14 Maart
datum
(Aangestuur vanaf Maart 14)
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
14 Maart is die 73ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (74ste in skrikkeljare). Daar volg nog 292 dae.
Gebeure
wysig- 1319 – Pous Johannes XXII publiseer die bul Ad ea quibus wat die Portugese orde van die Ridders van Christus instel.
- 1487 – Giovanni de' Medici (later Pous Leo X) word ab in commendam van die Monte Cassino klooster.
- 1588 – Pous Sixtus V verklaar St. Bonaventure tot doktor van die Kerk.
- 1590 – Henri van Navarre en die Hugenote verslaan die magte van die Katolieke Bond onder die Duc de Mayenne in die Slag van Ivry.
- 1644 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX) word titulêr aartsbiskop van Tarsus.
- 1676 – Goewerneur IJsbrand Godske van die Kaap de Goede Hoop word opgevolg deur Kommandeur Johan Bax van Herenthals.
- 1794 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word as nuntius verplaas na Keulen maar moet weens die oorlog sy intrek in Augsburg neem.
- 1794 – Eli Whitney patenteer die pluismeul.
- 1800 – Pous Pius VII volg Pous Pius VI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1943 – Die Britse duikboot, HMS Thunderbolt, die voormalige HMS Thetis, word vir die tweede en laaste keer gesink.
- 1964 – Jack Ruby word skuldig bevind van die moord op Lee Harvey Oswald.
- 1975 – Die Suid-Afrikaner John van Reenen stel 'n nuwe wêreldrekord op in diskusgooi.
- 1982 – 'n Bom ontplof in die ANC se kantore in Londen.
- 1984 – Gerry Adams, leier van Sinn Féin, word ernstig gewond in 'n sluipmoordpoging in Belfast, Noord-Ierland.
- 1991 – Die "Birmingham Ses", te vore verkeerdelik aan moord en bomaanvalle op kroeë in Birmingham, Engeland skuldig bevind, word na 14 jaar in die tronk vrygelaat.
Geboortes
wysig- 1875 – Norman O'Neill, Britse dirigent en komponis († 1934).
- 1878 – Alexander du Toit, Suid-Afrikaanse geoloog († 1948).
- 1879 – Albert Einstein, Duitse fisikus en ontvanger van die Nobelprys vir Fisika in 1921 († 1955).
- 1887 – Charles Reisner, Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer († 1962).
- 1901 – Sid Atkinson, Suid-Afrikaanse atleet († 1977).
- 1928 – Frank Borman, Amerikaanse Apollo 8-ruimtevaarder († 2023).
- 1931 – George Bartlett, Suid-Afrikaanse landbou-ingenieur en politikus († 2010).
- 1933 – Quincy Jones, Amerikaanse plate- en TV-vervaardiger, dirigent en liedjieskrywer († 2024).
- 1934 – Eugene Cernan, Amerikaanse ruimtevaarder († 2017).
- 1937 – Peter van der Merwe, Suid-Afrikaanse krieketkaptein († 2013).
- 1938 – Elsabe Steenberg, Suid-Afrikaanse skrywer († 1996).
- 1986 – Jamie Bell, Engelse akteur.
Sterftes
wysig- 840 – Einhard, Frankiese geleerde, kunsdeskundige en skrywer (* circa 770).
- 1883 – Karl Marx, Duitse filosoof, ekonoom, sosioloog en joernalis (* 1818).
- 1932 – George Eastman, Amerikaanse uitvinder (* 1854).
- 1943 – P.C. Boutens, Nederlandse digter en klassikus (* 1870).
- 1946 – Werner von Blomberg, Duitse veldmaarskalk (* 1878).
- 2007 – Gareth Hunt, Britse akteur (* 1942).
- 2010 – Peter Graves, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1926).
- 2017 – Henno Cronjé, predikant en Afrikaanse skrywer.
- 2018 – Stephen Hawking, Britse fisikus en skrywer (* 1942).
- 2019 – Charlie Whiting, Britse Formule 1 en motorsportadministrateur (* 1952).
- 2023 – Gloria Bosman, Suid-Afrikaanse sangeres (* 1973).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Nuwejaarsdag (Sikhisme)
- Witdag in Japan
- Pi-dag
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 14 Maart. |