21 Februarie
datum
(Aangestuur vanaf 02-21)
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
21 Februarie is die 52ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 313 dae in die res van die jaar (314 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 1477 – Kardinaal Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) sluit aan by die Kurie.
- 1533 – Pous Clemens VII stel Esteban Merino, patriarg van Wes-Indië, aan as kardinaal.
- 1578 – Pous Gregorius XIII stel nog 9 kardinale aan. Een van hulle, Fernando de Toledo Oropesa, priester van Toledo, weier die aanstelling.
- 1600 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word kardinaal van Trastevere.
- 1613 – Mikchail I word eenparig deur die Zemsky Sobor tot Tsaar verkies en begin daarmee die Romanofdinastie in Keiserlike Rusland.
- 1775 – Pous Pius VI word tot biskop gewy.
- 1794 – Pous Pius VI stel agt nuwe kardinale aan, waaronder Jean-Siffrein Maury, aartsbiskop-biskop van Montefiascone en Corneto.
- 1794 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word titulêr aartsbiskop van Tirus en nuntius in Lucerne.
- 1804 – Die eerste selfaangedrewe stoomenjin of lokomotief, gebou deur Richard Trevithick, loop vir die eerste keer in Wallis.
- 1848 – Die Kommunistehandves deur Karl Marx en Friedrich Engels word vir die eerste keer gepubliseer.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Verdun begin.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die troepskip SS Mendi sink met 'n verlies van 805 Suid-Afrikaanse soldate.
- 1931 – Pous Pius XI verklaar Pous Benedictus XIII tot Dienaar van God.
- 1947 - Koning George VI van die Verenigde Koninkryk open die Suid-Afrikaanse Parlement in Kaapstad.
- 1952 – Betogers in Dhaka, Oos-Pakistan stap teen militêre geweervuur in om die vestiging van Bengaals as 'n amptelike taal te vestig.
- 1965 – Swart Nasionalis Malcolm X sterf in 'n sluipmoordaanval op lede van die Nation of Islam in New York Stad.
- 1960 – Fidel Castro nasionaliseer alle privaatondernemings in Kuba.
- 1987 – Die leiers van die Action Directe, 'n linksgesinde terreurorganisasie, word op 'n plaas naby Orléans, Frankryk, deur die polisie betrap.
- 2022 – Die Russiese president Wladimir Poetin onderteken 'n wet waardeur die selfverklaarde Volksrepubliek Donetsk en Volksrepubliek Loehansk deur Rusland as onafhanklike republieke erken word.
Geboortes
wysig- 1728 – Pieter III van Rusland, tsaar van Rusland († 1762)
- 1836 – Léo Delibes, Franse komponis († 1891).
- 1877 – Totius, Suid-Afrikaanse digter, predikant en hoogleraar aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk († 1953).
- 1889 – Pieter van der Byl, Suid-Afrikaanse kabinetsminister van die Verenigde Party († 1975).
- 1903 – Gerard Rissik, Suid-Afrikaanse bankier en die vierde president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank († 1979).
- 1903 – Anaïs Nin, Amerikaanse essayis, romansier en kortverhaalskryfster († 1977).
- 1910 – Douglas Bader, Britse Koninklike Lugmag, bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog. († 1982).
- 1921 – John Rawls, Amerikaanse filosoof († 2002).
- 1924 – Robert Mugabe, Zimbabwiese politikus en staatsman, President van Zimbabwe († 2019).
- 1944 – Herman De Coninck, Belgiese digter, essayis, joernalis en uitgewer († 1997).
- 1946 – Alan Rickman, Britse akteur († 2016).
- 1962 – Chuck Palahniuk, Amerikaanse skrywer.
- 1963 – William Baldwin, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1972 – Mark Andrews, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1972 – Jordan Peele, Amerikaanse akteur.
Sterftes
wysig- 1437 – Jakob I, koning van Skotland.
- 1513 – Pous Julius II, 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1443).
- 1677 – Baruch Spinoza, Nederlandse filosoof (* 1632).
- 1730 – Pous Benedictus XIII, 245ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1649).
- 1899 – Ds. Pieter Adam Strasheim, vader van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe (* 1851).
- 1974 – Lewis Martin, Amerikaanse akteur (* 1895).
- 2005 – Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928).
- 2018 – Billy Graham, Amerikaanse evangelis (* 1918).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Internasionale Moedertaaldag word gevier.