8 November
datum
(Aangestuur vanaf 11-08)
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
8 November is die 312de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (313de in skrikkeljare). Daar volg nog 53 dae.
Gebeure
wysig- 1047 – Pous Benedictus IX volg Pous Clemens II op.
- 1519 – Hernán Cortés bereik Tenochtitlan waar die Asteekse heerser Moctezuma II hom met prag en praal ontvang, soos wat betaamlik sou wees vir 'n terugkerende god.
- 1576 – Die Bevrediging van Gent onderteken.
- 1793 – In Parys word die Louvre deur die Franse Rewolusionêre regering as 'n museum vir gebruik deur die publiek geopen.
- 1889 – Montana word die 41ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1895 – Wilhelm Röntgen ontdek die x-strale.
- 1923 – Adolf Hitler, Erich Ludendorff en ander lede van die Kampfbund begin die Biersaalputsch in München, in 'n poging om beheer oor te neem in Duitsland.
- 1958 – Pioneer 2 word lanseer.
- 1987 – Australië klop Engeland in die eindstryd met 7 lopies en wen sodoende die vierde Krieketwêreldbeker gehou in Indië en Pakistan.
- 1991 – Die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan kom in Kalkutta aan vir hul internasionale eendagwedstryde in Indië en bring die stad tot stilstand.
- 2002 – Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad neem Resolusie 1441 aan, wat Irak dwing om te ontwapen of ernstige gevolge in die gesig te staar.
Geboortes
wysig- 1656 – Edmond Halley, Britse sterrekundige en ontdekker van Halley se Komeet († 1742).
- 1847 – Bram Stoker, Ierse skrywer († 1912).
- 1848 – Gottlob Frege, Duitse wiskundige († 1925).
- 1883 – Arnold Bax, Engelse komponis († 1953).
- 1885 – Tomojoeki Jamasjita, Japannese generaal in die Tweede Wêreldoorlog († 1946).
- 1900 – Margaret Mitchell, Amerikaanse skryfster († 1949).
- 1900 – Charley Paddock, Amerikaanse atleet († 1943).
- 1914 – Norman Lloyd, Amerikaanse akteur († 2021).
- 1922 – Chris Barnard, Suid-Afrikaanse hartchirurg († 2001).
- 1932 – Stéphane Audran, Franse aktrise († 2018).
- 1935 – Alain Delon, Franse akteur († 2024).
- 1946 – Guus Hiddink, Nederlandse sokkerspeler en -afrigter.
- 1952 – Alfre Woodard, Amerikaanse aktrise.
- 1954 – Kazuo Ishiguro, Japannees-Britse skrywer en Nobelpryswenner.
- 1967 – Courtney Thorne-Smith, Amerikaanse aktrise.
- 1968 – Parker Posey, Amerikaanse aktrise.
- 1972 – Gretchen Mol, Amerikaanse aktrise.
- 1975 – Tara Reid, Amerikaanse aktrise.
- 1974 – Penny Heyns, Suid-Afrikaanse swemmer.
- 1986 – Aaron Swartz, Amerikaanse rekenaarprogrammeerder, skrywer en internetaktivis († 2013).
- 1988 – Jessica Lowndes, Kanadese aktrise en sangeres.
- 1991 – Riker Lynch, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, akteur en danser.
Sterftes
wysig- 618 – Pous Deusdedit, die 68ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 955 – Pous Agapetus II, die 129ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1308 – Johannes Duns Scotus, Fransiskaanse teoloog en filosoof (* 1266).
- 1674 – John Milton, Engelse digter en skrywer (* 1608).
- 1890 – César Franck, Belgiese komponis (* 1822).
- 1953 – Johannes van Melle, Nederlandsgebore Afrikaanse skrywer van onder meer Bart Nel (* 1887).
- 1980 – Lulu Latsky, eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf (* 1901).
- 1986 – Wjatsjeslaf Molotof, Sowjet-politikus en diplomaat (* 1890).
- 1990 – Wolfgang Schmieder, Duitse bibliotekaris en musiekkundige (* 1901).
Vakansies, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 8 November. |