17 Junie
datum
(Aangestuur vanaf 06-17)
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
17 Junie is die 168ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (169ste in skrikkeljare). Daar volg nog 197 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 900 – Winedmar, die handlanger van Boudewyn II van Vlaandere vermoor aartsbiskop Fulk van Reims.
- 1405 – Appenzeller Vryheidsoorlog: Veldslag bei Stoss, die boere van Appenzell oorwin die troepe van die abdy van St Gallen en Oostenryk en verkry so hul vryheid.
- 1602 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word biskop van Albano.
- 1614 – Pous Paulus V promulgeer 'n nuwe uitgawe van die Rituale Romanum, die Roomse liturgieboek.
- 1771 – Pous Clemens XIV stel Antonio Eugenio Visconti, titulêr aartsbiskop van Efeso en Bernardino Giraud, aartsbiskop van Ferrara aan as kardinale.
- 1775 – Tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog, neem Britse magte Bunker Hill buite Boston, Massachusetts oor.
- 1789 – Tydens die Franse Rewolusie roep die Derde Stand (Frans:Tiers état) van Frankryk 'n nasionale vergadering uit.
- 1793 – Pous Pius VI publiseer Quare Lacrymae oor die onthoofding van koning Lodewyk XVI van Frankryk.
- 1795 – Kaapse burgers beset die drosdy in Swellendam waarna die Colonie van Swellendam uitgeroep word.
- 1804 – Pous Pius VII verklaar Veronica Giuliani salig.
- 1924 – Die Pakt-regering word gevorm nadat 'n koalisie tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty die Suid-Afrikaanse Party in die algemene verkiesing verslaan.
- 1940 – Die Rooi Leër beset Letland.
- 1944 – Ysland word 'n republiek.
- 1953 – Die Volksopstand in die DDR word deur Sowjetse troepe bloedig onderdruk.
- 1961 – Kanada se New Democratic Party word gestig deur 'n samesmelting van die CCF en georganiseerde arbeid.
- 1964 – Nico Malan, Kaapland se administrateur, wy die gebou van die Hoërskool Groote Schuur, Kaapstad in.
- 1972 – Watergate skandaal: Vyf mans word gevange geneem vir die inbraak by die kantore van die Democratic National Committee.
- 1991 – Die Wet op Bevolkingsregistrasie, een van die hoekstene van Apartheid, word deur die Suid-Afrikaanse parlement opgehef.
- 1994 – O. J. Simpson word gejaag en gearresteer op verdenking daarvan dat hy sy gewese vrou Nicole Brown Simpson, en Ronald Goldman vermoor het.
- 2003 – Die eerste blitsskare kom byeen in die Macy afdelingswinkel in New York Stad, georganiseer deur Bill Wasik, seniorredakteur van Harper’s Magazine.
Geboortes
wysig- 1239 – Koning Edward I van Engeland († 1307).
- 1604 – Johan Maurits, Nederlandse staatsman, goewerneur van Nederlands-Brasilië († 1679).
- 1637 – Sybrandis Abbema, 'n kommissaris van die VOC († 1684).
- 1818 – Charles Gounod, Franse komponis († 1893).
- 1867 – Flora Finch, Engels-Amerikaanse aktrise († 1940).
- 1871 – Herman van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikant en Volksraadslid († 1953).
- 1871 – James Weldon Johnson, Amerikaanse skrywer, politikus, diplomaat en joernalis († 1938).
- 1873 – John Weston, Suid-Afrikaanse lugvaartingenieur, pioniervlieënier, boer en soldaat († 1950).
- 1882 – Igor Stravinsky, Russiese komponis († 1971).
- 1888 – Heinz Guderian, Duitse generaal († 1954).
- 1898 – M.C. Escher, Nederlandse kunstenaar († 1972).
- 1902 – Phil Nel, Suid-Afrika se agttiende Springbokkaptein († 1984).
- 1904 – Ralph Bellamy, Amerikaanse akteur († 1991).
- 1914 – John Hersey, Amerikaanse outeur en joernalis († 1993).
- 1923 – Elroy Hirsch, Amerikaanse sokkerspeler († 2004)
- 1933 – Christian Ferras, Franse violis († 1982).
- 1936 – Samuel Pauw, Suid-Afrikaanse modernistiese en postmodernistiese argitek († 2016).
- 1937 – Clodovil Hernandes, Brasiliaanse modeontwerper, televisie-aanbieder en politikus († 2009).
- 1943 – Barry Manilow, Amerikaanse akteur, sanger-liedjieskrywer en vervaardiger.
- 1947 – Christopher Allport, Amerikaanse akteur († 2008).
- 1954 – Pedro Filho, Brasiliaanse reeksmoordenaar († 2023).
- 1960 – Thomas Haden Church, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1963 – Greg Kinnear, Amerikaanse akteur, televisie-aanbieder en vervaardiger.
- 1975 – Joshua Leonard, Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur.
- 1976 – Scott Adkins, Engelse akteur en gevegkunstenaar.
- 1980 – Venus Williams, Amerikaanse tennisspeler.
- 1982 – Jodie Whittaker, Engelse aktrise.
- 1989 – Simone Battle, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2014).
- 1991 – Akker van der Merwe, Springbokrugbyspeler (haker).
Sterftes
wysig- 676 – Pous Adeodatus II, die 77ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1893 – Rutherford B. Hayes, 19de President van die Verenigde State (* 1822).
- 1920 – Ds. Johannes Rudolph Albertyn, een van die mees gevierde kanselredenaars in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1847).
- 1967 – Tienie Holloway, 'n Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur (* 1888).
- 1996 – Thomas Kuhn, Amerikaanse historikus en filosoof (* 1922).
- 2010 – Dawie Couzyn, opera- en ligte Afrikaanse musieksanger (* 1925).
- 2012 – Dolf Bekker, Springbokrugbyspeler (* 1926).
- 2014 – George Claassen sr., wenner van die Comrades-maraton in 1961 (* 1917).
- 2017 – Daniel Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1923).
- 2021 – Kenneth Kaunda, Zambiese president (* 1924).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Adeodatus in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 17 June. |