5 Mei
datum
(Aangestuur vanaf Mei 5)
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
5 Mei is die 125ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (126ste in skrikkeljare). Daar volg nog 240 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 200 – In China sterf generaal Sun Ce van die Han-dinastie, nadat hy tydens 'n jagtog dodelik beseer is. Voordat hy sterf benoem hy sy broer Sun Quan (182–252) as sy opvolger.
- 553 – Die Tweede Konsilie van Konstantinopel vind plaas.
- 1260 – Kublai Khan word na die dood van sy broer Mongke tot heerser van die Mongoolse ryk verkies. Sy broer Arigkbugha Khan en sy aanhangers kom in opstand teen sy verkiesing.
- 1292 – Hertog Adolf van Nassau word in Aken tot Romeins-Duitse koning verkies nadat hy groot beloftes aan die koer-vorste maak.
- 1313 – Pous Clemens V verklaar Pous Celestinus V heilig.
- 1389 – Die Romeins-Duitse koning Wenzel van die huis Luxemburg onderteken in Eger die Vrede van Eger. Die Swabiese bond van stede word verbied wat tans oorlog teen die hertoë in Suid-Duitsland gevoer het.
- 1521 – Die Verdrag van Ewige Vrede tussen Frankryk en die Switserse Bondgenootskap word uitgebrei tot 'n nie-aanvals- en verdedigingsverdrag tussen Switserland en Frankryk. Die Franse koning word toegelaat om tot 16 000 huursoldate in Switserland te werf.
- 1525 – Martin Luther, wat tot dusver met die saak van die opstandige boere tydens die Duitse Boereoorlog gesimpatiseer het, distansieer homself van die opstandiges in die geskrif Wider die Mordischen und Reubischen Rotten der Bawren, na die bloedbad van Weinberg.
- 1592 – Imjin-oorlog: In die seeslag van Okpo naby die Koreaanse eiland Geojedo oorwin die Koreaanse vloot die Japannese vloot.
- 1645 – Dertigjarige-oorlog: Franz von Mercy oorwin die Franse troepe onder Henri de Turenne, met 'n heelwat kleiner mag, tydens die slag by Herbsthausen, nadat sy troepe se bewegings die Franse onkant betrap.
- 1739 – Die Persiese troepe onder Nadir Shah verlaat die Indiese stad Delhi nadat hulle dit vir etlike weke geplunder het. Naas duisende slawe word die pou-troon en die diamant bekend as die Koh-i-noor uit die Mogolryk na Persië weggevoer.
- 1749 – Pous Benedictus XIV publiseer Peregrinantes waarin die Heilige Jaar 1750 geproklameer word.
- 1762 – Sewejarige-oorlog: Pruise en Rusland sluit die vrede van Sint Petersburg. Die vrede is moontlik nadat Tsaar Pieter III van Rusland Russiese heerser word na die dood van sy tante Elisabeth van Rusland. Tsaar Pieter was ´n groot bewonderaar van Frederik II van Pruise.
- 1809 – Die Switserse kanton Aargau ontneem Jode hulle burgerskap.
- 1824 – Pous Leo XII publiseer Ubi Primum oor sy pontifikaat en die pligte van biskoppe.
- 1827 – Na die dood van sy broer Friedrich August I word Anton I tot koning van Sakse gekroon.
- 1835 – In België word 'n treinspoor tussen Brussel en Mechelen geopen, die eerste treinspoor in kontinentale Europa.
- 1862 – Die Meksikaanse weermag verslaan die Franse weermag in die Slag van Puebla (op 9 Mei is hierdie dag verklaar as die Cinco de mayo-vakansiedag).
- 1912 – Die 1912 Somer Olimpiese Spele open in Stockholm, Swede.
- 1916 – 'n Groot vloed tref die Baviaanskloof, die Campbell-monument word opgerig ter ere van die slagoffers.
- 1916 – Die Amerikaanse Weermag val die Dominikaanse Republiek binne.
- 1918 – Finse Burgeroorlog: Na die verowering van Viipuris deur die Witleër eindig die burgeroorlog wat op 27 Januarie begin het. Die Finse Bolsjewieke vlug na Petrograd (voormalige Sint Petersburg).
- 1922 – Konstruksie begin aan die Yankee-stadion in The Bronx.
- 1936 – Italiaanse troepe beset Addis Abeba, Ethiopië.
- 1941 – Keiser Haile Selassie keer terug na Addis Abeba.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Tydens die slag van Cholm in Rusland ontset Duitse troepe die stad Cholm wat deur die Russe vir reeds 2015 dae onder beleg geplaas is.
- 1944 – Mahatma Gandhi word uit die gevangenis vrygelaat.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die opstand van Praag begin. Die Tsjeggiese burgers van Praag kom in opstand teen die Duitse besetting. Op 6 Mei die Rooi-leër die Operasie Praag ("Prager Operation").
