27 Desember
datum
(Aangestuur vanaf 12-27)
<< | Desember 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
27 Desember is die 361ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (362ste in skrikkeljare). Daar volg nog 4 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 418 – Teenpous Eulalius begin sy pontifikaat.
- 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Francis Solano, Johannes van die Kruis en Peregrine Laziosi heilig.
- 1831 – Charles Darwin verlaat Plymouth aan boord HMS Beagle op wat 'n geskiedkundige ekspedisie sou word.
- 1838 – Die Slag van die Opatikloof vind plaas, 11 dae na die Slag van Bloedrivier.
- 1934 – Die Brits-Amerikaanse renjaer Whitney Straight wen Suid-Afrika se eerste Grand Prix by Oos-Londen met 'n Maserati 8CM.
- 1945 – Die Wêreldbank word ná 'n ooreenkoms tussen 28 nasies gestig.
- 1949 – Koningin Juliana van Nederland staan soewereiniteit aan Indonesië toe.
- 1958 – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word biskop van Vittorio Veneto.
- 1968 – Die Amerikaanse ruimtetuig Apollo 8 voer die eerste bemande omwenteling van die Maan uit.
- 1978 – Spanje word 'n demokrasie ná 40 jaar van diktatorskap.
Geboortes
wysig- 1571 – Johannes Kepler, Duitse wiskundige en sterrekundige († 1630).
- 1654 – Jacob Bernoulli, Switserse wiskundige en wetenskaplike († 1705).
- 1734 – Nicolaas Laurens Burman, Nederlandse botanis († 1793)
- 1822 – Louis Pasteur, Franse skeikundige († 1895).
- 1862 – Anton van Wouw, Suid-Afrikaanse beeldhouer († 1945).
- 1901 – Marlene Dietrich, Duits-Amerikaanse aktrise († 1992).
- 1923 – Lucas Mangope, Suid-Afrikaanse politikus en president van die onafhanklike Bantoestan Bophuthatswana (1977–1994) († 2018).
- 1930 – Ampie Muller, akademikus en omroeper († 2019).
- 1936 – Ena Murray, Afrikaanse skryfster († 2015).
- 1944 – Makhenkesi Stofile, Suid-Afrikaanse politikus († 2016).
- 1956 – Ben-Erik van Wyk, Suid-Afrikaanse botanikus.
- 1961 – Guido Westerwelle, Duitse politikus († 2016).
- 1965 – Salman Khan, Indiese akteur en rolprentvervaardiger.
Sterftes
wysig- 1805 – Isabelle de Charrière, Nederlandse en Switserse skrywer (* 1740).
- 1838 – Alexander Biggar, Britse Setlaar en soldaat (* 1781).
- 1923 – Alexandre Gustave Eiffel, Franse ingenieur; bouer van die Eiffeltoring in Parys (* 1832).
- 1978 – Houari Boumediène, rewolusionêr en tweede President van Algerië (* 1932).
- 1978 – Alexandre Deulofeu, Spaanse politikus en bekend vir sy sikliese teorie oor die evolusie van beskawings (* 1903).
- 2007 – Benazir Bhutto, Pakistanse politikus (* 1953).
- 2015 – Randall Wicomb, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. (* 1949).
- 2016 – Annanias Mathe, Mosambiekse reeksverkragter en gewapende rower (* 1976).
- 2016 – Carrie Fisher, Amerikaanse aktrise (* 1956).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Maksimus van Alexandrië in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 Desember. |