8 Augustus
datum
(Aangestuur vanaf 08-08)
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
8 Augustus is die 220ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (221ste in skrikkeljare). Daar volg nog 145 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1511 – Pous Julius II publiseer die bul Pontifex Romanus.
- 1585 – John Davis vaar in Cumberlandsont in opsoek na die Noordwesdeurgang.
- 1755 – Pous Benedictus XIV publiseer Quam ex sublimi oor die Apostoliese vikaris vir Oos-Indië.
- 1786 – Mont Blanc word vir die eerste keer geklim.
- 1876 – Thomas Edison ontvang 'n patent vir sy mimeograafmasjien.
- 1884 – George Eastman vind rolfilm uit.
- 1929 – Die Duitse lugskip Graf Zeppelin begin 'n vlug rondom die wêreld.
- 1938 – Joodse Volksmoord: Die Mauthausen konsentrasiekamp word in gebruik geneem.
- 1944 – Die Volksgereghof in Nazi Duitsland veroordeel agt weerstandsvegters tot die dood.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerde Magte begin Operasie Totalize.
- 1945 – Die Verenigde State, Frankryk, Engeland en die Sowjetunie teken die Verdrag van Londen wat lei tot die Neurenberg-verhore.
- 1949 – Bhutan word onafhanklik.
- 1963 – Die Groot Treinroof vind plaas in Engeland; ₤2.5 miljoen verdwyn.
- 1963 – 'n Avro Shackleton van die Suid-Afrikaanse Lugmag vlieg in die Stettynsberge vas.
- 1967 – Thailand, Indonesië, Maleisië, Filippyne en Singapoer stig in Bangkok, Thailand, die ASEAN.
- 1974 – Richard Nixon bedank as Amerikaanse President.
- 1999 – Tito Mboweni word die eerste swart goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
Geboortes
wysig- 1709 – Johann Gmelin, Duitse botanis, geograaf en ontdekkingsreisiger in Siberië († 1755).
- 1881 – Ewald von Kleist, Duitse veldmaarskalk († 1954).
- 1903 – Nico Malan, administrateur van Kaapland († 1981).
- 1934 – Sam Nzima, Suid-Afrikaanse fotojoernalis († 2018).
- 1941 – Earl Boen, Amerikaanse akteur (s. 2023).
- 1949 – Ray Dalio, 'n Amerikaanse miljardêr-belegger en verskansingsfondsbestuurder.
- 1960 – Henning Pieterse, Afrikaanse skrywer en digter.
- 1963 – Johann Botha, Suid-Afrikaanse dokumentêrvervaardiger († 2017).
- 1964 – Klaus Ebner, Oostenrykse skrywer.
- 1970 – Chester Williams, Springbokrugbyspeler († 2019).
- 1981 – Roger Federer, Switserse beroepstennisspeler.
- 1988 – Prinses Beatrice van York, Britse koninklike en oudste dogter van prins Andrew, en Sarah Ferguson.
Sterftes
wysig- 117 – Trajanus, keiser van die Romeinse Ryk (* 53).
- 1828 – Carl Peter Thunberg, 'n Sweedse plantkundige (* 1743).
- 1944 – Erwin von Witzleben, Duitse generale veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1881).
- 1963 – Ave Duthie, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1881).
- 2000 – Jaap Marais, leier van die Afrikanernasionalistiesgesinde Herstigte Nasionale Party (* 1922).
- 2004 – Fay Wray, Amerikaanse aktrise (* 1907).
- 2005 – Barbara Bel Geddes, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 2005 – Ilse Werner, Duitse aktrise en sangeres (* 1921).
- 2009 – Willie van Niekerk, Suid-Afrikaanse medikus en politikus (* 1937).
- 2010 – Patricia Neal, Amerikaanse aktrise (* 1926).
- 2012 – Japie Basson, Volksraadslid van die Nasionale Party, Nasionale Unie, Verenigde Party en Progressiewe Federale Party (* 1918).
- 2022 – Olivia Newton-John, Brits-Australies-Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1948).
- 2023 – Sixto Rodriguez, Amerikaanse musikant (* 1942).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 8 August. |