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die oorgawe van die Duitse troepe in Noordwes-Duitsland, Denemarke en die Nederlande begin.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Mauthausen konsentrasiekamp en die kampe in Gusen word deur die 11de Amerikaanse pantserdivisie bevry. Dit is die laaste konsentrasiekamp in die Duitse Ryk wat bevry word.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Kanadese troepe ontset die stad Amsterdam van Duitse besetting na die Duitse kapitulasie in werking getree het
- 1949 – Die Raad van Europa word gevorm.
- 1950 – Bhumibol Adulyadej gekroon as koning Rama IX van Thailand.
- 1954 – Generaal Alfredo Stroessner neem d.m.v. 'n staatsgreep die bewind in Paraguay oor.
- 1955 – Wes-Duitsland verkry volle soewereiniteit.
- 1961 – Alan Shepard word die eerste Amerikaner wat 'n ruimtevaart meemaak in Mercury-Redstone 3. Sy ruimtevaart duur 15 minute, minder as 'n volledige omwenteling.
- 1992 – Die rekenaarspeletjie Wolfenstein 3D word uitgereik.
- 2000 – Alle tradisionele planete word in 'n reguit lyn gesien vanaf die aarde, (Mercurius, Venus, Mars, Jupiter, Saturnus, Maan en die Son).
Geboortes
wysig- 1747 – Leopold II, Heilige Romeinse Keiser, aartshertog van Oostenryk, hertog van Toskane, koning van Bohemië, Kroasaië en Hongarye († 1792).
- 1813 – Søren Kierkegaard, Deense filosoof († 1855).
- 1818 – Karl Marx, Duitse ekonoom en politiese filosoof († 1883).
- 1819 – Stanisław Moniuszko, Poolse komponis († 1872).
- 1831 – Gezina Kruger, tweede vrou van pres. Paul Kruger († 1901).
- 1846 – Henryk Sienkiewicz, Poolse skrywer, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde 1905 († 1916).
- 1847 – Alois Hugo Nellmapius, Suid-Afrikaanse sakeman, nyweraar en baanbrekerbewaringskundige († 1893).
- 1913 – Tyrone Power, Amerikaanse akteur († 1958).
- 1915 – Alice Faye, Amerikaanse aktrise († 1998).
- 1922 – Elize Botha, Suid-Afrikaanse voormalige presidentsvrou († 1997).
- 1922 – Fanie Botha, 'n Suid-Afrikaanse politikus en voormalige Minister van Waterwese en Bosbou († 2010).
- 1927 – Pat Carroll, Amerikaanse aktrise († 2022).
- 1929 – Willie Marais, NG Kerk predikant en skrywer († 2014).
- 1941 – Eric Burdon, Britse rock-sanger (The Animals, War).
- 1943 – Michael Palin, komediant (Monty Python).
- 1944 – John Rhys-Davies, Walliese akteur.
- 1950 – Googoosh, Irannese sangeres en aktrise.
- 1957 – Richard E. Grant, Swazi-Engelse akteur.
- 1986 – Bokang Montjane, Suid-Afrikaanse model en Mej Suid-Afrika 2010.
- 1988 – Adele, Britse sangeres.
Sterftes
wysig- 1525 – Frederik III van Sakse, Keurvors van Sakse (* 1463).
- 1705 – Leopold I, Heilige Romeinse Keiser (* 1640).
- 1821 – Napoleon Bonaparte, keiser van Frankryk (* 1769).
- 1944 – Bertha Benz, Duitse motorkarpionier en vrou van Karl Benz (* 1849).
- 1948 – Austin Roberts, Suid-Afrikaanse dierkundige en ornitoloog (* 1883).
- 1981 − Robert Gerard Sands, lid van die Provisionele Ierse Republikeinse Leër (IRA) wat aan 'n hongerstaking gesterf het (* 1954).
- 2002 – Hugo Banzer, Boliviaanse politikus, generaal en president van Bolivië (* 1926).
- 2003 – Walter Sisulu, anti-apartheid aktivis (* 1912).
- 2023 – George Louw, Suid-Afrikaanse uitgewer, digter, en dramaturg (* 1939).
- 2023 – Klaas de Jonge, Nederlandse menseregte-aktivis en Afrikanis (* 1937).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Denemarke: Bevrydingsdag (1945)
- Nederland: Bevrydingsdag (1945)
- Ethiopië: Bevrydingsdag (1941)
- Noordelike Gebied, Australië: Mei Dag
- Japan: Tango no Sekku - Kinderdag (oorspronklik die 'seuns se fees')
- Meksiko: Cinco de Mayo (1862)
- Guyana: Indiese Immigrasiedag (1838)
- Oorspronklike feesdag van Pous Pius V in die Rooms-Katolieke Kerk. In 1969 verskuif na 30 April.