11 Mei
datum
(Aangestuur vanaf 05-11)
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
11 Mei is die 131ste dag van die jaar in die Gregoriaanse Kalender (132ste in ’n skrikkeljaar). Daar is nog 234 dae in hierdie jaar oor.
Gebeure
wysig- 330 – Bisantium word gedurende ’n seremonie as Konstantinopel hernoem.
- 868 – Die Diamantsoetra word vervaardig, die oudste gedrukte Chinese boek.
- 1502 – Christophorus Columbus vertrek op sy vierde en laaste reis na Wes-Indië.
- 1792 – Kaptein Robert Gray word die eerste wit man om die Columbiarivier te ontdek.
- 1812 – Eerste Minister Spencer Perceval word vermoor deur 'n bankrot bankier in die ontvangsportaal van die British House of Commons.
- 1813 – Britse setlaars ontdek 'n roete oor die Blue Mountains, wat die binneland van Australië oopmaak vir nedersetting.
- 1818 – Charles XIV van Swede-Noorweë word as die Koning van Swede gekroon.
- 1820 – Tewaterlating van die HMS Beagle.
- 1857 – Indiese rebelle verower die stad Delhi van die Engelse koloniale magte.
- 1858 – Minnesota word die 32ste deelstaat van die VSA.
- 1928 – Die eerste analoog-TV-diens word deur WGY, Schenectady in New York begin.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse invallers bereik die Albertkanaal.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Huize Kleykamp waar die Nederlandse sentrale bevolkingsregister gehou word, word deur die Britse Lugmag gebombardeer
- 1949 – Siam se naam verander na Thailand.
- 1949 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies verleen met resolusie 273 lidmaatskap van die VN aan Israel.
- 1950 – Myngasontploffing in die Belgiese streek van Borinage: 130 mynwerkers sterf.
- 1960 – Die hooggeplaaste Nazi-funksionaris Adolf Eichmann word in Argentinië deur die Israeliese geheime diens Mossad gekaap.
- 1987 – Die eerste hart-longoorplanting vind in Baltimore, Maryland, VSA plaas.
- 1995 – In New York besluit meer as 70 lande om die Nuclear Nonproliferation Treaty onvoorwaardelik te verleng.
- 1996 – 'n Mcdonnell Douglas DC-9 van die Amerikaanse laekosteredery ValuJet Airlines stort by Miami in die moerasgebied van die Everglades Nasionale Park, Florida, neer: 109 insittendes sterf.
- 1997 – IBM se Deep Blue-skaaksuperrekenaar wen teen Garry Kasparov en word die eerste rekenaar om ’n wêreldkampioen-skaakspeler te klop.
- 2011 – Microsoft koop Skype vir VS$8,5 miljard.
Geboortes
wysig- 1865 – J.H. Leopold, Nederlandse digter († 1925).
- 1888 – Irving Berlin, Amerikaanse komponis († 1989).
- 1892 – Pieter Hamersma, lid van die Kaapse Provinsiale Raad en vooruitstrewende Karooboer († 1953).
- 1892 – Margaret Rutherford, Britse aktrise († 1972).
- 1897 – Boerneef, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus († 1967).
- 1904 – Salvador Dalí, Spaanse surrealistiese skilder: The Persistence of Memory († 1989).
- 1905 – Ida Gerhardt, klassikus en Nederlandse digteres van die na-simboliese tradisie († 1997).
- 1911 – Phil Silvers, Amerikaanse akteur en komediant († 1985).
- 1948 – Willies Mchunu, politikus en 7de premier van KwaZulu-Natal.
- 1952 – Reza de Wet, Afrikaanse skrywer en dramaturg († 2012).
- 1952 – Frances Farmer, Britse aktrise († 1970).
- 1959 – Jimmy Abbott, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser, rofstoeier en evangelis († 2021).
- 1963 – Natasha Richardson, Brits-Amerikaanse aktrise († 2009).
- 1977 – Victor Matfield, Suid-Afrika se twee-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 1989 – Ashleigh Simon, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 1990 – Richard Gadd, Skotse akteur, skrywer en komediant.
- 2000 – Yuki Tsunoda, Japannese F1-motorrenjaer.
Sterftes
wysig- 912 – Leo VI, keiser van Bisantium (* 866).
- 1812 – Spencer Perceval, Britse staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1762).
- 1871 – John Herschel, ’n Britse wiskundige, sterrekundige, apteker en eksperimentele fotograaf/uitvinder (* 1792).
- 1916 – Max Reger, Duitse komponis (* 1873).
- 1973 – Lex Barker, Amerikaanse akteur (* 1919).
- 1976 – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper (* 1898).
- 1981 – Bob Marley, Jamaikaanse reggae-sanger en musikant (* 1945).
- 1985 – Garmt Stuiveling, Nederlandse digter (* 1907).
- 1995 – Boris Pash, Amerikaanse militêre intelligensie-offisier (* 1900).
- 1995 – John Phillips, Engelse akteur (* 1914).
- 1998 – Willy Corsari (100), Wilhelmina Schmidt, Nederlandse skrywer (* 1897).
- 2001 – Douglas Adams, Britse skrywer (* 1952).
- 2016 – Winnie Rust, Afrikaanse skrywer (* 1939).
- 2020 – Jerry Stiller, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 2021 – Norman Lloyd, Amerikaanse akteur, op ouderdom 106 (* 1914).
- 2022 – Shireen Abu Akleh, Palestyns-Amerikaanse joernalis (* 1971).
Herdenkingsdae
wysig- Moedersdag – 2003, 2008, 2014