Welkom

wysig
Hallo AFM, hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia!
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van 'n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 801 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers 'n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om 'n bietjie houvas te kry voor mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? 'n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook 'n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy jou kiekies wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van 'n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so 'n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.

- Anrie (kontak) 14:53, 30 Mei 2010 (UTC)Beantwoord

Bloubok

wysig

Haai, AFM. Ek het uiteindelik verwysings na die Afrikaanse bloubok kon kry - die skakel is nou ook in die Heroldsbaai-artikel geplaas. Anrie (kontak) 14:49, 8 Junie 2010 (UTC)Beantwoord

Heroldsbaai

wysig

Haai, AFM. Verskoning dat ek jou nou eers kontak - die afgelope week was uiters besig en ek hou in sulke gevalle nie altyd daardie spesifieke e-posrekening goed dop nie. Om antwoord op jou vraag te gee: kategorisering word deur vrywilligers gedoen wat maar maak soos hulle goed dink en nie alle gebruikers is altyd van die beskikbare kategorieë bewus wanneer hulle 'n artikel kategoriseer nie. Sou dit miskien beter wees om beide artikels onder "Ontspanningsoorde" én "Nedersettings in die Wes-Kaap" te kategoriseer? Indien wel, is jy welkom om dit self te probeer, anders kan jy bloot 'n antwoord hier laat, dan doen ek dit op 'n latere stadium. Anrie (kontak) 13:02, 27 Julie 2010 (UTC)Beantwoord

Toorwater

wysig

Haai, AFM. Ek sien by jou artikel oor "Toorwater" dat jy twee bronne noem: Besoek aan die Rooms-Katolieke Kerk by Toorwater en SESA, vol.10. Jy is waarskynlik nie daarvan bewus nie, maar een van die vereistes van 'n geldige bron is dat dit gepubliseer moet wees, dus sal inligting wat mens tydens 'n besoek opgedoen het nie hieronder val nie. Dit is vir die oningeligte leser ook nie duidelik waarna "SESA" verwys nie - ek het op Google moes snuffel voordat ek van die "Standaard-Ensiklopedie van Suider-Afrika" geleer het. Ek neem aan dit is waarna jy verwys het en het dit só in die bronnelys gewysig - sal jy dit asb. in die toekoms voluit skryf? (En, indien dit nié na die "Standaard-Ensiklopedie van Suider-Afrika" verwys nie, asb. korrigeer!) Groete, Anrie (kontak) 13:09, 27 Julie 2010 (UTC).Beantwoord

Nederland & Nederlands ens.

wysig

Ek wens die mense wat artikels uit Nederlands na Afrikaans vertaal se beheersing van Afrikaans was beter. -- AFM (kontak) 20:18, 19 Oktober 2010 (UTC)Beantwoord

Bloukranspas

wysig

'n Goedbedoelde opmerking, wat jy natuurlik kan ignoreer as jy wil:
Die openingsparagrawe van artikels moet verkieslik (maar nie noodwendig) in eenvoudige taal geskryf word sodat selfs laerskoolkinders dit maklik kan lees en verstaan. Daarna kan meer komplekse samestellings gebruik word. Die doel hiervan is om die wiki vir 'n wyer gehoor toeganklik te maak. Groete. Anoniem

Kan jy asb die verwysing terugplaas? Oesjaar (kontak) 16:03, 15 Maart 2012 (UTC)Beantwoord
Bloukranspas is nie vertaal uit Nederlands nie, maar uit die Engelse bron soos aangegee in die verwysings. Oesjaar (kontak) 16:11, 15 Maart 2012 (UTC)Beantwoord

Hoekom verander jy aan Hottentots Hollandberge, 'n skakel wat werk? Oesjaar

Nuwe artikels

wysig

Dis nie duidelik uit jou artikels wat Wittewater‎, Goedverwacht, Beinbrechtbrug, Het Ziekenhuis, Oude Post is nie. Moontlik nedersettings, monumente of besienswaardighede? Ek vra maar net sodat ons hulle kan kategoriseer. Groete en dankie vir jou wonderlike bydraes. Anoniem

Hoba-meteoriet

wysig

En moes ongelukkig die ISBN vir "Afrikaanse Kinderensiklopedie, deel 8" verwyder omdat dit foutief is. Kan jy moontlik die regte ISBN naspoor? Groete. Frank (kontak) 19:28, 4 November 2015 (UTC)Beantwoord

Hallo

wysig

Hallo, kan jy help om hierdie artikels te danke verbeter: Amaro Pargo, Tenerife, Santa Cruz de Tenerife, San Cristóbal de La Laguna.--83.59.142.53 09:38, 29 Januarie 2016 (UTC)Beantwoord

Spasie na Kategorie:

wysig

'n Spasie na die dubbelpunt in kategorieë is ongelukkig 'n sintaksfout. Iets soos '[[Kategorie: Stellenbosch]]' is dus verkeerd, en moet na '[[Kategorie:Stellenbosch]]' verander word. Groete. Frank (kontak) 07:11, 30 Oktober 2016 (UTC)Beantwoord

St. Croix-eilande

wysig

Ek het verwys na Ngqura-hawe wat reeds bestaan wat jy iets anders genoem het! Groete! Oesjaar (kontak) 05:20, 11 November 2016 (UTC)Beantwoord

Sprinkaanplaag

wysig

Goeie artikel en broodnodig! Kan jy dit dalk by sprinkaan intrek? Groete! Oesjaar (kontak) 07:54, 12 Junie 2018 (UTC)Beantwoord

