Lys van Suid-Afrikaanse plekname genoem na kommandeurs, goewerneurs en hul verwante
Wikimedia lysartikel
'n Lys van plekname in Suid-Afrika ter ere van kommandeurs, goewerneurs en hul familielede, chronologies gerangskik volgens die kommandeur, goewerneur of hulle naasbestaandes na wie dit vernoem is.
Kaapse kommandeurs en goewerneurs
wysig- Jan van Riebeeck: Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes, Riebeeckstad, Riebeek-Oos
- Simon van der Stel: Stellenbosch, Simonstad. Na sy vrou: Constantia
- Hendrik Swellengrebel: Swellendam (na hom en sy vrou, Engela ten Damme)
- Ryk Tulbagh: Tulbagh
- Joachim van Plettenberg: Plettenbergbaai
- Pieter van Rheede van Oudtshoorn: Oudtshoorn
- Cornelis Jacob van de Graaff: Graaff-Reinet (na hom en sy vrou, Reinet)
- Jacob Abraham de Mist: Uitenhage
- Lt.genl. Jan Willem Janssens: Jansenville (onduidelik waarom net met een "s")
- Du Pré Alexander, graaf van Caledon: Caledon
- Sir John Cradock: Cradock. Na sy skoonvader, die graaf van Clanwilliam: Clanwilliam
- Lord Charles Somerset: Somerset-Oos, Somerset-Wes. Na sy vader, die hertog van Beaufort: Port Beaufort, Fort Beaufort, Beaufort-Wes. Na sy ouer broer, die markies van Worcester: Worcester
- Sir Rufane Donkin (waarnemend): Port Elizabeth (na sy vrou)
- Sir Galbraith Lowry Cole: Colesberg, Sir Lowryspas. Na sy skoonvader, die hertog van Malmesbury: Malmesbury
- Sir Benjamin D'Urban: Durban, Durbanville
- Sir George Thomas Napier: Napier, Napierville (voorstad van Pietermaritzburg)
- Sir Peregrine Maitland: Maitland (voorstad van Kaapstad). Na sy skoonvader, hertog van Richmond: Richmond, Noord-Kaap
- Sir Harry Smith: Harrismith, Fauresmith (na hom en ds. P.E. Faure), Smithfield. Na sy vrou: Ladismith, Ladysmith
- Sir George Cathcart: Cathcart
- Sir George Grey: Greyton, Greytown. Na sy vrou: Lady Grey
- Sir Philip Wodehouse: Wodehouse (landdrosdistrik in die Oos-Kaap waarvan Dordrecht die hoofdorp is), Philipstown
- Charles Craufurd Hay (waarnemend): Hay (distrik rondom Griekwastad in die Noord-Kaap)
- Sir Henry Barkly: Barkly-Oos, Barkly-Wes
- Sir Henry Bartle Frere: Mount Frere. Na sy vrou: Lady Frere
- Sir Henry Loch: Lady Loch (naby Wellington, na sy vrou)
- Lord Alfred Milner: Milnerton (voorstad van Kaapstad)
- Sir Walter Hely-Hutchinson: Hutchinson
Natalse goewerneurs
wysig- Sir George Grey: (sien bo)
- Veldmaarskalk burggraaf Garnet Wolseley: Wolseley
Bronne
wysig- Raper, P.E. 1987. Dictionary of South African Place Names. Johannesburg: Lowry Publishers.
- Rosenthal, Eric. 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Juta and Company Limited.