22 Maart
datum
(Aangestuur vanaf 03-22)
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
22 Maart is die 81ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (82ste in skrikkeljare). Daar volg nog 284 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 238 – Gordianus I en Gordianus II word as Romeinse Keisers verklaar.
- 1209 – Ryksdag in Speyer: Otto IV herhaal sy voorneme om kettery te bestry.
- 1312 – Pous Clemens V publiseer sy bul Vox in Excelso waarmee hy die Tempeliers ontbind.
- 1585 – Pous Gregorius XIII ontvang vier ambassadeurs uit Japan.
- 1607 – Pous Paulus V hef die interdik teen Venesië op.
- 1765 – Die parlement van die Verenigde Koninkryk neem die Seëlwet aan wat die groeiende separatiste beweging in koloniale Amerika verder aanblaas.
- 1888 – William McGregor, direkteur van Aston Villa F.C. in Birmingham, Engeland, stig die Football League.
- 1945 – Die Arabiese Liga word deur Egipte, Irak, Jordanië, Libanon, Saoedi-Arabië en Sirië in Kaïro gestig.
- 1995 – Russiese ruimtevaarder Waleri Poljakof van die Sojoes-program keer terug van die Mir-ruimtestasie na 437 dae in die buitenste ruimte en stel daarmee 'n nuwe wêreldrekord op vir die langste ruimtevlug.
- 2024 – 'n Gekoördineerde terroristeaanval in die Krokus Stadsaal—musieklokaal in Moskou eis die lewens van meer as 133 mense.
Geboortes
wysig- 1459 – Maksimiliaan I, Heilige Romeinse keiser († 1519).
- 1584 – Grégoire de Saint-Vincent, Jesuïet en wiskundige wat die Mercatorreeks ontdek het († 1667).
- 1768 – Joachim Lelewel, Poolse geskiedkundige, muntkundige en vryheidsvegter († 1861).
- 1797 – Wilhelm I van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1888).
- 1844 – Sarah Bernhardt, Franse toneelspeelster en rolprentaktrise (* 1844).
- 1868 – Edwin Cheere Anderssen, Afrikaanse leraar van die NG Kerk en veldprediker tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1947).
- 1869 – Emilio Aguinaldo, Filippynse politikus en staatsman, President van die Filippyne († 1964).
- 1908 – Louis L'Amour, Amerikaanse skrywer († 1988).
- 1929 – P. Ramlee, Maleisiese sanger, akteur en liedjieskrywer († 1973).
- 1934 – Orrin Hatch, Amerikaanse senator en komponis († 2022).
- 1936 – Roger Whittaker, Britse sanger-liedjieskrywer en musikant († 2023).
- 1944 – Phil du Plessis, Afrikaanse digter († 2011).
- 1963 – Francesco Quinn, Italiaans-Amerikaanse akteur († 2021).
- 1971 – Keegan-Michael Key, Amerikaanse akteur.
- 1976 – Reese Witherspoon, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1980 – Kandyse McClure, Kanadese aktrise.
Sterftes
wysig- 264 – Dionisius die Grote 14de patriarg van die Kerk in Alexandrië (* datum onbekend).
- 1832 – Johann Wolfgang von Goethe, 'n Duitse skrywer, digter, dramaturg, skilder, regsgeleerde en filosoof (* 1749).
- 1880 – Andries Stockenstrom, regter en Prokureur-generaal (* 1844).
- 1899 – Alexander Daneel, eerste predikant van die NG gemeente Heidelberg, Kaap (* 1836).
- 1950 – Emmanuel Mounier, 'n Franse filosoof (* 1905).
- 2016 – Eli Louw, Suid-Afrikaanse minister van vervoer en tot 1994 Suid-Afrika se laaste wit speaker (* 1927).
- 2020 – Julie Felix, 'n Amerikaanse folk-sangeres (* 1938).
- 2021 – Elgin Baylor, Amerikaanse basketbalspeler (* 1934).
Vakansie dae
wysig- Wêreldwaterdag
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 March. |