Skryfweek Maandag, 23 September 2019 – Sondag, 29 September 2019

wysig

Hallo, AFM, onthou asb. om onderwerpe te nomineer vir volgende week se skryfweek! Namibië loop tans voor, met Indonesië in die tweede plek! –K175 16:36, 22 September 2019 (UTC)Beantwoord

Bronnelys

wysig

Gebruiker:AFM, baie dankie vir al jou bydrae hier. Ek let egter op dat jy geen bronnelys beskikbaar maak nie. Ons vra jou samewerking hier, ons het ons kinderskoene ontgroei en moet begin fokus op kwaliteit, waarvan bronne een van die elemente is. Groete! Oesjaar (kontak) 08:29, 4 Februarie 2020 (UTC)Beantwoord

Klein-Brakrivier bestaan reeds

wysig

Hi @AFM:! 'n Artikel oor Klein-Brakrivier bestaan reeds by Klein-Brakrivier (Groot-Vis, lat -31.83, long 25.40). Ek skrap dus jou weergawe...Groete,   Aliwal2012 14:24, 28 Julie 2020 (UTC)Beantwoord

Bespreek asb voor jy drastiese veranderinge maak soos by Olifantsrivier en Doringrivier (Olifants, Wes-Kaap) --  Aliwal2012 21:36, 8 Augustus 2020 (UTC)Beantwoord

Oubergpas

wysig

@AFM:, ek stem nie saam met die ligging van die pas nie. Dit is in die Roggeveldberge. Loer asb daarna... Groete! Oesjaar (kontak) 15:14, 13 Januarie 2021 (UTC)Beantwoord

@Oesjaar: dit moet seker een vd vele dubbelsinnighede in Suid-Afrika wees! Die Cebuano-artikel se Googlekaart gee wel die Oubergpas aan as noord van Montagu. Groete,   Aliwal2012 16:17, 13 Januarie 2021 (UTC)Beantwoord
Dit is toe so: sien ceb:Oubergspas (dubbelsinnig). Een in die Noord-Kaap en een in die Wes-Kaap! Aliwal2012

Kareedouwpas

wysig

@AFM:, ek betwis die inligting oor die pas. Volgens ander bronne [1] is die pas op die R402 (Suid-Afrika). Help asb! Groete! Oesjaar (kontak) 07:16, 15 Januarie 2021 (UTC)Beantwoord

Magrieta Prinsloo-brug

wysig

@AFM:, volgens Google en ander artikels is die brug oor die Vaalrivier by Oranjeville. Loer asb na jou bronne. Groete! Oesjaar (kontak) 16:08, 5 Mei 2021 (UTC)Beantwoord

Stockholmteer‎

wysig

Dankie vir jou artikel, kan jy asb die bronne as skakels verskaf sodat ons dit kan nagaan? Groete! Oesjaar (kontak) 16:38, 24 Junie 2021 (UTC)Beantwoord

Translation request

wysig

Hello.

Can you translate and upload the article en:Geography of Azerbaijan in Afrikaans Wikipedia?

Yours sincerely, Multituberculata (kontak) 17:10, 24 Junie 2021 (UTC)Beantwoord

Maria van Riebeeck-standbeeld

wysig

Good afternoon from Amsterdam. This Maria van Riebeeck-standbeeld (statue) is not placed in the rotonde but next to it. It is placed in a park between the roads of Heerengracht crossing Hans Strijdom Avenue and Old Marine Drive. See the Dutch article for coördinates. Ceescamel (kontak) 12:32, 8 Maart 2022 (UTC)Beantwoord

Caledonrivier

wysig

@AFM: hoekom verwyder jy al 15 blou skakels by Caledonrivier? Dis nou 'n gemors man!   Aliwal2012 11:08, 16 Junie 2022 (UTC)Beantwoord

Faure, Suid-Afrika

wysig

Middag AFM, verskaf asb bronne of verwysings by jou nuwe artikel oor Faure. Ons wil graag weet waar jy die inligting oor bekende staatsamptenare, politici en predikante verkry het.

Groete,   Aliwal2012 10:03, 25 Februarie 2023 (UTC)Beantwoord

Help asb met die bronne hier! Groete! Oesjaar (kontak) 07:09, 19 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

Stettynsberge

wysig

@AFM:, het jy dalk toegang tot inligting vir die berge? Dan is die Kaapse Plooigordel volledig. Groete! Oesjaar (kontak) 06:33, 6 Julie 2023 (UTC)Beantwoord

@AFM:, my vraag is eenvoudig en die antwoord is voor die hand liggend, maar ek wil net seker maak: Stettynsberge = Stettynskloofberge? Groete! Oesjaar (kontak) 15:13, 26 November 2024 (UTC)Beantwoord
 

You have been a medical translators within Wikipedia. We have recently relaunched our efforts and invite you to join the new process. Let me know if you have questions. Best Doc James (talk · contribs · email) 12:34, 2 August 2023 (UTC)

Franschhoekberge

wysig

Gebruiker:AFM, is daar enige kans dat jy Franschhoekberge kan skep? Groete! Oesjaar (kontak) 20:03, 7 Augustus 2023 (UTC)Beantwoord

Hantamberge

wysig

Gebruiker:AFM, enige kans dat jy Hantamberge kan skep? Groete! Oesjaar (kontak) 10:46, 19 November 2024 (UTC)Beantwoord

Skipskop

wysig

@AFM:, jy verwys in jou artikel Skipskop na die Willem de Zwijger (skip) maar die jaartalle van vergaan verskil. Loer asb. Groete! Oesjaar (kontak) 19:39, 14 Desember 2024 (UTC)Beantwoord