lande aandui (geskoei op data uit 2018 wat in 2017 gepubliseer is).[1]

   0,800–1,000 (Baie hoog)

   0,700–0,799 (Hoog)

   0,555–0,699 (Gemiddeld)

   0,350–0,554 (Laag)

   Data onbeskikbaar

Ontwikkelde lande het ’n post-industriële ekonomie, wat beteken die dienssektor verskaf meer rykdom as die nywerheidsektor. Daarteenoor is ontwikkelende lande besig om te industrialiseer of hoofsaaklik op landbou aangewese. In 2015 het gevorderde ekonomieë 60,8% uitgemaak van die wêreldwye BBP gebaseer op nominale waardes en 42,9% van die wêreldwye BBP gebaseer op koopkragpariteit (KKP), volgens die Internasionale Monetêre Fonds.[3] In 2015 was die 10 grootste gevorderde ekonomieë volgens BBP in beide nominale en KKP-terme Australië, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Suid-Korea, Spanje, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Koninkryk.[4]

Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI)

wysig
 
Lande volgens BBP (nominaal) per capita in 2019

Die Verenigde Nasies (VN) se Menslike-ontwikkelingsindeks is ’n statistiese maatstaf wat ’n land se vlak van menslike ontwikkeling weergee. Terwyl daar ’n sterk verband is tussen ’n lande se MOI-telling en ’n vooruitstrewende enonomie, wys die VN daarop dat die MOI-tellings meer aandui as inkomste of produktiwiteit. Anders as BBP en per capita-inkomste, bring die MOI in berekening hoe inkomste verander word "in opvoedings- en gesondheidsgeleenthede en dus in hoër vlakke van menslike ontwikkeling".

Sedert 1990 het Noorweë (2001–2006, 2009–2013), Japan (1990–1991 en 1993), Kanada (1992 en 1994–2000) en Ysland (2007–2008) die hoogste MOI-telling gehad. Die top-47-lande het tellings van tussen 0,793 in Barbados en 0,955 in Noorweë gehad.

Baie "gevorderde ekonomieë" word gekenmerk deur ’n MOI-telling van 0,9 of hoër. Die laaste verslag is op 21 Maart 2017 gepubliseer.[5]

Volledige lys lande

wysig
  •   = Toename
  •   = Bestendig
  • = Afname

Baie hoë menslike ontwikkeling

wysig
Rang Land MOI
2016-ramings vir 2015
[5]
Verandering in rang sedert vorige jaar[5] 2016-ramings vir 2015
[5]
Verandering sedert vorige jaar
[5]
1     Noorweë 0.949   0.001
2   (1)   Australië 0.939   0.002
2     Switserland 0.939   0.001
4     Duitsland 0.926   0.002
5   (1)   Denemarke 0.925   0.002
5 (1)   Singapoer 0.925   0.001
7 (1)   Nederland 0.924   0.001
8     Ierland 0.923   0.003
9     Ysland 0.921   0.002
10 (1)   Kanada 0.920   0.001
10   (1)   Verenigde State 0.920   0.002
12     Hongkong 0.917   0.001
13     Nieu-Seeland 0.915   0.002
14   (1)   Swede 0.913   0.004
15 (1)   Liechtenstein 0.912   0.001
16     Verenigde Koninkryk 0.909   0.001
17     Japan 0.903   0.001
18     Suid-Korea 0.901   0.002
19     Israel 0.899   0.001
20     Luxemburg 0.898   0.002
21   (1)   Frankryk 0.897   0.003
22 (1)   België 0.896   0.001
23     Finland 0.895   0.002
24     Oostenryk 0.893   0.001
25     Slowenië 0.890   0.002

Rang Land MOI
2016-ramings vir 2015
[5]
Verandering in rang sedert vorige jaar[5] 2016-ramings vir 2015
[5]
Verandering sedert vorige jaar
[5]
26   (1)   Italië 0.887   0.006
27 (1)   Spanje 0.884   0.002
28     Tsjeggië 0.878   0.003
29     Griekeland 0.866   0.001
30     Broenei 0.865   0.001
30   (1)   Estland 0.865   0.002
32     Andorra 0.858   0.001
33   (1)   Siprus 0.856   0.002
33   (2)   Malta 0.856   0.003
33     Katar 0.856   0.001
36     Pole 0.855   0.003
37     Litaue 0.848   0.002
38     Chili 0.847   0.002
38     Saoedi-Arabië 0.847   0.002
40     Slowakye 0.845   0.003
41     Portugal 0.843   0.002
42     Verenigde Arabiese Emirate 0.840   0.004
43     Hongarye 0.836   0.002
44     Letland 0.830   0.002
45     Argentinië 0.827   0.001
45   (1)   Kroasië 0.827   0.004
47 (1)   Bahrein 0.824   0.001
48 (1)   Montenegro 0.807   0.003
49 (1)   Rusland 0.804 0.001
50   (1)   Roemenië 0.802   0.004
51 (1)   Koeweit 0.800   0.001

