22 Augustus
datum
(Aangestuur vanaf 08-22)
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
22 Augustus is die 234ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (235ste in skrikkeljare). Daar volg nog 131 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 408 – Die Wes-Romeinse generaal Flavius Stilicho, van gemengde Vandaalse en Romeinse afkoms, word tereggestel.
- 1485 – Die Slag van Bosworth lei tot die einde van die Roosoorloë.
- 1642 – Die Engelse Burgeroorlog begin.
- 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer In suprema Universalis oor vas.
- 1864 – Twaalf Europese lande teken die Eerste Geneefse Konvensie, wat lei tot die daarstel van die Rooikruisbeweging onder Henry Dunant.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: In België raak Britse en Duitse troepe vir die eerste keer slaags.
- 1972 – Rhodesië word uit die Olimpiese Spele verban, slegs vier dae voor die openingseremonie in München, Duitsland.
Geboortes
wysig- 1760 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) in Genga († 1829).
- 1831 – Catharina van Rees, Nederlandse skryfster van die Volkslied van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1915).
- 1834 – Samuel Langley, Amerikaanse sterrekundige, fisikus, uitvinder van die bolometer en lugvaartpionier († 1906).
- 1849 – Sir Walter Francis Hely-Hutchinson, laaste goewerneur van die Kaapkolonie († 1913).
- 1853 – Ds. Bernard Petrus Jacobus Marchand, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en een van die stigters van die arbeidskolonie op Kakamas († 1917).
- 1862 – Claude Debussy, Franse komponis, († 1918).
- 1874 – Max Scheler, Duitse filosoof en outeur († 1928).
- 1890 – Cecil Kellaway, Suid-Afrikaanse akteur († 1973).
- 1902 – Leni Riefenstahl, Duitse fotograaf, aktrise en regisseur († 2002).
- 1904 – Deng Xiaoping, leier van die Volksrepubliek China (1976–1983).
- 1908 – Henri Cartier-Bresson, Franse fotograaf en skilder († 2004).
- 1909 – Pierre de Wet, Afrikaanse rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer († 1990).
- 1920 – Ray Bradbury, Amerikaanse skrywer († 2012).
- 1925 – Honor Blackman, Engelse aktrise († 2020).
- 1932 – Gerald P. Carr, Amerikaanse ingenieur, kolonel en ruimtevaarder († 2020).
- 1939 – Valerie Harper, Amerikaanse aktrise († 2019).
- 1943 – Nahas Angula, Namibiese politikus.
- 1947 – Ian Scheckter, Suid-Afrikaanse Formule Eenrenjaer.
- 1947 – Cindy Williams, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2023).
- 1948 – Derek Watts, Suid-Afrikaanse veteraan TV-joernalis (jarelange anker van Carte Blanche) († 2023).
- 1958 – Colm Feore, Amerikaans-Kanadese akteur.
- 1963 – Tori Amos, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, pianis en vervaardiger.
- 1967 – Ty Burrell, Amerikaanse akteur en komediant.
- 1968 – Casper Christensen, Deense komediant, akteur en skrywer.
Sterftes
wysig- 1241 – Pous Gregorius IX, 178ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* circa 1145).
- 1280 – Pous Nicolaas III, 188ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1216).
- 1485 – Richard III, koning van Engeland (* 1452).
- 1942 – P.G.W. (Piet) Grobler, Suid-Afrikaanse politikus (* 1873).
- 1976 – Juscelino Kubitschek, Brasiliaanse politikus, 21ste President van Brasilië (* 1902).
- 1978 – Jomo Kenyatta, Kenia se eerste president, sterf op 89-jarige ouderdom in Mombasa. Hy word opgevolg deur Daniel Toroitich arap Moi (* ca. 1897).
- 1986 – Celâl Bayar, Turkse prokureur en politikus, 3de President van Turkye (* 1883).
- 1991 – Colleen Dewhurst, Kanadees-Amerikaanse aktrise (* 1924).
- 2012 – Jeffrey Stone, Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur (* 1926).
- 2016 – Toots Thielemans, Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler (* 1922).
- 2023 – Derek Watts, Suid-Afrikaanse veteraan TV-joernalis (jarelange anker van Carte Blanche) (* 1948).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 August. |