13 Junie
datum
(Aangestuur vanaf 06-13)
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
13 Junie is die 164ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (165ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 201 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 449 – Pous Leo I skryf die Tome aan patriarg Flavianus van Konstantinopel.
- 1695 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word titulêr aartsbiskop van Tarsus.
- 1792 – Pous Pius VI publiseer "Ubi Lutetiam" die vervolg op sy brief van 19 April 1792.
- 1898 – Yukon word van die Noordwestelike gebiede afgestig as eie gebied van die Kanadese Konfederasie met Dawson City as hoofstad.
- 1921 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word aartsbiskop van Milaan en kardinaal-priester van SS Silvestro en Martino.
- 1966 – Die Miranda v. Arizona-beslissing vestig die Miranda-waarskuwing in die Amerikaanse regstelsel.
- 1967 – Thurgood Marshall genomineer as regter vir die 'Supreme Court' in die VSA deur president Lyndon B. Johnson.
- 1967 – Die VN-sekuriteitsraad verwerp Moskou se eise dat die VN Israel se aggressie in die Sesdaagse Oorlog moet veroordeel.
- 1971 – Die New York Times publiseer die 'Pentagon Papers'.
- 1983 – Pioneer 10 word die eerste mensgemaakte voorwerp om die sonnestelsel te verlaat.
- 1985 – Die eerste uitgawe van die Suid-Afrikaanse koerant die Weekly Mail verskyn.
- 1992 – Die Aardeberaad begin in Rio de Janeiro.
- 2000 – Kim Dae Jung van Suid-Korea en Kim Jong II van Noord-Korea ontmoet.
Geboortes
wysig- 1580 – Willebrord Snellius, Nederlandse wiskundige en sterrekundige († 1626)
- 1761 – Anton Wranitzky, Tsjeggiese komponis († 1820).
- 1865 – William Butler Yeats, Ierse digter en dramaturg († 1939).
- 1860 – Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland, seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III († 1919).
- 1870 – Richard Stuttaford, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman († 1945).
- 1892 – Basil Rathbone, Suid-Afrikaanse akteur († 1967).
- 1917 – Augusto Roa Bastos, Paraguayaanse skrywer († 2005).
- 1922 – Etienne Leroux, Afrikaanse skrywer († 1989).
- 1933 – Verna Vels, Afrikaanse skryfster en omroeper († 2014).
- 1935 – Samak Sundaravej, Thaise premier († 2009).
- 1939 – Siegfried Fischbacher, Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid († 2021).
- 1947 – Danie Schutte, oud-Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister.
- 1951 – Richard Thomas, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger.
- 1963 – Félix Tshisekedi, Kongolese politikus, sedert Januarie 2019 president van die Demokratiese Republiek die Kongo.
- 1986 – Mary-Kate Olsen, Amerikaanse aktrise.
- 1986 – Thabo Bester, veroordeelde misdadiger bekend as die “Facebook-verkragter” en ontsnapper uit die Mangaung-gevangenis.
- 1989 – Mignon du Preez, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 1996 – Kodi Smit-McPhee, Australiese akteur.
Sterftes
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 13 June. |
- 1960 – Kenneth McArthur, Suid-Afrikaanse maratonatleet (* 1881).
- 1965 – Martin Buber, Oostenrykse-Israeliese-joodse godsdiensfilosoof (* 1878).
- 1971 – Charles Stallard, leier van die Dominiumparty (* 1871).
- 2012 – Dawid Kruiper, tradisionele leier van die Khomani San in die Kalahari (* 1935).
- 2015 – Darius Dhlomo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, akteur, bokser, musikant en politiese aktivis (* 1931).
- 2020 – Jean Raspail, Franse skrywer (* 1925).
- 2021 – Ned Beatty, Amerikaanse akteur (* 1937).