31 Augustus
datum
(Aangestuur vanaf 08-31)
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
31 Augustus is die 243ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (244ste in skrikkeljare). Daar volg nog 122 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1492 – Pous Alexander VI stel sy eerste kardinaal aan, sy neef Juan de Borja Lanzol de Romani, aartsbiskop van Monreale.
- 1522 – Pous Adrianus VI word gekroon deur kardinaal Marco Comaro.
- 1552 – Pous Julius III stig die Collegium Germanicum.
- 1888 – Jack the Ripper eis sy eerste slagoffer.
- 1920 – Die eerste radio nuusuitsending word in Detroit, Michigan gemaak.
- 1923 – Ruanda-Urundi word 'n Belgiese protektoraat.
- 1929 – Die spoorlyn tussen Messina en Beitbrug word geopen.
- 1939 – Duitse troepe val 'n Duitse radiostasie aan vermom as Poolse troepe, wat lei tot die Duitse Inval van Pole.
- 1955 – 'n VN bemiddelde skietstilstand met Israel oor die Gasa-grensgeskil word deur Egipte aanvaar.
- 1957 – Die Federasie van Maleia word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk na 'n middernagtelike oorhandigingseremonie.
- 1962 – Trinidad en Tobago word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1977 – Ian Smith se regerende Rhodesian Front wen al 50 setels wat vir wit kiesers gereserveer word in die Rhodesiese algemene verkiesing en verslaan die reggesindes wat van die party afgeskei het om die Rhodesian Action Party te vorm beslissend.
- 1991 – Kirgisië word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 1992 – Pascal Lissouba word ingehuldig as president van die Republiek van Kongo na 'n veelparty presidensiële verkiesing en beëindig daarmee 'n lang tydperk van eenparty-marxistiese regering.
- 1994 – Die Ierse Republikeinse Leër kondig 'n algehele staking in militêre optrede aan na 25 jaar van bomaanval- en sluipmoordgeweld.
- 1997 – Prinses Diana van Wallis sterf in 'n motorongeluk in Parys, Frankryk.
- 2006 – Neotel, die tweede verskaffer van vastelyntelekommunikasiedienste in Suid-Afrika en Telkom se eerste mededinger, word in Johannesburg bekendgestel.
- 2023 – 'n Brand verswelg 'n gebou in Marshalltown, Johannesburg, 73 mense sterf en 52 ander word beseer.
Geboortes
wysig- 12 – Caligula, keiser van die Romeinse Ryk († 41).
- 161 – Commodus, Romeinse keiser († 192).
- 1863 – Johannes Egbertus Vixseboxse, Nederlands-gebore Suid-Afrikaanse argitek en bouaannemer († 1943).
- 1880 – Wilhelmina, koningin van Nederland († 1962).
- 1897 – Fredric March, Amerikaanse akteur († 1975).
- 1907 – Ramon Magsaysay, Filippynse politikus en president († 1957).
- 1928 – James Coburn, Amerikaanse akteur († 2002).
- 1934 – Raymond Buckland, Brits-gebore Amerikaanse skrywer († 2017).
- 1937 – Christo Viljoen, Suid-Afrikaanse ingenieur, akademikus en die "Vader van die Tegnopark" († 2023).
- 1957 – Rachelle Greeff, Afrikaanse joernalis en skrywer.
- 1960 – Hassan Nasrallah, Libanese geestelike en die sekretaris-generaal van Hezbollah († 2024).
- 1970 – Debbie Gibson, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 1971 – Wadim Repin, Russiese violis.
- 1984 – Charl Schwartzel, Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler.
Sterftes
wysig- 1056 – Theodora, keiser van die Bisantynse Ryk (* 980).
- 1422 – Hendrik V van Engeland, koning van Engeland (* 1387).
- 1739 – Petrus Kalden, die 13de predikant wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika sterf (* 1670).
- 1814 – Arthur Phillip, die eerste goewerneur van Nieu-Suid-Wallis en stigter van die nedersetting wat tans Sydney heet (* 1738).
- 1929 – Lourens Geldenhuys, baanbreker van die Witwatersrand en 'n politikus van die Suid-Afrikaanse Party (* 1864).
- 1948 – Andrei Zhdanov, Sowjetleier en kulturele ideoloog (* 1896).
- 1977 – Sid Atkinson, Suid-Afrikaanse atleet (* 1901).
- 1979 – Sally Rand, Amerikaanse burleskdanser (* 1904).
- 1980 – Chris Burger, heelagter van die WP, sterf nadat hy sy nek die vorige dag in 'n rugbywedstryd teen die Vrystaat gebreek het (* 1952).
- 1993 – Siegfried Schürenberg, Duitse akteur (* 1900).
- 1997 – Prinses Diana van Wallis (* 1961).
- 1998 – Gerhard Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1913).
- 2014 – Ollie Viljoen, Afrikaanse musikant, storieverteller, TV-regisseur en aanbieder van RSG se vastrap-program (* 1939).
- 2018 – Marinus Wiechers, Suid-Afrikaanse regskundige en grondwetkenner (* 1937).
- 2021 – Kebby Maphatsoe, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* onbekend).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 31 August. |