17 Februarie
datum
(Aangestuur vanaf 02-17)
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
17 Februarie is die 48ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 317 dae in die res van die jaar (318 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 1448 – Pous Nicolaas V sluit die konkordaat van Wenen met Frederik III van Duitsland.
- 1755 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word kardinaal-priester van S. Marco.
- 1838 – 'n Groot aantal Voortrekkers sterf in 'n Zoeloeaanval langs die Blaukraansrivier, naby wat nou Weenen is.
- 1854 – Brittanje erken die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat, die hedendaagse Vrystaat, in Suid-Afrika.
- 1895 – Die volle ballet Swanemeer word vir die eerste keer in Sint Petersburg, Rusland, opgevoer met musiek deur Tsjaikofski.
- 1939 – Prof. J.L.B. Smith ondersoek die eerste maal die selakant wat sewe weke tevore aan Marjorie Courtenay-Latimer oorhandig is.
- 1947 – Die Britse koninklike familie begin in Kaapstad met hul toer van Suidelike Afrika.
- 1979 – Ongeveer 120 000 manskappe van die Volksbevrydingsleër van die Volksrepubliek China gaan noordelike Viëtnam binne en begin daarmee die Chinees-Viëtnamese Oorlog.
- 1989 – Algerië, Libië, Marokko, Mauritanië en Tunisië stig die Unie van die Arabiese Maghreb.
- 2008 – Kosovo verklaar onafhanklikheid van Serwië.
Geboortes
wysig- 1653 – Arcangelo Corelli, Italiaanse komponis († 1713).
- 1699 – Georg Wenzeslaus von Knobelsdorff, Duitse argitek en skilder († 1753).
- 1798 – Auguste Comte, Franse wiskundige en filosoof († 1857).
- 1820 – Henri Vieuxtemps, Belgiese komponis en violis († 1881).
- 1885 – Romano Guardini, Duitse katolieke priester, teoloog en filosoof († 1968).
- 1898 – Gregor Wentzel, Duitse fisikus († 1978).
- 1925 – Hal Holbrook, Amerikaanse akteur († 2021).
- 1936 – Jim Brown, 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, voetbalspeler en regisseur († 2023).
- 1951 – Patricia de Lille, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1952 – Garry Chalk, Engelse akteur.
- 1961 – Meir Kessler, Israelse rabbi.
- 1961 – Andrei Korotajef, Russiese antropoloog, historikus en ekonoom.
- 1981 – Paris Hilton, Amerikaanse sosiale persoonlikheid.
- 1984 – AB de Villiers, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1993 – Kai Luke Brümmer, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1996 – Sasha Pieterse, Suid-Afrikaansgebore Amerikaanse aktrise, en vervaardiger.
Sterftes
wysig- 364 – Jovianus, Romeinse keiser (* 331).
- 1600 – Giordano Bruno, Italiaanse filosoof, wiskundige en astronoom (tereggestel:op die brandstapel) (* Januarie 1548).
- 1612 – Patriarg Hermogenes van Moskou, Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* 1530).
- 1673 – Molière, Franse dramaturg (* 1622).
- 1982 – Thelonious Monk, Amerikaanse jazzpianis en -komponis (* 1917).
- 1973 – Leonore Veenemans, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1935).
- 1997 – Berta Smit, Suid-Afrikaanse uitgewer en Afrikaanse skrywer (* 1926).
- 2007 – Jurga Ivanauskaitė, Litause skrywer, essayis, toneelskrywer, skilder en digter (* 1961).
- 2020 – Ja'Net DuBois, Amerikaanse aktrise (* 1932).
- 2024 – Mike Procter, Suid-Afrikaanse krieketkaptein en keurder (* 1946).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 17 February. |