25 Oktober
datum
(Aangestuur vanaf 10-25)
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
25 Oktober is die 298ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (299ste in skrikkeljare). Daar volg nog 67 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1241 – Pous Celestinus IV volg Pous Gregorius IX op.
- 1415 – Honderdjarige Oorlog: Hendrik V van Engeland en sy lig gepantserde infanterie en boogskutters verslaan die swaar gepantserde Franse kavallerie tydens die Slag van Agincourt.
- 1671 – Giovanni Cassini ontdek Iapetus, die derde grootste maan van die planeet Saturnus.
- 1854 – Stormloop van die Ligte Brigade: Lord Cardigan lei sy kavallerie in ’n rampspoedige stormloop in die Slag van Balaclava tydens die Krimoorlog.
- 1913 – Die Gereformeerde kerk Burgersdorp neem sy nuwe kerkgebou in gebruik.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Leyte Golf verseker die nederlaag van die Keiserlike Japannese Vloot in die Stille Oseaan-oorlog.
- 1944 – Die NG gemeente Tafelberg stig af van die NG gemeente Tamboerskloof.
- 1945 – Die voormalige Japannese kolonie Taiwan word weer deel van die Republiek China.
- 1971 – Die Volksrepubliek China vervang die Republiek China (Taiwan) as China se verteenwoordiger in, en permanente lid van, die Verenigde Nasies.
- 1973 – Die Jom Kippoeroorlog eindig.
- 1983 – Operasie Urgent Fury: Die Verenigde State en Karibiese bondgenote val Grenada binne, ses dae nadat Bernard Coard bevel oorgeneem het in ’n gewelddadige staatsgreep.
- 2001 – Windows XP, een van Microsoft se Windows bedryfstelsels, word vrygestel.
- 2018 – Christie's afslaers in New York Stad veil vir die eerste keer 'n kunswerk geskep deur kunsmatige intelligensie op. Die kunswerk, Portret van Edmond de Belamy, verkoop vir VS$ 432 500.
Geboortes
wysig- 1453 – Giuliano di Piero de' Medici, tweede seun van Piero de' Medici ("die Jigtige") en Lucrezia Tornabuoni en vader van Giulio di Giuliano de' Medici, wat later Pous Clemens VII sou word († 1478).
- 1766 – Henry George Grey, waarnemende goewerneur aan die Kaap van Goeie Hoop († 1845).
- 1803 – Maria Doolaeghe, Vlaamse skryfster († 1884).
- 1806 – Max Stirner, Duitse filosoof († 1856).
- 1838 – Georges Bizet, Franse komponis († 1875).
- 1851 – George Murray Alexander, Kaapse argitek van Skotse herkoms († 1904).
- 1853 – Sydney Charles Buxton, Britse politikus, goewerneur-generaal van Suid-Afrika (tussen 1914 en 1920) († 1934).
- 1881 – Pablo Picasso, Spaanse skilder († 1973).
- 1886 – Leo G. Carroll, Britse akteur († 1972).
- 1895 – Levi Eshkol, derde premier van Israel († 1969).
- 1913 – Klaus Barbie, Duitse oorlogsmisdadiger († 1991).
- 1923 – Bob Courtney, Suid-Afrikaanse akteur en omroeper († 2010).
- 1927 – Lawrence Kohlberg, Amerikaanse psigoloog († 1987).
- 1928 – Eddie Daniels, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis († 2017).
- 1928 – Jeanne Cooper, Amerikaanse aktrise († 2013).
- 1928 – Marion Ross, Amerikaanse aktrise.
- 1931 – Annie Girardot, Franse aktrise († 2011).
- 1946 – Bas Belder, Nederlandse politikus.
- 1955 – Louis Krüger, Afrikaanse skrywer.
- 1970 – Adam Goldberg, Amerikaanse akteur.
- 1971 – Craig Robinson, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.
- 1971 – Leslie Grossman, Amerikaanse aktrise.
- 1985 – Katy Perry, Amerikaanse sangeres-liedjieskryfster en musikant.
- 1996 – Rosemarie Mosbæk, Deense aktrise.
Sterftes
wysig- 625 – Pous Bonifatius V, 69ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1154 – Stefanus, koning van Engeland (* 1096).
- 1400 – Geoffrey Chaucer, Engelse digter, skrywer van The Canterbury Tales (* 1343).
- 1495 – Johan II, koning van Portugal (* 1455).
- 1647 – Evangelista Torricelli, Italiaanse fisikus, wiskundige en uitvinder van die barometer (* 1608).
- 1760 – George II, koning van Groot-Brittanje (* 1683).
- 1795 – Kol. Robert Jacob Gordon, soldaat, verkenner en stigter van die Suid-Afrikaanse merinobedryf (* 1743).
- 1838 – Louis Tregardt, een van die eerste Voortrekkerleiers (* 1783).
- 1887 – Sir Philip Wodehouse, Britse goewerneur van die Kaapkolonie (* 1811).
- 1918 – Tobie Muller, NG predikant en Afrikaanse taalstryder (* 1884).
- 1965 – Hans Knappertsbusch, Duitse dirigent (* 1888).
- 1989 – Gerard Walschap, Vlaamse skrywer (* 1898).
- 1991 – Louis le Grange, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister en lid van die Nasionale Party (* 1928).
- 1993 – Vincent Price, Amerikaanse akteur (* 1911).
- 2007 – Patrick Mynhardt, Suid-Afrikaanse film- en teaterakteur (* 1932).
- 2010 – Lisa Blount, Amerikaanse film- en televisieaktrise en vervaardiger (* 1957).
- 2013 – Marcia Wallace, Amerikaanse aktrise (* 1942).
- 2024 – Hans du Plessis, Afrikaanse skrywer en digter (* 1945).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Bonifatius I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 25 Oktober. |