Kimi Räikkönen
Kimi-Matias Räikkönen (gebore 17 Oktober 1979 in Espoo), byname Iceman en Kimster, is 'n afgetrede Finse Formule Een motorrenbestuurder wat vir Alfa Romeo-Ferrari tot in 2021 gejaag het. Hy was die Formule Een-wêreldbestuurderskampioen in 2007, en het ook aan 22 wêreldtydrenne in 2009–2011 deelgeneem, maar met min sukses.
Kimi Räikkönen | |
---|---|
Kimi Räikkönen in 2019
| |
Geboortedatum | 17 Oktober 1979 |
Geboorteplek | Espoo, Finland |
Volle naam | Kimi-Matias Räikkönen |
Nasionaliteit | Finland |
Aktiewe jare | 2001-2009, 2012-2021 |
Ou span(ne) | Sauber, McLaren, Lotus, Ferrari,[1] Alfa Romeo-Ferrari[1] |
Motornommer | 7 |
Inskrywings | 353 (349 begin) |
Kampioenskappe | 1 (2007) |
Oorwinnings | 21 |
Podiums | 103 |
Loopbaanpunte | 1873 |
Voorste wegspronge | 18 |
Vinnigste rondtes | 46 |
Eerste F1-wedren | 2001 Australiese Grand Prix |
Eerste wen | 2003 Maleisiese Grand Prix |
Laaste wen | 2018 Verenigde State GP |
Laaste inskrywing | 2021 Aboe Dhabi Grand Prix |
Laaste seisoen | 2021 |
Verlede jaar plek | 16de (10 punte) |
Tydrenloopbaan
wysigRäikkönen het sy tydrendebuut in die Arktiese Laplandtydren gemaak, wat van 23-24 Januarie 2009 plaasgevind het, deur 'n Tommi Mäkinen Racing-voorbereide Abarth Grande Punto S2000 te bestuur.[2] Hy het die 13de plek behaal. Räikkönen het sy WRC-debuut in die Finse tydren gemaak, van 30 Julie tot 2 Augustus 2009, slegs vier dae na sy tweede plek in die Hongaarse Grand Prix.[3] Hy was derde in groep N en 15de algeheel voordat hy in Väärinmaja, die laaste sneldeel van Saterdag, die pad byster geraak het.[4]
Op 4 Desember 2009 is aangekondig dat Räikkönen heeltemal van Formule 1 na die Wêreldtydrenkampioenskap sou skuif vir die 2010-seisoen, as 'n voltydse bestuurder vir die Citroën Juniorspan,[5] en dat hy 'n Red Bull-geborgde Citroën C4 WRC met sy medebestuurder, Kaj Lindström, sou beman.
Op 3 April 2010 het Räikkönen sy eerste WRC-punte behaal toe hy agtste in die Tydren van Jordanië geëindig het. Hy het gevolglik slegs die tweede bestuurder geword na Carlos Reutemann om kampioenskapspunte in beide Formule Een en die Wêreldtydrenkampioenskap aan te teken.In die volgende WRC-tydren, die Tydren van Turkye, het Räikkönen sy beste uitslag verbeter met 'n vyfde plek, 6m 44.3s agter die wenner, Sébastien Loeb. Met dié uitslag het hy 'n hele paar gevestigde en meer ervare bestuurders in die veld geklop.
Hy het sewende gekom in die Tydren van Duitsland, sy tweede teertydren, terwyl hy sy eerste loopbaansneldeel gewen het, die laaste trajek van die tydren. Op 18 September 2010 het Räikkönen sy eerste tydrenoorwinning behaal toe hy aan die Rallye Vosgien 2010 in Frankryk deelgeneem het. Hy het al ses sneldele van die teertydren gewen.[6] Räikkönen kon nie in die Rally Catalunya begin nie, want hy het in die openingsdeel gerol, die rolkas beskadig, en die span het nie genoeg tyd gehad om dit te herstel nie. Daarna het Räikkönen besluit om nie aan die res van die tydren deel te neem nie, selfs al kon hy onder die superreëls. Die rede hiervoor was om nie die motor verder te beskadig nie.[7] Räikkönen het die seisoen van die 2011 Wêreldbyeenkoms in 2011 onder sy eie vaandel, ICE 1 Racing, gejaag. Hy het 'n Citroën DS3 WRC bestuur.[8] Hy het agtste geëindig in die openingsrondte, die Sweedse Tydren. Hy het daarna Meksiko oorgeslaan en aan die Portugese Tydren deelgeneem en sewende geëindig.
Formule 1 rekord
wysig- 2001 – 2009 nie hier getoon nie.
