13 Februarie
datum
(Aangestuur vanaf 02-13)
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
13 Februarie is die 44ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 321 dae in die res van die jaar (322 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 1160 – Die sinode van Pavia verklaar Pous Alexander III tot ketter.
- 1352 – Guillaume de Grimoard (later Pous Urbanus V) word ab van die Benediktynerklooster in St. Germain d'Auxerre.
- 1592 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word goewerneur van Fano.
- 1668 – Pietro Francesco Orsini (later Pous Benedictus XIII) neem die kloosternaam Vincenzo Maria Orsini aan.
- 1668 – Spanje erken Portugal as 'n onafhanklike nasie.
- 1689 – Glorious Revolution: In plaas daarvan dat James Francis Edward Stuart die Prins van Wallis die troon bestyg, word sy suster Mary en haar man William (Willem van Oranje) as medeheersers van Engeland verklaar.
- 1690 – Pous Alexander VIII stel 11 nuwe kardinale aan waaronder Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI).
- 1692 – Pous Innocentius XII verklaar Maria van Cerevellon salig.
- 1827 – Pous Leo XII publiseer Quanta Laetitia oor Skotland.
- 1880 – Thomas Edison neem die Edison-effek waar, wat later die grondslag vorm vir John Ambrose Fleming se vakuumbuisdiodes.
- 1881 – Hubertine Auclert, 'n leidende Franse suffragette in Parys, begin die feministe koerant La Citoyenne.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Sowjetmagte verower Boedapest in Hongarye by die Nazi's.
- 1984 – Konstantin Tsjernenko volg die ontslape Yuri Andropov op as Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie.
Geboortes
wysig- 1599 – Fabio Chigi (later Pous Alexander VII), 237ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1667).
- 1861 – Ds. David Wilcocks, Afrikaanse predikant wat tronkstraf uitgedien het vir sy dankgebede ná Boereoorwinnings by Colenso en Magersfontein († 1944).
- 1919 – Piet Malan, Springbokrugbyspeler en PUK-rugbyafrigter († 2015).
- 1923 – Chuck Yeager, Amerikaanse vlieënier en die eerste persoon wat deur die klankgrens gevlieg het († 2020).
- 1933 – Kim Novak, Amerikaanse aktrise.
- 1938 – Oliver Reed, Britse akteur († 1999).
- 1939 – Robert Charles Sproul, Amerikaanse Gereformeerde teoloog, predikant en stigter van Ligionier Ministries († 2017).
- 1942 – Carol Lynley, Amerikaanse aktrise († 2019).
- 1944 – Tim Couzens, Suid-Afrikaanse skrywer († 2016).
- 1944 – Jerry Springer, Amerikaanse televisieaanbieder († 2023).
- 1963 – Barry Tubb, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer.
- 1972 – Meng Wanzhou, Chinese sakeleier en hoof- finansiële beampte van Huawei.
- 1974 – Robbie Williams, Engelse popsanger en filmakteur.
Sterftes
wysig- 858 – Kenneth I van Skotland (* 810).
- 1130 – Pous Honorius II, die 163ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1060).
- 1332 – Andronikos II Palaiologos, Keiser van die Bisantynse Ryk (* 1259).
- 1542 – Catharina Howard, die vyfde vrou van Hendrik VIII van Engeland (* onbekend).
- 1571 – Benvenuto Cellini, Italiaanse goudsmid en beeldhouer (* 1500).
- 1883 – Richard Wagner, Duitse komponis (* 1813).
- 1902 – Catharina Smuts (neé de Vries), moeder van genl. Jan Smuts (* 1845).
- 1976 – Lily Pons, Amerikaanse operasopraan (* 1898).
- 1980 – David Janssen, Amerikaanse akteur, (* 1931).
- 1984 – André Stander, Suid-Afrikaanse polisieoffisier en berugte bankrower (* 1946).
- 2003 – Nico Coetzee, skrywer en akademikus (* 1911).
- 2016 – Antonin Scalia, regter van die hooggeregshof van die Verenigde State (* 1936).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 3 February. |