13 Augustus
datum
(Aangestuur vanaf 08-13)
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
13 Augustus is die 225ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (226ste in skrikkeljare). Daar volg nog 140 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 523 – Pous Johannes I volg Pous Hormisdas op.
- 1099 – Pous Paschalis II volg Pous Urbanus II op.
- 1445 – Pietro Barbo (later Pous Paulus II) word camerlengo van die Kollege van Kardinale.
- 1521 – Tenochtitlán, die huidige Meksiko-Stad, word deur Spaanse conquistadors onder Hernán Cortés verower.
- 1529 – Pous Clemens VII stel Mercurio Arborio di Gattinare, leek en kanselier van keiser Karel V, aan as kardinaal.
- 1616 – Alessandro Ludovisi (later Pous Gregorius XV) word nuntius na die hertog van Savoje.
- 1704 – Die Slag van Blenheim, 'n sleutelgebeurtenis in die Spaanse opvolgingsoorlog. Engeland en Oostenryk maak aanspraak op 'n oorwinning oor Frankryk en Beiere.
- 1729 – Pous Benedictus XIII verklaar Vincent de Paul salig.
- 1799 – Pous Pius VI publiseer Quoties animo waarin koning Karel van Spanje gemagtig word om kerklike eiendomme te verkoop.
- 1814 – Die Sweedse sterrekundige en fisikus Anders Jonas Ångström, wat die eerste was om daarop te wys dat die son waterstof bevat, word gebore.
- 1920 – Die Slag van Warskou begin tydens die Pools-Sowjetoorlog.
- 1960 – Die Sentraal-Afrikaanse Republiek word van Frankryk onafhanklik.
- 1961 – Die Duitse Demokratiese Republiek Nasionale Volksweermag en Volkspolisie-eenhede begin met die oprigting van die Berlynse Muur om ontsnappingpogings deur die Ystergordyn te fnuik.
Geboortes
wysig- 1873 – C.J. Langenhoven, Afrikaanse skrywer († 1932).
- 1884 – Tobie Muller, NG predikant en Afrikaanse taalstryder († 1918).
- 1886 – Jacobus Hendrik Pierneef, Suid-Afrikaanse skilder in Pretoria († 1957).
- 1899 – Alfred Hitchcock, Britse regisseur († 1980).
- 1902 – Felix Wankel Duitse uitvinder van die wankelenjin († 1984).
- 1904 – Charles "Buddy" Rogers, Amerikaanse akteur, musikant († 1999).
- 1918 – Frederick Sanger, Britse biochemikus († 2013).
- 1920 – Neville Brand, Amerikaanse akteur († 1992).
- 1926 – Fidel Castro, Kubaanse leier († 2016).
- 1963 – Sridevi, Indiese aktrise († 2018).
Sterftes
wysig- 1863 – Eugène Delacroix, waterverfskilder (* 1798).
- 1865 – Ignaz Semmelweis, Hongaarse arts, vader van antiseptiese prosedures (* 1818).
- 1896 – John Everett Millais, Britse skilder en tekenaar (* 1829).
- 1910 – Florence Nightingale, bekend as "Die dame met die lamp", pionier en grondlegger van die moderne verpleging (* 1820).
- 1912 – Jules Massenet, Franse komponis (* 1842).
- 1917 – Eduard Buchner, Duitse chemikus, simoloog en wenner van die Nobelprys vir Chemie (* 1860).
- 1946 – Herbert George Wells, outeur van The Time Machine en The Shape of Things to Come (* 1866).
- 1975 – Eva Speyer, Duitse aktrise (* 1882).
- 2005 – David Lange, 32ste Eerste Minister van Nieu-Seeland (* 1942).
- 2020 – Hans-Peter Künzi, navorser in topologie en kategorieteorie aan die wiskundedepartement aan die Universiteit van Kaapstad (* 1955).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 13 August. |
- Feesdag van Pous Pontianus in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Onafhanklikheidsdag in die Sentraal Afrikaanse Republiek (1960).
- Feesdag van St. Hippolitus in die Rooms-Katolieke Kerk.