3 Maart
datum
(Aangestuur vanaf 03-03)
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
3 Maart is die 62ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (63ste in skrikkeljare). Daar volg nog 303 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 468 − Pous Simplicius volg Pous Hilarius op.
- 1200 − Pous Innocentius III verklaar keiserin Cunegonde heilig.
- 1326 − Jacques Fournier (later Pous Benedictus XII) word biskop van Mirepoix in Ariège.
- 1363 − Pous Urbanus V ekskommunikeer Bernabò Visconti.
- 1431 − Pous Eugenius IV (Gabriele Condulmer) volg Pous Martinus V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1533 − Pous Clemens VII stel Jean d'Orleans-Longueville, aartsbiskop van Toulouse aan as kardinaal.
- 1577 − Pous Gregorius XIII stel Albrecht van Oostenryk, seun van keiser Maximiliaan, aan as kardinaal.
- 1599 − Pous Clemens VIII stel dertien nuwe kardinale aan waaronder sy familielid Bonifazio Bevilacqua Aldobrandini.
- 1845 – Florida word die 27ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1878 − Met die Verdrag van San Stefano, wat die Russies-Turkse Oorlog beëindig, word Bulgarye 'n selfregerende prinsdom in die Ottomaanse Ryk.
- 1918 − Rusland teken die Verdrag van Brest-Litovsk met die Sentrale magte en beëindig sy deelname aan die Eerste Wêreldoorlog wat sonder opset lei tot onafhanklikheid vir Finland, Estland, Letland, Litaue en Pole.
- 1958 − Nuri as-Said word vir die 14de keer Eerste Minister van Irak.
- 1959 – Die onbemande Amerikaanse ruimtetuig, Pioneer 4 word lanseer.
- 1969 – Apollo 9 word gelanseer.
- 1972 – Pioneer 10 word gelanseer.
- 1974 – Turkish Airlines, vlug 981, 'n McDonnell Douglas DC-10 stort neer buite Parys, Frankryk.
- 2009 – Die veroordeelde sakeman Schabir Shaik word op mediese parool vrygelaat, nadat hy slegs twee jaar en vier maande van sy vyftien jaar vonnis uitgedien het.
Geboortes
wysig- 1455 – Johan II, koning van Portugal († 1495).
- 1823 – Dirkie Uys, kinderheld en seun van Voortrekkerleier Piet Uys († 1838).
- 1847 – Alexander Graham Bell, Skotse wetenskaplike en uitvinder († 1922).
- 1868 – Joel Krige, 'n Speaker van die Unie van Suid-Afrika († 1933).
- 1906 – Lou Costello, Amerikaanse akteur († 1959).
- 1911 – Jean Harlow, Amerikaanse aktrise († 1937).
- 1913 – Harold J. Stone, Amerikaanse akteur († 2005).
- 1919 – Peter Henry Abrahams, Suid-Afrikaanse romanskrywer, digter, joernalis en politieke kommentator († 2017).
- 1920 − James Doohan, Kanadese akteur (Montgomery Scott of "Scotty" in die TV-reeks Star Trek) († 2005).
- 1921 – Diana Barrymore, Amerikaanse aktrise († 1960).
- 1921 − Jurie Ferreira, Afrikaanse sanger († 2002).
- 1947 − Carike Keuzenkamp, Afrikaanse sangeres.
- 1970 – Julie Bowen, Amerikaanse aktrise.
- 1974 – David Faustino, Amerikaanse akteur.
- 1981 – Julius Malema, linkse politikus en leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters.
- 1982 – Jessica Biel, Amerikaanse aktrise.
- 1990 – Gerda Steyn, Suid-Afrikaanse maratonatleet.
- 1996 – Andile Phehlukwayo, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
Sterftes
wysig- 1605 – Pous Clemens VIII, pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1536).
- 1703 – Robert Hooke, Engelse argitek, chemikus, filosoof, fisikus, sterrekundige en wiskundige (* 1635).
- 1707 – Aurangzeb, Mogolkeiser (* 1618).
- 1863 – William John Burchell, Engelse ontdekkingsreisiger, natuurkundige, botanikus, kunstenaar en skrywer (* 1781).
- 1934 – Norman O'Neill, Britse dirigent en komponis (* 1875).
- 1966 – William Frawley, Amerikaanse akteur (* 1887).
- 1983 – Hergé, skepper van die Die avonture van Kuifie-kinderstoriereeks (* 1907).
- 1987 – Danny Kaye, Amerikaanse akteur (* 1911).
- 1999 – Lee Philips, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 2014 – William R. Pogue, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930).
- 2018 – Roger Bannister, Britse atleet en neuroloog (* 1929).
- 2018 – David Ogden Stiers, Amerikaanse komediant en akteur (* 1942).
- 2023 – Tom Sizemore, Amerikaanse akteur (* 1961).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Hinamatsuri in Japan
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 March. |