6 November
datum
(Aangestuur vanaf 11-06)
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
6 November is die 310de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (311de in skrikkeljare). Daar volg nog 55 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1362 – Pous Urbanus V gekroon in Avignon.
- 1860 – Abraham Lincoln word die eerste republikeinse kandidaat om die VSA presidensiële verkiesing te wen.
- 1869 – Diamante word in Kimberley ontdek. Die Groot Gat, effektief die grootste uitgrawing deur mensehande ter wêreld, ontstaan. Ongeveer 23 miljoen ton materiaal is oor die jare verwyder en die opbrengs was 2 722 kg diamante.
- 1896 – Die NG gemeente Fordsburg word in Johannesburg gestig.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Generaal de Wet word by Bothaville verslaan. De Wet en President Steyn ontsnap egter en die Britte verloor lt.kol. P.W.J. Gallais.
- 1913 – Mohandas K Gandhi word gearresteer as leier van ’n mynwerkersprotes in Suid-Afrika.
- 1928 – Jacob Schick slaag net-net daarin om 'n patent te verkry vir die eerste elektriese skeermes.
- 1952 – Amerika se eerste waterstofbom ontplof oor die Stille Oseaan, te Eniwetok Atoll.
- 1955 – Die Suid-Afrikaanse afvaardiging stap uit die Nasionale vergadering van die Verenigde Nasies.
- 1962 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies neem Resolusie 1761 aan wat Suid-Afrika se Apartheidsbeleid veroordeel. Ekonomiese sanksies word uitgevaardig.
- 1963 – Duong Van Minh neem amptelik beheer van die regering van Suid-Viëtnam oor, ’n paar dae ná die sluipmoord op President Ngo Dinh Diem.
- 1999 – Australië klop Frankryk in die eindstryd met 35–12 en wen sodoende die vierde Rugbywêreldbeker in Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis.
Geboortes
wysig- 1833 – Jonas Lie, skrywer van Noorweë († 1908).
- 1883 – Billy Millar, Suid-Afrika se elfde Springbokkaptein († 1949).
- 1910 – Erik Ode, Duitse akteur († 1983).
- 1964 – Greg Graffin, Amerikaanse sanger.
Sterftes
wysig- 1003 – Pous Johannes XVII, 140ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1406 – Pous Innocentius VII, 204de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1339).
- 1632 – Koning Gustav II Adolf van Swede (sterf in die Slag van Lützen) (* 1594).
- 1672 – Heinrich Schütz, Duitse komponis en orrelis (* 1585).
- 1795 – Georg Benda, Tsjeggiese komponis, violis en Kapellmeister uit die klassieke tydperk (* 1722).
- 1854 – Piet Potgieter, kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1822).
- 1893 – Pjotr Tsjaikofski, Russiese komponis (* 1840).
- 1955 – Gordon Tomlinson, prokureur, skrywer en kampvegter vir Afrikaans (* 1887).
- 1968 – Charles Munch, Franse simfoniedirigent en violis (* 1891).
- 1975 – Annette Kellermann, Australiese aktrise (* 1886).
- 1986 – Lili Kraus, Hongaarse pianis (* 1903).
- 1993 – Joseph Serchuk, Pools/Israeliese partisaan-leier in die Tweede Wêreldoorlog (* 1919).
- 2017 – Richard F. Gordon, Amerikaanse vlootoffisier en toetsvlieënier, chemikus en Nasa-ruimtevaarder (* 1929).
- 2017 – Karin Dor, Duitse aktrise (* 1938).
- 2024 – Tony Todd, Amerikaanse regisseur en filmvervaardiger (* 1954).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig- Grondwetdag in die Dominikaanse Republiek (1844) en Tajikistan (1994)
- Gustavus Adolphus-dag in Swede
- Vlagdag in Finland.
- Feesdag van Pous Urbanus V in die Rooms-Katolieke Kerk nadat dit deur die tweede Vatikaanse konsilie verskuif is vanaf 19 Desember.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 6 November. |