4 September
datum
(Aangestuur vanaf 09-04)
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
4 September is die 247ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (248ste in skrikkeljare). Daar volg nog 118 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 476 – Romulus Augustus, die laaste keiser van die Wes-Romeinse Ryk, word afgesit en Odoaker word as koning van Rome gekroon.
- 1261 – Pous Urbanus IV word gekroon.
- 1483 – Pous Sixtus IV publiseer die bul "grave nimis" oor Maria se Onbevlekte Ontvangenis.
- 1556 – Antonio Ghislieri (later Pous Pius V) word biskop van Sutri en Nepi.
- 1781 – Los Angeles word gestig as El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Ángeles del Río de Porciúncula deur 44 Spaanse setlaars.
- 1870 – Frankryk se Derde Republiek word uitgeroep.
- 1888 – Uitvinder George Eastman registreer die handelsmerk Kodak (fotografie en beeldreproduksie).
- 1957 – Little Rock-krisis: Die goewerneur van Arkansas in die VSA probeer nege swart kinders verhoed om die Little Rock Central High School by te woon in weerwil van 'n VSA-hooggeregshofbevel.
- 1974 – Die VSA vestig diplomatieke betrekkinge met Oos-Duitsland.
- 1989 – Tydens die eerste Maandagbetoging in Leipzig eis sowat 1200 betogers reis-, persvryheid en vryheid van vergadering.
- 2008 – Die laaste uitgawe van die onafhanklike weekblad vir die Weskusstreek, Swartland en Weskus Herald, verskyn op Vredendal in Suid-Afrika.
- 2016 – Moeder Teresa word deur Pous Franciskus heilig verklaar.
- 2022 – Pous Johannes Paulus I word deur Pous Franciskus salig verklaar.
Geboortes
wysig- 1383 – Amadeus VIII, hertog van Savoje, later Teenpous Felix V († 1451).
- 1596 – Constantijn Huygens, 'n digter, komponis, argitek, diplomaat en geleerde van die Nederlandse Goue Eeu († 1687).
- 1746 – Friedrich Ludwig Benda, Duitse violis en komponis († 1792)
- 1908 – Ds. Thomas Duncan Moodie, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, onder meer op Melsetter, die dorp wat sy oupa gestig het († 1978).
- 1917 – Henry Ford II, president van die Ford Motormaatskappy († 1987).
- 1923 – Gideon Joubert, 'n Suid-Afrikaanse verslaggewer en skrywer († 2010).
- 1925 – Leo Apostel, Belgiese filosoof († 1995).
- 1926 – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog († 2002).
- 1937 – Pieter Kooij,'n Suid-Afrikaanse pianis, musiekonderwyser en -resensent († 2018).
- 1964 – René Pape, Duitse opera bassanger.
- 1973 – Jason David Frank, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1981 – Beyoncé Knowles, Amerikaanse popsangeres.
Sterftes
wysig- 422 – Pous Bonifatius I, die 42ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1903 – Daantjie van den Heever, Hollandse taalstryder en lid van die Kaapse Parlement (* 1838).
- 1907 – Edvard Grieg, Noorse komponis (* 1843).
- 1961 – Isidore Fattal, biskop in Libanon en Sirië (* 1886).
- 2006 – Steve Irwin, Australiese wildkenner, TV-persoonlikheid en omgewingsbewaarder (* 1962).
- 2010 – Fanie Botha, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Waterwese en Bosbou (*1922).
- 2014 – Gerrit Kouwenaar, Nederlandse skrywer, digter, joernalis en vertaler. (* 1923).
- 2019 – Karl-Heinz Zimmer, Duitse politikus (* 1937).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Op 4 September word 'n tradisie uitgevoer waarin mense kaalvoet van Palermo tot by Mount Pellegrino loop ter nagedagtenis van Sint Rosalia.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 September. |