31 Desember
datum
(Aangestuur vanaf Desember 31)
<< | Desember 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
31 Desember is die 365ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (366ste in skrikkeljare). Dit is ook die laaste dag van die vierde kwartaal van die jaar. Dit is die laaste dag van die jaar.
Gebeure
wysig- 192 – Pertinax word keiser in Rome.
- 406 – Die Vandale, Alane en Suebiane steek die Ryn oor om 'n inval van Gallië van stapel te stuur.
- 1494 – Die Franse koning Karel VIII van Frankryk beset Rome.
- 1600 – Koningin Elizabeth I stig die Britse Oos-Indiese Kompanjie.
- 1687 – Die eerste Franse Hugenote vaar vanuit Nederland na Kaap die Goeie Hoop.
- 1693 – Pous Innocentius XII verklaar Joanna van Portugal en Peter Gambacorta van Pisa salig.
- 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Aloysius van Gonzaga en Stanislaus Kostka heilig.
- 1837 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word priester.
- 1857 – Koningin Victoria bestem Ottawa as nuwe hoofstad van Kanada.
- 1959 – Die swart woonbuurt Sophiatown word finaal ontruim en herdoop tot Triomf, 'n blanke woongebied.
- 1963 – Die Sentraal-Afrikaanse Federasie word verdeel in Noord-, Suid-Rhodesië en Njassaland.
- 1991 – Die Sowjetunie word amptelik ontbind.
- 1992 – Tsjeggo-Slowakye word in die twee lande Tsjeggië en Slowakye verdeel, wat op 1 Januarie 1993 amptelik onafhanklik word.
- 1999 – Die Verenigde State dra die Panamakanaalsone aan Panama oor.
- 1999 – Boris Jeltsin, die eerste demokraties verkose President van Rusland, bedank en stel Wladimir Poetin as waarnemende President aan.
Geboortes
wysig- 1378 – Alonso de Borja (later Pous Callixtus III), 209de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1458).
- 1491 – Jacques Cartier, Franse ontdekkingsreisiger († 1557).
- 1691 – Robert Boyle, Ierse wetenskaplike (* 1627).
- 1834 – Anne van Rooy, stammoeder van die Van Rooy-familie in Suid-Afrika († 1904).
- 1869 – Henri Matisse, Franse kunstenaar († 1954).
- 1880 – George C. Marshall, Amerikaanse vyfster-generaal († 1959).
- 1905 – Wena Naudé, Afrikaanse aktrise en toneelbaanbreker († 1978).
- 1913 – Anna M. Louw, Afrikaanse skrywer en wenner van die Hertzogprys († 2003).
- 1923 – Rykie van Reenen, Afrikaanse joernalis († 2003).
- 1929 – Mies Bouwman, Nederlandse televisie-aanbieder († 2018).
- 1932 – Johannes Petrus Louw, Suid-Afrikaanse vertaler en akademikus († 2011).
- 1937 – Anthony Hopkins, Walliese akteur, komponis en skilder.
- 1948 – Donna Summer, Amerikaanse sangeres († 2012).
- 1943 – John Denver, Amerikaanse sanger († 1997).
- 1959 – Val Kilmer, Amerikaanse akteur.
- 1979 – Josh Hawley, Republikeinse senator vir Missouri in die Verenigde State se senaat.
- 2000 – Logan Sargeant, Amerikaanse Formule Eenrenjaer.
Sterftes
wysig- 335 – Pous Silvester I, 33ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1719 – John Flamsteed Engelse sterrekundige (* 1646).
- 1733 – Hubert Kornelisz. Poot, Nederlandse digter (* 1689).
- 1938 – Richard Roland Holst, Nederlandse beeldende kunstenaar (* 1868).
- 1941 – François Stephanus Malan, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1871).
- 1950 – Charles Koechlin, Franse komponis.(* 1867).
- 1980 – Marshall McLuhan, Kanadese mediakenner (* 1911).
- 1985 – Ricky Nelson, Amerikaanse sanger (* 1940).
- 1986 – Bartho Smit, Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1924).
- 1990 – Dalton Cathey, Amerikaanse akteur (* 1946).
- 2001 – Eileen Heckart, Amerikaanse aktrise (* 1919).
- 2015 – Natalie Cole, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer (* 1950).
- 2016 – Dmitri Romanowitsj Romanof, Russiese prins, bankier, filantroop en skrywer (* 1926).
- 2021 – Betty White, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1922).
- 2022 – Joseph Alois Ratzinger, later Pous Benedictus XVI van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1927).
- 2022 – Dolf van Niekerk, Afrikaanse skrywer (* 1929).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Oujaarsdag word gevier. Sommige mense bly op oujaarsaand tot laat wakker om die nuwe jaar met vieringe in te wag.
- Feesdag van Pous Silvester I in die Rooms-Katolieke Kerk ( 2 Januarie in die Ortodokse Kerk).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 31 Desember. |