29 Julie
datum
(Aangestuur vanaf 07-29)
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
29 Julie is die 210de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (211de in skrikkeljare). Daar volg nog 155 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 370 – Keiser Valentianus verbied kerklikes en monnikke om weduwees en wese lastig te val oor gawes en erflatings.
- 1619 – Pous Paulus V stel Fernando de Austria, Infante van Spanje, seun van koning Philip III van Spanje aan as kardinaal.
- 1808 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) word gevange geneem deur die Franse magte omdat hy hom nie wou onderwerp aan Napoleon nie.
- 1833 – Pous Gregorius XVI stel Giacomo Monico, patriarg van Venesië en Filippo Giudice Caracciolo, Orat., aartsbiskop van Napels aan as kardinale.
- 1863 – Die Amerikaanse kaperskip CSS Alabama, onder kapt. Raphael Semmes, gaan in Saldanhabaai voor anker vir herstelwerk en proviand.
- 1925 – Werner Karl Heisenberg stel Kwantummeganika voor - vandag saam met die Relatiwiteitsteorie die grondslag van Fisika.
- 1947 – ENIAC, die wêreld se eerste geheel en al elektroniese digitale rekenaar, word vir die eerste keer aangeskakel – dit het in deurlopende gebruik gebly tot 2 Oktober, 1955.
- 1953 – Dit sneeu vir die eerste keer sedert 1927 in Springbok, Kaapprovinsie.
- 1954 – Die bopunt van die Himalaya piek K2 word vir die eerste keer deur 'n Italiaanse span bereik.
- 1954 – The Fellowship of the Ring die eerste deel van J. R. R. Tolkien se The Lord of the rings word vrygestel.
- 1957 – Die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) word gestig.
- 1960 – Die Mercury-kapsule word vir die eerste keer lanseer as deel van die Mercury-Atlas 1 vlug.
- 1968 – Pous Paulus VI hernu die verbod op geboortebeperking deur Rooms-Katolieke ten spyte van 'n kerkkommisie se aanbevelings.
- 1981 – Prins Charles en Lady Diana word in die huwelik bevestig.
- 1986 – Suid-Afrika is die hoofbesprekingspunt by die Organisasie van Afrika-eenheid-beraad, wat in Addis Abeba, Ethiopië begin.
- 1986 – Nadat President Samora Machel sedert die onafhanklikwording van Mosambiek in 1975 as President sowel as Eerste minister gefungeer het, word Mario da Graca Machungo as die land se Eerste premier ingehuldig.
- 2012 – Cameron van der Burgh van Suid-Afrika wen die goue medalje by die Olimpiese Somerspele 2012 in die 100 m borsslag.
Geboortes
wysig- 1867 – Berthold Oppenheim, rabbi († 1942).
- 1871 – Pietro Badoglio, Italiaanse soldaat en staatsman († 1956).
- 1881 – Gus McNaughton, Engelse akteur en skrywer († 1969).
- 1883 – Benito Mussolini, Italiaanse Diktator († 1945).
- 1885 – Theda Bara, Amerikaanse aktrise († 1955).
- 1892 – William Powell, Amerikaanse akteur († 1984).
- 1905 – Dag Hammarskjöld, Sweedse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 1961).
- 1927 – Harry Mulisch, Nederlandse skrywer († 2010).
- 1929 – Jean Baudrillard, Franse sosioloog, kultuurkritikus en filosoof († 2007).
- 1929 – Remco Campert, Nederlandse skrywer, digter en rubriekskrywer († 2022).
- 1942 – Tony Sirico, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1946 – Stig Blomqvist, Sweedse tydrenkampioen.
- 1952 – Patrick Soon-Shiong, Chinees-Suid-Afrikaanse oorplantingchirurg, filantroop en miljardêr-sakeman.
- 1981 – Fernando Alonso, Spaanse Formule Een-renjaer, tweemalige wêreldkampioen.
Sterftes
wysig- 1099 – Pous Urbanus II, die 159ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1035).
- 1644 – Pous Urbanus VIII, die 235ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1568).
- 1674 – Eva Krotoa, Khoi-vrou wat dien as speelmaat en kinderoppasser vir Maria van Riebeeck se kinders (* 1641).
- 1844 – Franz Xaver Wolfgang Mozart, Oostenrykse pianis en komponis (* 1791).
- 1856 – Robert Schumann, Romantiese komponis en pianis (* 1810).
- 1890 – Vincent van Gogh, Nederlandse skilder (* 1853).
- 1970 – John Barbirolli, Britse dirigent en tjellis (* 1899).
- 1974 – Cass Elliot, Amerikaanse sangeres (* 1941).
- 1979 – Herbert Marcuse, Duits-Amerikaanse filosoof, sosioloog en politieke teoretikus (* 1898).
- 1983 – David Niven, Britse akteur (* 1910).
- 1994 – Dorothy Crowfoot Hodgkin, Britse grondlegger van proteïen kristallografie (* 1910).
- 2000 – Kobie Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en Kabinetsminister (* 1931).
- 2015 – T.T. Cloete, Afrikaanse digter en letterkundige (* 1924).
- 2018 – Nellie du Toit, 'n Suid-Afrikaanse liriese sopraan (* 1929).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Faroëreilande – Ólavsøka.
- Feesdag van Pous Urbanus II in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 29 July. |