22 April
datum
(Aangestuur vanaf 04-22)
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
22 April is die 112de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (113de in skrikkeljare). Daar volg nog 253 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 1056 – Waarneming van 'n supernova in die Kreef nebula.
- 1073 – Pous Gregorius VII volg Pous Alexander II op.
- 1121 – Teenpous Gregorius VIII word afgesit.
- 1418 – Die konsilie van Konstanz, waarmee die Westerse Skisma beëindig is, sluit af.
- 1500 – Portuguese seevaarder Pedro Alvares Cabral word die eerste Europese persoon om Brasilië te aanskou ("ontdek").
- 1509 – Henry VIII bestyg die troon van Engeland na die dood van sy vader.
- 1529 – Verdrag van Saragossa verdeel die westelike halfrond tussen Spanje en Portugal: die verdelingslyn is 297.5 seemyl wes van die Molukke. Spanje verkry monetêre kompensasie van Portugal in ruil vir meer teritoriale gebied as wat gespesifiseer was in die vorige verdrag.
- 1629 – Pous Urbanus VIII verklaar André Corsini heilig.
- 1754 – Pous Benedictus XIV stel Antonino Sersale, aartsbiskop van Napels aan as kardinaal.
- 1819 – Die Slag van Grahamstad vind plaas.
- 1836 – Texaanse Onafhanklikheidsoorlog: 'n Dag na die Slag van San Jacinto, neem magte van Texas se generaal Sam Houston die Meksikaanse generaal Antonio Lopez de Santa Anna gevange.
- 1864 – Die Kongres van die Verenigde State bepaal met die Coinage Act of 1864 dat die woorde "In God We Trust" op alle munte van die VSA-geldeenheid gedruk moet word.
- 1889 – Oklahoma land rush: President Benjamin Harrison open Oklahoma vir wit besetting.
- 1898 – Spaans-Amerikaanse Oorlog: Die Amerikaanse Vloot begin 'n blokkade van Kubaanse hawens en die USS Nashville neem beleg van 'n Spaanse handelskip.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Tweede Slag van Ypres - Duitse troepe gebruik gifgas by Ypres, België.
- 1930 – Die Verenigde Koninkryk, Japan en die Verenigde State teken die London Naval Treaty wat duikbootoorlogvoering reguleer en skeepsbou beperk.
- 1943 – Albert Hofmann skryf sy eerste verslag oor die hallusinogene eienskappe van LSD.
- 1954 – VSA-senator Joseph McCarthy begin verhore om die Amerikaanse Leër te ondersoek oor kommunisme.
- 1970 – Eerste Aardedag gevier.
- 1993 – Die Holocaust-gedenkmuseum word in Washington, D.C., VSA ingewy.
- 1993 – Vrystelling van Mosaic weergawe 1.0.
Geboortes
wysig- 1610 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII), 241ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1691).
- 1724 – Immanuel Kant, Duitse filosoof († 12 Februarie 1804).
- 1844 – Andries Stockenstrom, regter en Prokureur-generaal († 1880).
- 1870 (N.S.) – Wladimir Lenin, Russiese rewolusionêr, staatsleier († 1924).
- 1904 – Robert Oppenheimer, Amerikaanse teoretiese fisikus († 1967).
- 1905 – Abraham Jonker, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en joernalis († 1966).
- 1916 – Yehudi Menuhin, Amerikaanse violis († 1999).
- 1922 – Eghard van der Hoven, Suid-Afrikaanse akteur en hoof van Truk († 2006).
- 1922 – Charles Mingus, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis († 1979).
- 1926 – Charlotte Rae, Amerikaanse aktrise. († 2018).
- 1935 – Mac Maharaj, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en politikus van Indiese oorsprong.
- 1935 – Jerry Fodor, Amerikaanse filosoof († 2017).
- 1937 – Jack Nicholson, Amerikaanse akteur.
- 1950 – Peter Frampton, Britse musikant.
- 1952 – Marilyn Chambers, Amerikaanse erotiese aktrise († 2009).
- 1977 – Robbie Hunter, Suid-Afrikaanse fietsryer.
- 1985 – Sam Altman, Amerikaanse entrepreneur, belegger en programmeerder.
- 1986 – Amber Heard, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1992 – Rolene Strauss, die 2014 Mejuffrou Suid-Afrika en Mej. Wêreld.
- 1992 – Schalk Bezuidenhout, komediant en akteur.
Sterftes
wysig- 282 – Pous Maksimus van Alexandrië 15de patriarg van die Kerk in Alexandrië (* onbekend).
- 283 – Pous Gajus, die 28ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 536 – Pous Agapetus I, die 57ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1984 – Ansel Adams, Amerikaanse fotograaf (* 1902).
- 1988 – Irene Rich, Amerikaanse aktrise (* 1891).
- 1923 – D.F. du Toit, Oom Lokomotief, stigterslid van die GRA (* 1846).
- 1993 – Dr. Andries Treurnicht, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister, koerantredakteur en predikant (* 1921).
- 1994 – Richard Nixon, 37ste President van die Verenigde State (* 1913).
- 2000 – Margaret Singana, Suid-Afrikaanse sangeres (* 1838).
- 2002 – Linda Lovelace, Amerikaanse pornografiese aktrise (* 1949).
- 2005 – Gregoire Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1909).
Vakansies en Feesdae
wysig- Aardedag
- Feesdag van Pous Soter van die Rooms-Katolieke Kerk.
- Feesdag van Pous Gajus van die Rooms-Katolieke Kerk in die Ortodokse Kerk is dit op 11 Augustus.
- Feesdag van Pous Dionisius in Frankryk en Ausburg (die res van die Rooms-Katolieke Kerk vier dit op 26 Desember).
- Feesdag van Pous Agapetus I in die Ortodokse Kerk. Die Rooms-Katolieke Kerk vier dit op 20 September.
- Feesdag van Pous Maksimus van Alexandrië in die Kopties-Ortodokse Kerke.