8 Oktober
datum
(Aangestuur vanaf 10-08)
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
8 Oktober is die 281ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (282ste in skrikkeljare). Daar volg nog 84 dae.
Gebeure
wysig- 451 – Die Konsilie van Chalcedon vind plaas.
- 1503 – Pous Pius III word gekroon deur kardinaal Raffaello Sansoni Riario.
- 1546 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Sabina.
- 1582 – Weens die implementering van die Gregoriaanse kalender, word 8 Oktober 1582 in Italië, Pole, Portugal en Spanje oorgeslaan.
- 1584 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word pouslike legaat in Bologna.
- 1645 – Pous Innocentius X verklaar Sint Philip Benzi salig.
- 1871 – Die Groot Brand van Chicago breek uit.
- 1912 – Die Eerste Balkanoorlog begin toe Montenegro oorlog verklaar teen Turkye.
- 1913 – 'n Noorweegse meisie, genaamd Solveig Gunbjörg Jacobsen, word die eerste kind wat in Antarktika gebore is.
- 1936 – Die eerste uitgawe van die Kaapstadse middagblad Die Suiderstem verskyn as lyfblad van die Verenigde Party.
- 1967 – Che Guevara, 'n Argentynsgebore dokter, Marxistiese revolusionêr en Kubaanse guerrillaleier, word naby La Higuera, Bolivië, in hegtenis geneem.
- 1987 – Die vierde Krieketwêreldbeker begin in Indië en Pakistan.
Geboortes
wysig- 1551 – Giulio Caccini, Italiaanse komponis van die vroeë baroktydperk († 1618).
- 1670 – Hendrik van der Stel, seun van Simon van der Stel († 1722).
- 1884 – Walter von Reichenau, veldmaarskalk in die Duitse Leër († 1942).
- 1888 – Friedrich Fromm, Duitse generaal († 1945).
- 1895 – Juan Perón, Argentynse militaris en president van Argentinië († 1974).
- 1903 – Mikro (skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn), Afrikaanse skrywer († 1968).
- 1906 – Gerry Brand, Springbokrugbyspeler († 1996).
- 1920 – Frank Herbert, Amerikaanse wetenskapfiksieskrywer († 1986).
- 1934 – Kader Asmal, Suid-Afrikaanse kabinetsminister († 2011).
- 1944 – Jean-Yves Ollivier, Franse sakeman en parallel-diplomaat.
- 1947 – Bob van Asperen, Nederlandse klavesimbel- en vroeë-klawerbordspeler en dirigent.
- 1949 – Sigourney Weaver, Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger.
- 1970 – Matt Damon, Amerikaanse akteur.
- 1984 – Tansey Coetzee, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, in 2007 as Mej. Suid-Afrika gekroon.
- 1997 – Bella Thorne, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
wysig- 1354 – Cola di Rienzo, Middeleeuse Italiaanse politikus en populêre leier (* 1313).
- 1869 – Franklin Pierce, die veertiende President van die Verenigde State (* 1804).
- 1886 – George French Angas, Britse en Australiese kunstenaar (* 1822).
- 1967 – Clement Attlee, Eerste minister van die Verenigde Koninkryk (* 1883).
- 1982 – Fernando Lamas, Argentynse akteur (* 1915).
- 1992 – Willy Brandt, Duitse regsgeleerde en politikus, 4de Bondskanselier van Wes-Duitsland, Nobelpryswenner (* 1913).
- 2023 – Burt Young, Amerikaanse akteur (* 1940).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 8 Oktober. |