24 Desember
datum
(Aangestuur vanaf 12-24)
<< | Desember 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
24 Desember is die 358ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (359ste in skrikkeljare). Daar volg nog 7 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 312 – Pous Achilles van Alexandrië volg Petrus I as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op.
- 640 – Pous Johannes IV volg Pous Severinus op.
- 1046 – Pous Clemens II volg Pous Gregorius VI op.
- 1294 – Pous Bonifatius VIII volg Pous Celestinus V op.
- 1468 – Kardinaal Francesco Todeschini Piccolomini (later Pous Pius III) ontvang keiser Frederik III aan die poorte van Rome.
- 1687 – Pous Innocentius XI plaas 'n interdik op die kerk van Sint Lodewyk in Rome.
- 1717 – Die Kersvloed vind plaas langs die Noordseekus.
- 1726 – Die goewerneur van Buenos Aires stig Montevideo.
- 1777 – Kersfeeseiland, die oudste atol in die wêreld, word deur Kaptein James Cook besoek.
- 1801 – Die liggaam van Pous Pius VI word van Valence na Rome geneem.
- 1865 – Die Ku Klux Klan word deur veterane van die Amerikaanse Burgeroorlog gestig.
- 1906 – Reginald Fessenden saai die eerste radio uitsending ooit uit.
- 1914 – Britse en Duitse soldate onderbreek die Eerste Wêreldoorlog om Kersfees te vier, en begin só die Kersvrede.
- 1951 – Libië word van Frankryk en die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1974 – Sikloon Tracy verwoes meeste van Darwin, Australië.
- 2022 – Die Boksburg-ontploffing. 'n Brandstoftenkwa met petroleumgas ontplof onder 'n spoorwegbrug. 34 mense sterf.
Geboortes
wysig- 3 v.C. – Servius Galba Romeinse keiser († 69).
- 1166 – Jan sonder Land, koning van Engeland († 1216).
- 1798 – Adam Mickiewicz, Pools-Litause digter († 1855).
- 1818 – James Prescott Joule, Engelse fisikus († 1889).
- 1822 – Piet Potgieter, kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1854)
- 1852 – Carl George Klibbe, Stigter en Apostel van die Ou Apostoliese Kerk († 1931).
- 1868 – Emanuel Lasker, Duitse skaakspeler († 1941).
- 1869 – Henriette Roland Holst, Nederlandse digteres († 1952).
- 1905 – Howard Hughes, vliegpionier en filmregisseur († 1976).
- 1906 – Anna Neethling-Pohl, Suid-Afrikaanse aktrise († 1992).
- 1906 – James Hadley Chase, Engelse skrywer († 1985).
- 1922 – Ava Gardner, Amerikaanse aktrise († 1990).
- 1931 – Marié Blomerus, Afrikaanse skrywer en digter.
- 1936 – Pieter Spaarwater, rubriekskrywer, motorredakteur en omroeper († 2020).
- 1940 – Sharon Farrell, Amerikaanse aktrise († 2023).
- 1945 – Lemmy, Britse musikant († 2015).
- 1969 – Sean Cameron Michael, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1969 – Ed Miliband, Britse politikus.
- 1971 – Ricky Martin, Amerikaanse sanger.
Sterftes
wysig- 1524 – Vasco da Gama, Portugese ontdekkingsreisiger (* 1519).
- 1935 – Alban Berg, Oostenrykse komponis van die Tweede Weense Skool (* 1885).
- 1938 – Bruno Taut, Duitse argitek en stadsbeplanner (* 1880).
- 1972 – Melville Ruick, Amerikaanse akteur (* 1898).
- 1978 – Aletta Coetzee, eggenote van prof. J. Chris Coetzee (* 1894).
- 1980 – Karl Dönitz, Duitse admiraal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1891).
- 2011 – Johannes Heesters, Nederlands-Duitse akteur en sanger (* 1903).
- 2012 – Jack Klugman, Amerikaanse akteur (* 1922).
- 2022 – Boet Troskie, Suid-Afrikaanse sakeman en rolprentvervaardiger (* 1936).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Oukersaand, die aand/dag voor Kersdag.
- Fees van die heiliges Adam en Eva.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 24 Desember. |