27 Augustus
datum
(Aangestuur vanaf 08-27)
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
27 Augustus is die 239ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (240ste in skrikkeljare). Daar volg nog 126 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1712 – Pous Clemens XI verklaar Ceslas Odrowaz salig.
- 1900 – Die Slag van Bergendal, die laaste standgeveg in die Anglo-Boereoorlog, word by Dalmanutha in die ZAR beëindig.
- 1933 – Die eerste volledige Bybel in Afrikaans word in gebruik geneem.
- 1962 – Mariner-program: Mariner 2 word lanseer.
- 1991 – Moldowa word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 1992 – Dieter Gerhardt, gewese bevelvoerder van die Simonstadse vlootbasis wat daaraan skuldig bevind is dat hy vir die Sowjetunie gespioeneer het, word na Switserland gedeporteer.
Geboortes
wysig- 1770 – Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Duitse filosoof en akademikus († 1831).
- 1856 – Ivan Franko, Oekraïense skrywer, openbare digter, vertaler en filosoof († 1916).
- 1869 – Karl Haushofer, akademikus, populariseer geopolitiek in Duitsland († 1946).
- 1870 – Amado Nervo, Meksikaanse joernalis, digter en diplomaat († 1919).
- 1878 – Jopie Fourie, ’n Boerekryger in die Tweede Vryheidsoorlog en sterf as martelaar vir die Boere tydens die rebellie († 1914).
- 1890 – Man Ray, Franse fotograaf en skilder († 1976).
- 1893 – Genl. Dan Pienaar, aanvoerder van die 1ste SA Divisie tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1942).
- 1908 – Lyndon B. Johnson, 36ste President van die Verenigde State († 1973).
- 1910 – Moeder Teresa, Kolkata, Indië († 1997).
- 1911 – Kay Walsh, Engelse aktrise en danseres († 2005).
- 1916 – Tony Harris, Suid-Afrikaanse krieket- en rugbyspeler († 1993).
- 1916 – Martha Raye, Amerikaanse aktrise en komediant († 1994).
- 1921 – Leo Penn, Amerikaanse akteur, regisseur en draaiboekskrywer († 1998).
- 1922 – Cate Bauer, Engelse aktrise.
- 1924 – Ds. Vidius Nel, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 2007).
- 1928 – Mangosuthu Buthelezi, politikus, stigter en leier van die Inkatha-Vryheidsparty. († 2023).
- 1941 – Harrison Page, Amerikaanse akteur.
- 1941 – Cesária Évora volksangeres van Kaap Verde († 2011).
- 1943 – Tuesday Weld, Amerikaanse model en aktrise.
- 1947 – Barbara Bach, Amerikaanse model en aktrise.
- 1953 – Peter Stormare, Sweedse akteur, regisseur en skrywer.
- 1955 – Diana Scarwid, Amerikaanse aktrise.
- 1958 – Tom Lanoye, Belgiese skrywer en digter.
- 1959 – Gerhard Berger, Oostenrykse renjaer.
- 1964 – Ronel Nel, Afrikaanse skrywer († 2022).
- 1969 – Reece Shearsmith, Engelse akteur, komediant en skrywer.
- 1969 – Chandra Wilson, Amerikaanse aktrise en regisseuse.
- 1976 – Sarah Chalke, Kanadese aktrise.
- 1976 – Mark Webber, Australiese motorrenjaer.
- 1979 – Aaron Paul, Amerikaanse akteur.
- 1980 – CJ van der Linde, Springbokrugbyspeler.
- 1985 – Danica Curcic, Deense aktrise.
- 1986 – Sebastian Kurz, Oostenrykse politikus, 25ste kanselier van Oostenryk.
- 1990 – Luuk de Jong, Nederlandse sokkerspeler.
- 1992 – Blake Jenner, Amerikaanse akteur en sanger.
- 1995 – Sergej Sirotkin, Russiese renjaer.
Sterftes
wysig- 827 – Pous Eugenius II, die 99ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1576 – Titiaan, Italiaanse skilder wat tydens die Renaissance aktief was (* circa 1488/1490).
- 1635 – Lope de Vega Carpio, een van die belangrikste digters en dramaturge van die Spaanse Goue Eeu (* 1562).
- 1664 – Francisco de Zurbarán, Spaanse skilder (* 1598).
- 1666 – Iwan V van Rusland, tsaar van Rusland († 1696).
- 1727 – Aert de Gelder, Nederlandse skilder (* 1645).
- 1851 – John Philip, 'n sendeling van die Londense Sendinggenootskap (* 1775).
- 1899 – Emmanuel Hiel, Vlaams-Nederlandse digter en prosaskrywer (* 1834).
- 1919 – Generaal Louis Botha, eerste minister van die Unie van Suid-Afrika (* 1862).
- 1958 – Priscilla Lawson, Amerikaanse aktrise (* 1914).
- 1964 – Gracie Allen, Amerikaanse aktrise en komediant (* 1895).
- 1965 – Le Corbusier, Switserse argitek en stadsbeplanner (* 1887).
- 1969 – Erika Mann, Duitse aktrise en outeur (* 1905).
- 1971 – Margaret Bourke-White, Amerikaanse fotograaf en joernalis (* 1906).
- 1975 – Haile Selassie, Ethiopiese staatshoof (* 1892).
- 1979 – Louis Mountbatten, ’n Britse staatsman en vlootoffisier (* 1900).
- 1991 – David Poole, Suid-Afrikaanse balletdanser, choreograaf en balletonderwyser (* 1925).
- 1996 – Greg Morris, Amerikaanse akteur (* 1933).
- 1998 – Klaas Steytler, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1922).
- 2012 – Neville Alexander, Suid-Afrikaanse taalkundige en anti-apartheidsaktivis (* 1936).
- 2024 – Anastasia de Vries, Afrikaanse joernalis, rubriekskrywer en lektor (* 1960).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 27 August. |