4 Maart
datum
(Aangestuur vanaf Maart 4)
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
4 Maart is die 63ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (64ste in skrikkeljare). Daar volg nog 302 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1447 – Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) word priester.
- 1461 – Die Roosoorloë in Engeland: koning Hendrik VI uit die Huis van Lancaster word afgeset deur sy neef uit die Huis van York, wat toe Koning Eduard IV word.
- 1561 – Kardinaal Carlo Carafa, neef van Pous Paulus IV, word afgeset en tereggestel weens sy betrokkenheid by die moord op die swanger vrou van sy broer, die hertog van Paliano.
- 1791 – Vermont word die 14de deelstaat van die Verenigde State.
- 1825 – Ondanks nederlae in beide die VSA se verkiesingskollege en die populêre stem in die Amerikaanse presidensiële verkiesing in 1824, word John Quincy Adams ingesweer as die sesde President van die VSA.
- 1853 – Pous Pius IX publiseer die bul Ex Qua Die waarin die Nederlandse kerkprovinsie opgerig word.
- 1877 – Emile Berliner vind die mikrofoon uit.
- 1919 – Die Slangkopvuurtoring in Kommetjie, op die Kaapse Skiereiland word in gebruik geneem.
- 1975 – Charlie Chaplin, 'n akteur en regisseur, word deur koningin Elizabeth II tot ridder geslaan.
- 1980 – Robert Mugabe van die Zimbabwe African National Union word as die eerste regeringshoof van Zimbabwe verkies.
- 1994 – Die Vryheidsfront Plus, 'n Suid-Afrikaanse politieke party, word gestig.
Geboortes
wysig- 1678 – Antonio Vivaldi, 'n Venesiaanse komponis in die Barok-era († 1741).
- 1890 – Gerard Moerdijk, Suid-Afrikaanse argitek († 1958).
- 1891 – Stephanus Petrus le Roux, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Landbou († 1974).
- 1898 – Hans Krebs, Duitse generaal († 1945).
- 1904 – Joseph Schmidt, Joodse tenoor en akteur († 1942).
- 1908 – James Norval, Suid-Afrikaanse teater- en filmakteur († 1970).
- 1916 – Cecil Aronowitz, Suid-Afrikaansgebore altviolis († 1978).
- 1923 – Patrick Moore, 'n Britse sterrekundige († 2012).
- 1929 – Bernard Haitink, Nederlandse dirigent († 2021).
- 1932 – Miriam Makeba, Suid-Afrikaanse musieklegende († 2008).
- 1932 – Jackie Mekler, vyfmalige wenner van die Comrades-maraton († 2019).
- 1936 – Jim Clark, Skotse F1-renjaer († 1968).
- 1939 – Carel Trichardt, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1946 – Diane Broeckhoven, Vlaamse skryfster.
- 1947 – Jan Garbarek, Noorse jazz-saksofonis.
- 1968 – Patsy Kensit, Britse aktrise.
- 1972 – Jos Verstappen, voormalige Nederlandse renjaer, vader van Max Verstappen.
- 1983 – Jaque Fourie, Springbokrugbyspeler.
Sterftes
wysig- 561 – Pous Pelagius I, die 60ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±500).
- 1832 – Jean-François Champollion, Franse taalkundige en grondlegger van die Egiptologie (* 1790).
- 1990 – Hank Gathers, Amerikaanse basketbalspeler (* 1967).
- 2013 – Seki Matsunaga, Japannese sokkerspeler (* 1928).
- 2015 – Solly Ozrovech, predikant en skrywer van Christelike boeke (* 1927).
- 2017 – Margaret Roberts, Suid-Afrikaanse kruiedokter en skrywer (* 1937).
- 2019 – King Kong Bundy, Amerikaanse stoeier en akteur (* 1957).
- 2019 – Klaus Kinkel, Duitse politikus (* 1936).
- 2019 – Luke Perry, Amerikaanse akteur (* 1966).
- 2020 – Javier Pérez de Cuéllar, 'n Peruaanse diplomaat en politikus (* 1920).
- 2021 – Karima Brown, Suid-Afrikaanse joernalis (* 1967).
- 2022 – Mitchell Ryan, Amerikaanse akteur (* 1934).
- 2022 – Shane Warne, Australiese krieketspeler (* 1969).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 4 March. |
- Sint Casimirdag in Litaue en Pole.
- Feesdag van Pous Lucius I van die Rooms-Katolieke Kerk.