Hy het nie in 2010 en 2011 aan F1 deelgeneem nie
2012 – 2018
wysigSeisoen | Inskrywing | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | Pos. | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2012 | Lotus F1-span | Lotus E20 | Renault RS27-2012 2.4 V8 | AUS 7 |
MAL 5 |
CHN 14 |
BHR 2 |
SPA 3 |
MON 9 |
CAN 8 |
EUR 2 |
GBR 5 |
DUI 3 |
HON 2 |
BEL 3 |
ITA 5 |
SIN 6 |
JPN 6 |
KOR 5 |
IND 7 |
ABU 1 |
VSA 6 |
BRA 10 |
3 | 207 | |
2012 | Lotus F1-span | Lotus E21 | Renault RS27-2013 2.4 V8 | AUS 1 |
MAL 7 |
CHN 2 |
BHR 2 |
ESP 2 |
MON 10 |
KAN 9 |
GBR 5 |
GER 2 |
HON 2 |
BEL DNF |
ITA 11 |
SIN 3 |
KOR 2 |
JPN 5 |
IND 7 |
ABU DNF |
VSA | BRA | 5 | 183 | ||
2014 | Scuderia Ferrari | Ferrari F14 T | Ferrari 059/3 1.6 V6 | AUS 7 |
MAL 12 |
BHR 10 |
CHN 8 |
ESP 7 |
MON 12 |
KAN 10 |
OOS 10 |
GBR DNF |
GER 11 |
HON 6 |
BEL 4 |
ITA 9 |
SIN 8 |
JPN 12 |
RUS 9 |
VSA 13 |
BRA 7 |
ABU 10 |
12 | 55 | ||
2015 | Scuderia Ferrari | Ferrari F15 T | Ferrari 059/4 1.6 V6 | AUS DNF |
MAL 4 |
CHN 4 |
BHR 2 |
ESP 5 |
MON 6 |
KAN 4 |
OOS DNF |
GBR 8 |
HON DNF |
BEL 7 |
ITA 5 |
SIN 3 |
JPN 4 |
RUS 8 |
VSA DNF |
MEX DNF |
BRA 4 |
ABU 3 |
4 | 150 | ||
2016 | Scuderia Ferrari | Ferrari SF16-H | Ferrari 061 1.6 V6 | AUS DNF |
BHR 2 |
CHN 5 |
RUS 3 |
ESP 2 |
MON DNF |
KAN 6 |
EUR 4 |
OOS 3 |
GBR 5 |
HON 6 |
GER 6 |
BEL 9 |
ITA 4 |
SIN 4 |
MAL 4 |
JPN 5 |
VSA DNF |
MEX 6 |
BRA DNF |
ABU 6 |
6 | 186 |
2017 | Scuderia Ferrari | Ferrari SF70-H | Ferrari 062 1.6 V6 | AUS 4 |
CHN 5 |
BHR 4 |
RUS 3 |
SPA DNF |
MON 2 |
KAN 7 |
AZE 14 |
OST 5 |
GBR 3 |
HON 2 |
BEL 4 |
ITA 5 |
SIN DNF |
MAL DNF |
JPN 5 |
VSA 3 |
MEX 3 |
BRA 3 |
ABU 4 |
4 | 205 | |
2018 | Scuderia Ferrari | Ferrari SF71-H | Ferrari 062 EVO V6 | AUS 3 |
BHR DNF |
CHN 3 |
AZE 2 |
ESP DNF |
MON 4 |
KAN 6 |
FRA 3 |
OOS 2 |
GBR 3 |
GER 3 |
HON 3 |
BEL DNF |
ITA 2 |
SIN 5 |
RUS 4 |
JPN 5 |
VSA 1 |
MEX 3 |
BRA 3 |
ABU DNF |
3 | 251 |
Seisoen | Inskrywing | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | Pos. | Punte |
2019 – 2021
wysigSeisoen | Inskrywing | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | Pos. | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2019 | Alfa Romeo Racing | Alfa Romeo C38 | Ferrari 064 V6 | AUS 8 |
BHR 7 |
CHN 9 |
AZE 10 |
ESP 14 |
MON 17 |
KAN 15 |
FRA 7 |
OOS 9 |
GBR 8 |
GER 12 |
HON 7 |
BEL 16 |
ITA 15 |
SIN DNF |
RUS 13 |
JPN 12 |
MEX DNF |
VSA 11 |
BRA 4 |
ABU 13 |
12de | 43 | |
2020 | Alfa Romeo Racing | Alfa Romeo C39 | Ferrari 065 V6 | OOS DNF |
STI 11 |
HON 15 |
GBR 17 |
70J 15 |
SPA 14 |
BEL 12 |
ITA 13 |
TOS 9 |
RUS 14 |
EIF 12 |
POR 11 |
EMI 9 |
TUR 15 |
BAH 15 |
SAK 14 |
ABU 12 |
16de | 4 | |||||
2021 | Alfa Romeo Racing | Alfa Romeo C41 | Ferrari 065/066 V6 | BAH 11 |
EMI 13 |
POR DNF |
SPA 12 |
MON 11 |
AZE 10 |
FRA 17 |
STI 11 |
OOS 16 |
GBR 15 |
HON 10 |
BEL 18 |
NED DNS (covid) |
ITA ND (covid) |
RUS 8 |
TUR 12 |
VSA 13 |
MXS 8 |
SAP 12 |
KAT 14 |
SAU 15 |
ABU DNF |
16de | 10 |
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Official: Raikkonen seals Ferrari return". GPUpdate. GPUpdate. 11 September 2013. Besoek op 11 September 2013.
- ↑ "Raikkonen and Hakkinen to contest Arctic Lapland Rally".
- ↑ Raikkonen to make rally debut, BBC News, 29 June 2009 21:52 GMT (Verkry 30 Junie 2009)
- ↑ "Raikkonen rolls out of rally". Autosport. Haymarket Publishing. 1 Augustus 2009.
- ↑ Kimi Raikkonen signs with Citröen junior rally team AUSmotive.com, 4 Desember 2009
- ↑ 25EME RALLYE NATIONAL VOSGIEN Geargiveer 26 Augustus 2010 op Wayback Machine
- ↑ "Räikkönen Crashes Out of Catalunya during Shakedown". autoevolution. Besoek op 23 Desember 2010.
- ↑ "World Rally Championship – News – Huge entry for World Rally Championship opener". Wrc.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2012. Besoek op 29 Maart 2011.