3 Mei
datum
(Aangestuur vanaf 05-03)
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
3 Mei is die 123ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (124ste in skrikkeljare). Daar volg nog 242 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 996 – Bruno, graaf van Karinthië word gekies tot Pous Gregorius V. Hy word beskou as die eerste Duitse pous. Hy volg Pous Johannes XV op.
- 1328 – Die Engelse Parlement bekragtig die Edinburg-ooreenkoms tussen enersyds Koningin Isabelle de France († 1358) en Roger Mortimer en andersyds die Skotse koning, Robert I, wat die onafhanklikheid van Skotland van Engeland "vir ewig" waarborg.
- 1382 – Slag op die Beverhoutsveld tussen die burgers van Gent onder Filips van Artevelde en die Franse onder Lodewijk van Male.
- 1494 – Christopher Columbus ontdek die eiland Jamaika tydens sy tweede vaart na Amerika. Die Spanjaarde doop die eiland Santiago.
- 1527 – Pous Clemens VII stel 5 nuwe kardinale aan, almal uit Italië.
- 1660 – Die Verdrag van Oliva beëindig die Lyflandse-oorlog. Dit versterk die status Swede onder Karel XI as 'n groot moondheid. Die Poolse koning Johannes II Casimir bevestig die onafhanklikheid van die Hertogdom Pruise van Pole-Litaue.
- 1791 – Die eerste geskrewe grondwet van Europa tree in werking in Pole. Die "Adelsrepubliek" van Pole-Litaue is 'n unitêre staat, wat deur sy absolutistiese bure as 'n bedreiging beskou word.
- 1808 – Die Sveaborg-vesting word deur Swede afgestaan aan Rusland, gedurende die Finse Oorlog.
- 1808 – Die Franse laat 40 van die deelnemers aan die Madrid-opstand in die openbaar teregstel. Ses jaar later verewig Francisco de Goya die gebeurtenis in sy bekende skildery Die teregstelling van die opstandiges.
- 1810 – Lord Byron swem die Hellespont.
- 1811 – Die Beleg van Tarragona op die Iberiese Skiereiland word deur die Franse Weermag begin tydens die Napoleontiese oorloë.
- 1815 – Die moondhede Oostenryk, Pruise en Rusland besluit op die Kongres van Wene om die Republiek van Krakau te stig.
- 1824 – Pous Leo XII stel Giovanni Battista Bussi, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer en Bonaventura Gazzola, O.F.M.Ref., biskop van Montefiascone aan as kardinale.
- 1860 – Karel XV van Swede-Noorweë gekroon as Koning van Swede
- 1909 – Duitsland promulgeer wetgewing ("Gesetz über den Verkehr mit Kraftfahrzeugen") waardeur vir die eerste keer een bestuurslisensie vir die hele Duitsland uitgereik word.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Italië verbreek sy bondgenootskap met Duitsland en Oostenryk-Hongarye en verklaar op 23 Mei oorlog aan die Donoumonargie.
- 1916 – Engeland begin om die leiers van die Paasopstand in Ierland, insluitend Patrick Pearse in die Kilmainham Tronk in Dublin tereg te stel.
- 1934 – Die Franse Vloot neem die Surcouf, die wêreld se grootste duikboot van sy tyd, in diens.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Japannese eenhede land op die eiland Tulagi in die Stille Oseaan om 'n logistieke basis te bou. Vier dae later begin die Slag van die Koraalsee.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde bomwerpers val drie Duitse passasierskepe buite Lübeck aan wat gevangenes uit die konsentrasiekamp Neuengamme vervoer. 7000 gevangenes sterf tydens die aanval. Britse magte verower sonder teenstand die Duitse stad Hamburg.
- 1956 – Eerste Wêreldkampioenskap in judo gehou.
- 1971 – Erich Honecker word aangestel as Eerste Sekretaris van die Sentrale Komitee van die Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland.
- 1979 – Margaret Thatcher se Konserwatiewe Party wen die parlementsverkiesing vir die eerste keer ná 18 jaar.
- 1991 – Die Verklaring van Windhoek word onderteken.
- 1998 – Wim Duisenberg word benoem tot eerste voorsitter van die Europese Sentrale Bank.
- 2006 – 'n Airbus A320 passasiersvliegtuig van Armavia, 'n Armeense lugredery, stort tydens slegte weer in die Swartsee neer. Al 113 insittendes kom om.
- 2008 – Prinses Margarita van die Nederlande trou met die regsgeleerde Tjalling ten Cate.
Geboortes
wysig- 612 – Konstantyn III, Keiser in Bisantynse Ryk († 641).
- 1455 – Johann II, Portugese koning.
- 1469 – Niccolò Machiavelli, historikus en politiese skrywer († 1527).
- 1678 – Amaro Pargo, Spaanse kaper en handelaar († 1747).
- 1845 – Iwan Tsjerski, Pools-Russiese geoloog en geograaf († 1892).
- 1849 – Bertha Benz, Duitse motorkarpionier en vrou van Karl Benz († 1944).
- 1898 – Golda Meir, Israelse diplomaat, politikus en premier († 1978).
- 1902 – Jack La Rue, Amerikaanse akteur († 1984).
- 1903 – Bing Crosby, Amerikaanse akteur en sanger († 1977).
- 1919 – Pete Seeger, Amerikaanse folksanger en aktivis († 2014).
- 1926 – Ann B. Davis, Amerikaanse aktrise, The Brady Bunch († 2014).
- 1930 – Martiens Bekker, Springbokrugbyspeler († 1971).
- 1933 – James Brown, Amerikaanse musikant, sanger en liedjieskrywer († 2006).
- 1941 – Kornel Morawiecki, Poolse politikus en teoretiese fisikus († 2019).
- 1965 – Michail Prochorof, Russiese sakeman en miljardêr.
- 1977 – Maryam Mirzakhani, Irannese wiskundige († 2017).
- 1996 – Noah Munck, Amerikaanse akteur en platejoggie.
- 2001 – Rachel Zegler, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
wysig- 115 – Pous Alexander I, die sesde pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1270 – Béla IV van Hongarye, koning van Hongarye (1235-1270).
- 1410 – Teenpous Alexander V (* 1339).
- 1481 – Mehmet II, sultan van die Osmaanse Ryk (* 1432).
- 1459 – Erik van Pommere/ Erik VII, koning van Noorweë (1389–1442), Denemarke (1396–1439) en Swede (1396–1439) (* 1381/1382).
- 1707 – Michiel de Swaen, Nederlandse snydokter (* 1654).
- 1758 – Pous Benedictus XIV, die 247ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1675).
- 1920 – Nettie Bredell, 'n kleindogter van pres. Paul Kruger (* 1877).
- 2007 – Wally Schirra, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1923).
- 2020 – Ömer Döngeloğlu, Turkse teoloog, skrywer en TV-aanbieder. (* 1968).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Alexander I van die Rooms-Katolieke Kerk.
- Wêreld Persvryheidsdag