26 November
datum
(Aangestuur vanaf 11-26)
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
26 November is die 330ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (331ste in skrikkeljare). Daar volg nog 35 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 579 – Pous Pelagius II volg Pous Benedictus I op.
- 1503 – Pous Julius II word gekroon deur kardinaal Giovanni Colonna.
- 1648 – Pous Innocentius X publiseer die bul Zelo Domus Dei waarin die Vrede van Wesfale veroordeel word.
- 1727 – Pous Benedictus XIII stel 4 nuwe kardinale aan, waaronder Diego de Astorga y Cépedes, aartsbiskop van Toledo, Spanje.
- 1753 – Pous Benedictus XIV stel 16 nuwe kardinale aan, waaronder Giuseppe Maria Feroni, titulêr aartsbiskop van Damasco.
- 1778 – Op die Hawaise Eilande word kaptein James Cook die eerste Europeër wat Maui ontdek.
- 1922 – Howard Carter en lord Carnarvon word die eerste mense in meer as 3 000 jaar wat die graf van die Egiptiese farao Toetankamen betree.
- 1950 – Slag van Chosindam: Chinese magte gaan Noord-Korea binne en begin 'n massiewe teenaanval teen Suid-Koreaanse en Amerikaanse Gewapende Magte wat 'n einde bring aan alle hoop op 'n spoedige einde aan die Korea-oorlog.
- 1975 – Riaan Cruywagen lees sy eerste Afrikaanse nuusbulletin op SAUK-televisie.
- 1975 – Die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach word in die Pretoriase Hooggeregshof tot nege jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuld beken op aanklagte dat hy 'n nuwe organisasie wou begin wat bedoel was om die blanke vleuel van die African National Congress te wees.
- 1992 – Pres. F.W. de Klerk stel voor dat Suid-Afrika sy eerste verkiesing waaraan die swart meerderheid mag deelneem, in die eerste helfte van 1994 hou.
- 2012 – Riaan Cruywagen lees sy laaste Afrikaanse nuusbulletin op SAUK-televisie.
- 2017 – Demi-Leigh Nel-Peters word as Mej. Heelal gekroon.
Geboortes
wysig- 1728 – Julien-Marie Crozet, Franse ontdekkingsreisiger († 1782).
- 1811 – Dick King, Britse setlaar, bekend vir sy tog van 960 km te perd († 1871).
- 1847 – Prinses Dagmar van Denemarke, Deense prinses en later keiserin Maria Fjodorowna van Rusland († 1928).
- 1864 − Herman Gorter, Nederlandse digter. († 1927).
- 1871 − Justin Godart, Franse politikus († 1956).
- 1909 – Frances Dee, Amerikaanse aktrise († 2004).
- 1909 – Eugène Ionesco, Roemeens-Franse dramaturg († 1994).
- 1912 – Miriam Phoebe de Vos, Suid-Afrikaanse plantkundige en akademikus († 2005).
- 1920 − Paul Rodenko, belangrike Nederlandse digter, kritikus, essayis en vertaler († 1976).
- 1933 – Ella Zeller, Roemeense tafeltennisspeler en -afrigter.
- 1936 – Min Shaw, Suid-Afrikaanse sangeres.
- 1939 – Mark Margolis, Amerikaanse akteur († 2023).
- 1939 – Tina Turner, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2023).
- 1953 – Sinikka Nopola, Finse skrywer van kinderstories († 2021).
- 1966 – Garcelle Beauvais, Haïtiaans-Amerikaanse aktrise.
- 1979 – Anel Alexander, Suid-Afrikaanse aktrise, skrywer en vervaardiger.
- 1990 – Rita Ora, Britse sangeres, aktrise en liedjieskrywer.
Sterftes
wysig- 399 – Pous Siricius, 38ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 334).
- 1516 – Giovanni Bellini, Italiaanse skilder (* 1430).
- 1855 – Adam Mickiewicz, Pools-Litause digter (* 1798).
- 1917 – Leander Starr Jameson, Suid-Afrikaanse en Rhodesiese staatsman (* 1853).
- 1926 – John Browning, Amerikaanse vuurwapenontwerper (* 1855).
- 1981 – Max Euwe, wêreldskaakkampioen (* 1901).
- 1991 – Karl Kielblock, Afrikaanse skrywer (* 1907).
- 2001 – Joe Modise, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en kabinetsminster (* 1929).
- 2018 – Bernardo Bertolucci, Italiaanse rolprentregisseur en draaiboekskrywer (* 1941).
- 2018 – Stephen Hillenburg, Amerikaanse akteur en vervaardiger ("animator") (* 1961).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Siricius in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 November. |