16 November
datum
(Aangestuur vanaf 11-16)
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
16 November is die 320ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (321ste in skrikkeljare). Daar volg nog 45 dae.
Gebeure
wysig- 367 – Keiser Valentianus I verban Teenpous Ursinus na Gallië.
- 1532 – Francisco Pizarro en sy manne vang Inka Keiser Atahualpa.
- 1586 – Pous Sixtus V stel agt nuwe kardinale aan waaronder Philippe de Lénoncourt, raadgewer van die Franse koning.
- 1855 – Pretoria word deur Voortrekkers gestig.
- 1885 – Kanadese rebelleleier van die Métis, Louis Riel tereggestel vir hoogverraad.
- 1907 – Indian Territory en Oklahoma Territory word Oklahoma en word toegelaat as die 46ste staat van die VSA.
- 1933 – Die Verenigde State en die Sowjet-Unie skep 'n formele diplomatieke verhouding.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Na Duitsland se bombardering van Coventry twee dae vantevore, begin die Royal Air Force om Hamburg te bombardeer. (Teen die einde van die oorlog het 50 000 inwoners van Hamburg gesterf deur die geallieerdes se aanvalle).
- 1945 – Koue Oorlog: Die Verenigde State voer 88 Duitse wetenskaplikes in om te help met die produksie van vuurpyltegnologie.
- 1945 – Stigting van die UNESCO deur 37 lande in Londen.
- 1959 – Tydens die eerste toets van die Excelsior-projek spring Joseph Kittinger op 'n hoogte van 23 300 m uit 'n gondel.
- 1965 – Wenera-ruimteprogram: Die Sowjetunie lanseer die Wenera 3 vanaf Baikonoer, Kazakhstan na Venus. (Op 1 Maart 1966 word dit die eerste ruimtetuig om die oppervlakte van 'n ander planeet te bereik.)
- 1971 – Die Verenigde Nasionale Suidwes-party smelt saam met die Verenigde Party, sy eweknie in Suid-Afrika.
- 1973 – Skylab-program: NASA lanseer Skylab 4 met 'n bemanning van drie ruimtevaarders vanaf Kaap Canaveral, Florida vir 'n 84-dae missie.
- 1973 – VSA-President Richard Nixon teken die Trans-Alaska Pipeline Authorization Act, wat die bou van die Alaskapyplyn goedkeur.
- 1996 – Moeder Teresa verkry ere-VSA-burgerskap.
- 2000 – Bill Clinton word die eerste VSA-President in sy amp om Viëtnam te besoek.
- 2001 – Afrikaanse Wikipedia word gestig.
- 2001 – Die eerste Harry Potter film, Harry Potter and the Philosopher's Stone, word vrygestel.
- 2002 – Die eerste uitbraak van ernstige akute respiratoriese sindroom (Engels: SARS) in die Guangdong-provinsie van China.
- 2022 – Die Afrikaanse Wikipedia is 21 jaar oud.
Geboortes
wysig- 42 v.C. – Tiberius, Romeinse keiser († 37).
- 1836 – Kalãkaua, Hawaiise monarg († 1891).
- 1907 – Burgess Meredith, akteur († 1997).
- 1930 – Chinua Achebe, Nigeriese skrywer († 2013).
- 1930 – Salvatore Riina, Italiaanse mafioso († 2017).
- 1958 – Marg Helgenberger, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Luciano Floridi, Italiaanse filosoof.
- 1966 – Stephen Critchlow, Engelse akteur († 2021).
- 1967 – Lisa Bonet, Afro-Amerikaanse aktrise.
- 1985 – Sanna Marin, Finse politikus, sedert Desember 2019 Finland se Eerste minister.
- 1993 – Anrich Nortje, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 1998 – Angie oeh, Afrikaanse kletsrymer († 2023).
Sterftes
wysig- 498 – Pous Anastasius II, 50ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1632 – Gustav II Adolf, koning van Swede, in die Slag van Lützen.
- 1672 – Franciscus de le Boë Sylvius, Nederlandse arts, anatoom en chemikus (* 1614).
- 1836 – Christiaan Hendrik Persoon, Suid-Afrikaanse botanikus en mikoloog (* 1761).
- 1913 – Abraham Fischer, enigste eerste minister van die Oranjerivierkolonie (* 1850).
- 1942 – Joseph Schmidt, Joodse tenoor en akteur, aan hartaanval in Switserse interneringskamp (* 1904).
- 1960 – Clark Gable, Amerikaanse akteur (* 1901).
- 1970 – James Norval, Suid-Afrikaanse teater- en filmakteur (* 1908).
- 1971 – Edie Sedgwick, Amerikaanse aktrise (* 1943).
- 2007 – Elize Botha, Suid-Afrikaanse akademikus (* 1930).
- 2016 – Jay Forrester, Amerikaanse digitale rekenaarbaanbreker (* 1918).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 16 November. |