Booker-prys
- Moenie verwar word met die Internasionale Booker-prys nie.
Die Booker-prys (Engels: Booker Prize), voorheen bekend as die Booker-prys vir fiksie (Booker Prize for Fiction, 1969–2001) en die Man Booker-prys (Man Booker Prize, 2002–2019), word jaarliks toegeken aan skrywers vanaf die Britse Statebond of Ierland.[1] Die prys is in 1968 deur Booker Plc ingestel. Om die kwaliteit van die prys te waarborg word beoordelaars onder kritici, skrywers en akademici uitgesoek. Sedert 2002 staan die prys as die "Man Booker Prize for Fiction" bekend, na aanleiding van 'n borgskap deur die maatskappy Man Group plc.
Booker-prys
| ||
Toegeken vir | Beste oorspronklike roman, geskryf in die Engelse taal, en gepubliseer in die Verenigde Koninkryk | |
Borg | Man Group | |
Land | Verenigde Koninkryk | |
Datum | Jaarliks rondom Oktober | |
Vorige naam | Booker-McConnell-prys | |
Eerste toekenning | 1969 | |
Webtuiste | thebookerprizes.com |
Aan die begin kon slegs burgers van die Britse Statebond, Ierland en Suid-Afrika (en later Zimbabwe) in aanmerking kom om die prys te ontvang. Maar in 2014 is hierdie geskiktheid uitgebrei na enige Engelstalige roman.[2]
Die wenner van die prys ontvang 'n bedrag van 50 000 pond sterling.[3]
Wenners
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ (en) "Meet The Man Booker Prize 2014 Judges". 12 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2019. Besoek op 20 November 2019.
- ↑ (en) Reëls en inskrywing vir die Booker-prys
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Booker-prys.
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Booker Prize". Encyclopædia Britannica. 26 November 2023. Besoek op 13 November 2024.