25 September
datum
(Aangestuur vanaf 09-25)
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
25 September is die 268ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (269ste in skrikkeljare). Daar volg nog 97 dae.
Gebeure
wysig- 235 – Pous Pontianus tree as gevolg van die verbanning ná Sardinië af.
- 1066 – Harold II van Engeland verslaan Harald III van Noorweë in die Slag van Stamford Bridge. Dit bring 'n einde aan die Wikingsinvalle van Groot-Brittanje.
- 1396 – Ottomaanse magte onder Bajezid I verslaan 'n Christelike alliansie gelei deur Sigismund van Hongarye in die Slag van Nicopolis.
- 1513 – Conquistador Vasco Núñez de Balboa word die eerste Europeër om die Stille Oseaan te sien en noem dit Mar del Sur, of Suidsee.
- 1890 – Soos in die vooruitsig gestel deur John Muir, word die Yosemite Nasionale Park in Kalifornië daargestel.
- 1901 – Die Verenigde Koninkryk annekseer die Koninkryk van Ashanti as deel van die Gouekuskolonie.
- 1917 – Sir Ernest Oppenheimer stig Anglo American-korporasie.
- 1933 – Die Afsluitdyk word in Nederland amptelik geopen.
- 1962 – Die Demokratiese Volksrepubliek van Algerië word formeel uitgeroep. Ferhat Abbas word tot president van die tussentydse regering verkies, met Ahmed Ben Bella as eerste minister.
- 1972 – Die bevolking van Noorweë stem teen lidmaatskap in die Europese Ekonomiese Gemeenskap.
- 2004 – Wes-Indië wen die eindstryd van die vierde Kampioenetrofee in Engeland met twee paaltjies teen Engeland.
- 2008 – Kgalema Motlanthe word verkies as die president van Suid-Afrika.
Geboortes
wysig- 1683 – Jean-Philippe Rameau, Franse komponis († 1764).
- 1802 – Richard Parkes Bonington, skilder († 1828).
- 1903 – Mark Rothko, Amerikaanse skilder († 1970).
- 1906 – Dmitri Sjostakovitsj, Russiese komponis († 1975).
- 1926 – Stafford Beer, Britse stelselteoretikus en konsultant († 2002).
- 1927 – Colin Davis, Britse dirigent († 2013).
- 1936 – Juliet Prowse, Amerikaanse aktrise († 1996).
- 1941 – Rick Turner, Suid-Afrikaanse akademikus en anti-apartheidsaktivis († 1978).
- 1952 – Christopher Reeve, Amerikaanse akteur, rolprent-regisseur, -vervaardiger, draaiboekskrywer, skrywer en aktivis († 2004).
- 1954 – Nigel Morgan,'n Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant wat noue bande met Suid-Afrika se intelligensiedienste gehad het († 2018).
- 1955 – Zucchero Fornaciari, Italiaanse sanger-liedjieskrywer en musikant.
- 1968 – Will Smith, Amerikaanse akteur.
- 1969 – Catherine Zeta-Jones, sjarmante Walliese aktrise.
- 1969 – Hansie Cronjé, Suid-Afrikaanse krieketkaptein († 2002).
- 1978 – Jan Blohm, Suid-Afrikaanse musikant.
- 1994 – Jansen Panettiere, Amerikaanse akteur († 2023).
Sterftes
wysig- 1534 – Pous Clemens VII in Rome, die 219de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1478).
- 1812 – Sir George Yonge, waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie (* 1731).
- 1870 – Colin Fraser, Skotse predikant in Suid-Afrika (* 1796).
- 1983 – Leopold III van België, koning van België (* 1901).
- 1989 – Gladys Steyn, Suid-Afrika se eerste vroulike advokaat (* 1890).
- 2005 – Don Adams, Amerikaanse akteur en komediant (* 1923).
- 2009 – Alicia de Larrocha, Spaanse pianis en komponis (* 1923).
- 2015 – Evert Snyman, Afrikaanse radio-omroeper, stemkunstenaar, akteur en skrywer (* 1955).
- 2018 – Shoki Mokgapa, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1984).
- 2023 – David McCallum, Skotse akteur (* 1933).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 25 September. |