8 Maart
datum
(Aangestuur vanaf 03-08)
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
8 Maart is die 67ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (68ste in skrikkeljare). Daar volg nog 298 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1118 – Maurice Bourdin word aangestel as Teenpous Gregorius VIII. (miskien 10 Maart).
- 1618 – Johannes Kepler ontdek derde wet van planetêre beweging.
- 1702 – Prinses Anne van die Huis van Stuart word Koningin van Engeland, Skotland en Ierland.
- 1782 – Byna 100 Inheemse Amerikaners sterf deur die toedoen van Pennsilvaniese vigilantes in 'n massamoord wat as die Gnadenhüttenmenseslagting bekend staan.
- 1816 – Pous Pius VII stel 31 nuwe kardinale aan waaronder Annibale Sermattei della Genga, titulêr aartsbiskop van Tirus, (later Pous Leo XII) en Francesco Saverio Castiglioni, biskop van Montalto, (later Pous Pius VIII).
- 1816 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word aartsbiskop van Senigallia.
- 1844 – Oscar I bestyg die troon van Swede-Noorweë.
- 1962 – Die Castel Bolognese-treinramp vind plaas naby Ravenna in Italië.
- 1966 – Nelson se Pilaar, 'n groot graniet pilaar met 'n standbeeld van Lord Horatio Nelson bo-op in Dublin, Ierland, word deur 'n bom vernietig.
- 2014 – Vlug MH370 van Malaysia Airlines verdwyn spoorloos.
Geboortes
wysig- 1697 – Anne Bonny, Ierse seerower wat in die Karibiese See aktief was († 1782).
- 1714 – Carl Philipp Emanuel Bach, Duitse komponis († 1788).
- 1739 – Joachim van Plettenberg, goewerneur van die Kaapkolonie († 1793).
- 1748 – Willem V, Prins van Oranje en die laaste Stadhouer van die Nederlandse Republiek († 1806).
- 1847 – Ds. Johannes Rudolph Albertyn, een van die mees gevierde kanselredenaars in die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1920).
- 1880 – Elsie van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikantsvrou en kleindogter van Paul Kruger († 1945).
- 1893 – Alfred Bitini Xuma, Suid-Afrikaanse leier, aktivis en president van die ANC van 1940 tot 1949 († 1962).
- 1898 – Dr. Theophilus Eben Dönges, aangewese Staatspresident van Suid-Afrika († 1968).
- 1914 – Priscilla Lawson, Amerikaanse aktrise († 1958).
- 1916 – Albert Mongita, Kongolese akteur, dramaturg, skilder, filmmaker en teaterregisseur († 1985).
- 1929 – Hebe Camargo, Brasiliaanse aktrise, TV-aanbieder en sangeres († 2012).
- 1931 – Neil Adcock, Suid-Afrikaanse krieketspeler († 2013).
- 1937 – Juvénal Habyarimana, President van Rwanda († 1994).
- 1940 – Frederick Brownell, heraldikus, vlagkundige en genealoog; ontwerper van beide die vlae van Namibië en Suid-Afrika († 2019).
- 1948 – Annelize van der Ryst, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1956 – Phil Hockey, Suid-Afrikaanse ornitoloog († 2013).
- 1961 – Camryn Manheim, Amerikaanse aktrise.
- 1972 – Kalinikos Kreanga, voormalige Griekse (voorheen Roemeense) manstafeltennisspeler.
- 1976 – Freddie Prinze Jr., Amerikaanse akteur.
- 1982 – Marjorie Estiano, Brasiliaanse aktrise en sangeres-liedjieskryfster.
- 2004 – Kit Connor, Engelse akteur.
Sterftes
wysig- 1144 – Pous Celestinus II, 165ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1702 – Willem III, koning van Engeland, Ierland en Skotland (* 1650).
- 1755 – Stepan Krasjeninnikof, Russiese geograaf en in die 18de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië (* 1711).
- 1869 – Hector Berlioz, Franse komponis (* 1803).
- 1872 – Cornelius Krieghoff, Nederlands-gebore Kanadese skilder (* 1815).
- 1874 – Millard Fillmore, dertiende President van die Verenigde State (* 1800).
- 1923 – Ds. Pieter Willem Bingle, predikant in 2 Gereformeerde kerke, nl. Colesberg en Venterstad. (* 1833).
- 1926 – Ds. Daniël Jozua Pienaar, leier in die NG Kerk en onderwysman (* 1853).
- 1930 – William Howard Taft, 27ste President van die Verenigde State (* 1857).
- 1937 – Albert Verwey, Nederlandse digter, letterkundige en lid van die Tachtigers. (* 1865).
- 1961 – Thomas Beecham, Britse dirigent (* 1879).
- 1971 – Harold Lloyd, Amerikaanse akteur (* 1893).
- 1983 – Sir William Walton, Engelse komponis (* 1902).
- 2015 – Tjol Lategan, Springbokrugbyspeler (* 1925).
- 2018 – Peter Temple, Australies-Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer (* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 8 March. |
- Internasionale Vrouedag
- Moedersdag in Albanië