As nielid van die VN bereken die regering van Taiwan sy eie MOI, wat in 2011 ’n waarde van 0,882 gehad het.[6] Terwyl die MOI vir Hongkong deur die VN bereken word, geld dit nie vir Macau nie. Laasgenoemde se regering het die streek se MOI in 2011 as 0,868 bereken. Hierdie tellings plaas beide Taiwan en Macau gerieflik binne die lys lande met "baie hoë menslike ontwikkeling".[7]

Ander lyste van ontwikkelde lande

wysig
 
Die Wêreldbank se hoëinkomstelande in 2023.

’n Paar instellings het lyste van ontwikkelde lande opgestel: Die VN (sy lys word hier bo vertoon), die CIA,[8] en ander.

Die IMF identifiseer 39 "gevorderde ekonomieë".[9][10] Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) se 35 lidlande is bekend as die "klub van ontwikkelde lande".[11][12][13] Die Wêreldbank identifiseer 78 "hoëinkomstelande".[14]

Wêreldbank se hoëinkomstelande

wysig

Volgens die Wêreldbank word die volgense 78 lande en gebiede geklassifiseer as "hoëinkomste-ekonomieë".[14] Tussen hakies is die jaar/jare waarin hulle so geklassifiseer is sedert klassifisering in 1987 begin is.[15]

IMF se gevorderde ekonomieë

wysig
 
██ Lande wat die IMF as gevorderde ekonomieë beskryf.

Volgens die IMF word die volgende 39 ekonomieë as "gevorderd" geklassifiseer:

OESO-lede met ’n hoë inkomste

wysig
 
Die lidlande van die OESO:

   20 Stigterslande

   16 Toetredinglande

Daar is 36 lede in die OESO se hoëinkomstekategorie, soos deur die Wêreldbank bepaal.[16][17]

Dit sluit in:

27 lande in Europa:

3 lande in Asië:

3 lande in Noord-Amerika:

2 lande in Oseanië:

1 land in Suid-Amerika:

Verwysings

wysig
  1. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 22 Desember 2019.
  2. Developed Economy Definition Geargiveer 22 Maart 2016 op Wayback Machine. Investopedia (2010-04-16). Besoek op 2013-07-12.
  3. IMF-BBP-data (Oktober 2015) Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine
  4. "Gross domestic product, current prices & Gross domestic product based on purchasing-power-parity (PPP) valuation of country GDP". World Economic Outlook Database, Oktober 2015 (in Engels). Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2019. Besoek op 15 Oktober 2015.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 5,6 5,7 5,8 "Human Development Report 2016 – 'Human Development for Everyone'" (PDF). Human Development Report Office, VN-ontwikkelingsprogram. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2017. Besoek op 11 April 2017.
  6. "2011中華民國人類發展指數 (HDI)" (PDF) (in Chinees). Directorate General of Budget, Accounting and Statistics, Executive Yuan, R.O.C. 2011. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 April 2020. Besoek op 21 November 2011.
  7. Macau in Figures, 2013 Geargiveer 24 Oktober 2013 op Wayback Machine
  8. CIA (2008). "Appendix B. International Organizations and Groups". World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 10 April 2008.
  9. IMF Advanced Economies List. World Economic Outlook, April 2016, p. 148 Geargiveer 21 April 2016 op Wayback Machine
  10. World Economic Outlook Geargiveer 21 April 2016 op Wayback Machine, IMF, September 2011, p. 165.
  11. "Archived copy" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2012. Besoek op 25 Januarie 2009.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
  12. Indiana Express Geargiveer 27 Januarie 2010 op Wayback Machine
  13. Minutes of Forum #26:Global Strategy Series 2 – Japan as It Should Be (Outline) | Economic and Social Research Institute, Cabinet Office, Government of Japan Geargiveer 30 Oktober 2007 op Wayback Machine. Esri.go.jp. Besoek op 2013-07-12.
  14. 14,0 14,1 Country and Lending Groups. Geargiveer 2 Julie 2014 op Wayback Machine Wêreldbank. Besoek op 1 Augustus 2016.
  15. "How does the World Bank classify countries?" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 1 Augustus 2016.
  16. Country and Lending Groups | Data Geargiveer 18 Maart 2011 op Wayback Machine. Data.worldbank.org. Besoek op 2016-08-01.
  17. "Members and partners" (in Engels). OECD. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2019. Besoek op 1 Augustus 2016.

Eksterne skakels

wysig