15 Maart
datum
(Aangestuur vanaf 03-15)
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
15 Maart is die 74ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (75ste in ’n skrikkeljaar). Daar is nog 291 dae in die jaar. Tot in die jaar 153 v.C. het die Romeinse jaar op 15 Maart begin, waarop nog steeds die maandname September, Oktober, November en Desember dui.
Gebeure
wysig- 44 v.C. – Julius Caesar, diktator van die Romeinse Republiek, word deur Marcus Junius Brutus en verskeie ander Romeinse senators op die Idus van Maart doodgesteek.
- 1545 – Pous Paulus III publiseer die bul Laetere Hierusalem waarin opgeroep word na die konsilie van Trente.
- 1493 – Christophorus Columbus keer na Spanje terug na sy eerste reis na die Amerikas.
- 1557 – Pous Paulus IV stel nog 10 nuwe kardinale aan waaronder Michele Ghislieri (later Pous Pius V).
- 1717 – Pous Clemens XI stel Giberto Bartolomeo Borromeo, titulêr patriarg van Antiochië aan as kardinaal.
- 1773 – Pous Clemens XIV stel Gennaro Antonio de Simone, apostoliese protonotarius aan as kardinaal.
- 1820 – Maine word die 23ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1830 – Pous Pius VIII stel drie nuwe kardinale aan waaronder Thomas Weld, titulêr biskop van Amiclea.
- 1877 – Geskiedenis van krieket: Krieketspelers wat Australië en Engeland verteenwoordig speel die eerste toetswedstryd op die Melbourne-krieketveld.
- 1906 – Charles Rolls en Henry Royce stig die motorvervaardiger maatskappy Rolls-Royce.
- 1917 – Tsaar Nikolaas II van Rusland word gedwing om te abdikeer in die Februarie-rewolusie wat drie eeue van Romanof heerskappy beëindig.
- 1984 – Die Koeberg-kernkragsentrale bereik sy kritiese fase en op 4 April wek die kernreaktor die eerste keer elektrisiteit op.
- 2019 – 50 mense sterf in 'n skietaanval op twee moskees tydens die Vrydaggebed in Christchurch, Nieu-Seeland.
Geboortes
wysig- 1614 – Franciscus de le Boë Sylvius, Nederlandse wetenskaplike († 1672).
- 1713 – Nicolas-Louis de Lacaille, Franse sterrekundige († 1762).
- 1767 – Andrew Jackson, sewende President van die Verenigde State († 1845).
- 1810 – Kommandant-Generaal Stephanus Schoeman, waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1890).
- 1841 – John X. Merriman, laaste eerste minister van die Kaapkolonie voor die Uniewording van Suid-Afrika in 1910 († 1926).
- 1874 – Ds. Willem Postma, Gereformeerde predikant en Afrikaanse baanbrekerskrywer († 1920).
- 1911 – Wilhelm Mohnke, Duitse Tweede Wêreldoorlog generaal († 2001).
- 1927 – Ian Player, Suid-Afrikaanse natuurbewaarder en broer van Gary Player († 2014).
- 1932 – Alan Bean, Amerikaanse ruimtevaarder († 2018).
- 1933 – Ruth Ginsburg, Amerikaanse advokaat en regter van die Verenigde State se Hooggeregshof († 2020).
- 1940 – Haas Schoeman, Springbokrugbyspeler († 2006).
- 1944 – André Fourie, Suid-Afrikaanse politikus en oud-kabinetminister.
- 1979 – Hannes Brümmer, Suid-Afrikaanse akteur en skerpskertskomediant.
- 1988 – Juan de Jongh, Springbokrugbyspeler.
- 1996 – Alan Hatherly, Suid-Afrikaanse professionele bergfietsryer.
Sterftes
wysig- 752 – Pous Sagarias, 91ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 963 – Romanos II van Bisantium, Bisantynse keiser (* 938).
- 1898 – Benjamin Woolfield Mountfort, Nieu-Seelandse argitek (* 1825).
- 1967 – Paddy Carolin, Suid-Afrika se agtse Springbokkaptein (* 1881).
- 2015 – Collins Chabane, Suid-Afrikaanse minister van openbare dienste en administrasie (* 1960).
- 2020 – Vittorio Gregotti, Italiaanse argitek (* 1927).
- 2020 – Mark Perrow, Suid-Afrikaanse kanovaarder (* 1965).
Vakansie dae
wysig- Feesdag van Pous Sagarias in die Rooms-Katolieke Kerk.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 15 Maart. |