9 Oktober
datum
(Aangestuur vanaf 10-09)
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
9 Oktober is die 282ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (283ste in skrikkeljare). Daar volg nog 83 dae.
Gebeure
wysig- 1562 – Pous Pius IV publiseer sy bul In eligendis, waarin pouslike verkiesings gereël word.
- 1669 – Pous Clemens IX verklaar Margaret van Savoje salig.
- 1899 – Om 17:00 oorhandig die staatssekretaris, F.W. Reitz, die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) se ultimatum aan die Britse agent in Pretoria, sir William Conyngham Greene; daarin word onder meer geëis dat Britse troepe binne 48 uur aan die ZAR se grense onttrek word. Indien geen antwoord teen 17:00 op 11 Oktober ontvang word nie, sal dit as 'n formele oorlogsverklaring beskou word. Die Britse regering en pers is verheug oor die stap, want die ZAR het regtens die Tweede Vryheidsoorlog begin.
- 1918 – Ná afloop van die Finse burgeroorlog word Finland tot koninkryk uitgeroep onder Väinö I.
- 1962 – Uganda word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 2024 – ‘n Algemene verkiesing word in Mosambiek gehou om die president, die 250 lede van die Vergadering van die Republiek en lede van die tien provinsiale vergaderings te verkies.
Geboortes
wysig- 1835 – Camille Saint-Saëns, Franse komponis († 1921).
- 1847 – Stephanus Jacobus du Toit, Afrikaanse stryder en stigter van die GRA († 1911).
- 1852 – Emil Fischer, Duitse chemikus en Nobelpryswenner († 1919).
- 1863 – Eduard Willem Bok, Amerikaanse redakteur en bekroonde skrywer († 1930).
- 1876 – Sol Plaatje, Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus, sekretaris-generaal van die African National Congress († 1932).
- 1931 – Magdalena K. P. Smith Meyer, wêreldbekende Suid-Afrikaanse akaroloog († 2004).
- 1939 – John Pilger, Australiese joernalis, skrywer en dokumentêre rolprentmaker († 2023).
- 1940 – John Lennon, Britse musikant († 1980).
- 1940 – Manto Tshabalala-Msimang, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Gesondheid († 2009).
- 1956 – Michael Bagraim, Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid vir die DA.
- 1957 – Herman Brusselmans, Vlaamse digter, dramaturg en rubriekskrywer.
- 1959 – Boris Nemtsof, Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus († 2015).
- 1960 – Rob Hersov, Suid-Afrikaanse entrepreneur.
- 1964 – Guillermo del Toro, Meksikaans-Amerikaanse regisseur, rolprentvervaardiger en skrywer.
- 1966 – David Cameron, Engelse politikus, voormalige Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 1970 – Shannon Wilsey (Savannah), Amerikaanse aktrise, pornoster († 1994).
Sterftes
wysig- 232 – Pous Demetrius I van Alexandrië 12de patriarg van die Kerk in Alexandrië (* 127).
- 1047 – Pous Clemens II, 149ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1005).
- 1841 – Karl Friedrich Schinkel, Pruisiese argitek, stadsbeplanner, skilder, grafiese kunstenaar en dekorontwerper (* 1781).
- 1881 – Dirk van der Hoff, eerste predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk én ontwerper van die Transvaalse Vierkleur (* 1814).
- 1937 – Ernst Ludwig, Groothertog van Hesse, die laaste Groothertog van Hesse (* 1868).
- 1958 – Pous Pius XII, 260ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1876).
- 1967 – Che Guevara, Argentynse kommunistiese revolusionêr (* 1928).
- 1978 – Jacques Brel, Belgiese sanger (* 1929).
- 1984 – Felix Wankel, Duitse uitvinder van die Wankelenjin (* 1902).
- 1998 – Robert Allen, Amerikaanse akteur (* 1906).
- 2016 – Andrzej Wajda, Poolse teater- en filmregisseur (* 1926).
- 2019 – Samuel Hynes, Amerikaanse vlieënier en letterkundige (* (1924).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Demetrius I van Alexandrië volgens die Rooms-Katolieke en Kopties-Ortodokse Kerke
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 Oktober. |