12 Maart
datum
(Aangestuur vanaf 03-12)
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
12 Maart is die 71ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (72ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 294 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 515 v.C. – Bouwerk aan die Tempel in Jerusalem word voltooi.
- 1088 – Pous Urbanus II volg Pous Victor III op.
- 1144 – Pous Lucius II volg Pous Celestinus II op.
- 1178 – Pous Alexander III keer na Rome terug na sy tweede ballingskap.
- 1239 – Pous Gregorius IX ekskommunikeer keiser Frederik II vir die tweede keer.
- 1272 – Tebaldo Visconti (na 27 Maart Pous Gregorius X) tot priester gewy.
- 1278 – Pous Nicolaas III maak sy nefie Latino 'n kardinaal.
- 1278 – Pous Nicolaas III maak Girolamo Masci d'Ascoli (later Pous Nicolaas IV kardinaal-priester van Sint Prassede.
- 1403 – Die konsilie van Constance set Teenpous Benedictus XIII af en ekskommunikeer hom.
- 1443 – Pous Eugenius IV stel Tommaso Parentucelli (later Pous Nicolaas V) aan as vise-camerlengo.
- 1488 – Bartolomeus Dias rig 'n kalksteenkruis op by Kwaaihoek.
- 1565 – Pous Pius IV stel nog 23 kardinale aan waaronder Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII).
- 1612 – Alessandro Ludovisi (later Pous Gregorius XV) word aartsbiskop van Bologna.
- 1622 – Pous Gregorius XV verklaar Teresa van Avila, Francis Xavier, Ignatius van Loyola, Philip Neri en Isodore die Werker, heilig.
- 1622 – Pous Gregorius XV publiseer sy bul Decet Romanorum pontificem oor pouslike verkiesings.
- 1652 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-priester van S. Salvatore in Lauro.
- 1664 – New Jersey word 'n kolonie van Groot-Brittanje.
- 1699 – Pous Innocentius XII publiseer die brief Com Alias teen kwiëtisme.
- 1894 – Coca-Cola vir die eerste keer in bottels verkoop.
- 1912 – Die Girl Guides (later hernoem as die Girl Scouts in die VSA) word gestig in die VSA.
- 1913 – Canberra word die hoofstad van Australië.
- 1928 – In Kalifornië breek die St. Francis-dam en 400 sterf.
- 1930 – Mahatma Gandhi lei 'n 200-myl protesmars na die see ten spyte van die Brittanje se teenkanting, om te protesteer teen die Britse monopolie op sout.
- 1933 – Groot Depressie: Franklin D. Roosevelt spreek die nasie toe vir die eerste keer as President van die Verenigde State.
- 1938 – Anschluss: Duitse troepe beset Oostenryk; anneksasie word die volgende dag verklaar.
- 1940 – Winteroorlog: Finland teken 'n vredesverdrag met die Sowjetunie. Finse troepe en die oorblywende bevolking word onmiddellik ontruim.
- 1947 – Die Truman Doctrine is verklaar om die verspreiding van Kommunisme te keer.
- 1951 – Die Dennis the Menace tekenprent verskyn die eerste keer in koerante oor die VSA.
- 1968 – Mauritius verkry onafhanklikheid.
- 1987 – Les Misérables open in Broadway.
- 1992 – Mauritius word 'n republiek maar bly 'n lid van die Britse Statebond.
- 1993 – Verskeie bomme ontplof in Mumbai, Indië, en ongeveer 300 mense sterf, en verskeie meer word verwond.
- 1993 – Noord-Korea kernwapenprogram: Noord-Korea sê dat hulle beplan om te onttrek van die Nuclear Nonproliferation Treaty en weier om inspekteurs toegang te gee na kernterreine.
- 1994 – 'n Foto van Marmaduke Wetherell, voorheen beskou as 'bewys' van die bestaan van die Loch Ness-monster, bevestig as 'n poets.
- 1997 – Mikail Markhasev word gearresteer in Los Angeles vir die skiet van Bill Cosby se 27-jare-oue seun, Ennis Cosby.
- 1999 – Voormalige lede van die Warskouverdrag Tsjeggië, Hongarye en Pole sluit by die NAVO aan.
- 2002 – In Texas word Andrea Yates skuldig bevind van die verdrinking van haar vyf kinders op 20 Junie 2001. Sy word later tot lewenslange tronkstraf veroordeel.
- 2003 – Zoran Djindjic, Eerste Minister van Serwië, word om die lewe gebring in Belgrado.
Geboortes
wysig- 1607 – Paul Gerhardt, Duitse teoloog en komponis van kerkliedere († 1676).
- 1685 – George Berkeley, Ierse filosoof († 1753).
- 1710 – Thomas Arne, Engelse komponis († 1778).
- 1806 – Jane Pierce, Eerste Dame van die Verenigde State († 1863).
- 1831 – Clement Studebaker, motorpionier († 1901).
- 1896 – Sir John Abbott, derde Eerste Minister van Kanada († 1893).
- 1824 – Gustav Kirchhoff, sy naam word gegee aan Kirchhoff se wette († 1887).
- 1863 – Gabriele D'Annunzio, digter, († 1938).
- 1871 – Sen. F.S. Malan, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 1941).
- 1879 – Alfred Abel, Duitse akteur en filmregisseur († 1937).
- 1881 – Kemal Atatürk, stigter en eerste president van die Turkse Republiek († 1938).
- 1888 – Hans Knappertsbusch, Duitse dirigent († 1965).
- 1890 – Vaslav Nijinsky, Russiese ballet-danser († 1950).
- 1921 – Gianni Agnelli, bestuurder van Fiat († 2003).
- 1921 – Gordon MacRae, sanger, akteur († 1986).
- 1922 – Jack Kerouac, Amerikaanse skrywer († 1969).
- 1923 – Wally Schirra, Amerikaanse ruimtevaarder († 2007).
- 1928 – Edward Albee, Amerikaanse dramaturg († 2016).
- 1941 – Hercules von Molendorff, rugby- en -krieketspeler van die Boland († 2006).
- 1946 – Liza Minnelli, sanger en aktrise.
- 1947 – Mitt Romney, Amerikaanse sakeman, politikus en voormalige goewerneur.
- 1947 – Rupert Frazer, Britse akteur.
- 1968 – Aaron Eckhart, Amerikaanse akteur.
- 1972 – Arno Carstens, Suid-Afrikaanse internasionale sanger en liedjieskrywer.
- 1985 – Pieter Howes, Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en joernalis. († 2019).
- 1990 – Karla Pretorius, 'n Suid-Afrikaanse netbalspeler.
Sterftes
wysig- 417 – Pous Innocentius I, die 40ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* datum onbekend).
- 604 – Pous Gregorius I, die 64ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±540).
- 1507 – Kardinaal Cesare Borgia, seun van Pous Alexander VI (* 1475).
- 1619 – Richard Burbage, Engelse verhoogakteur en teater-eienaar (* 1567).
- 1820 – Sir Alexander Mackenzie, Skotse pelshandelaar en ontdekkingsreisiger (* 1764).
- 1937 – Jenő Hubay, Hongaarse violis en komponis (* 1858).
- 1942 – Robert Bosch, Duitse nyweraar, ingenieur en uitvinder (* 1861).
- 1945 – Anne Frank, Joodse dagboekskrywer in Nederland (* 1929).
- 1945 – Friedrich Fromm, Duitse generaal (* 1888).
- 1946 – Ferenc Szálasi, Hongaarse militêre offisier en politikus (* 1897).
- 1955 – Charlie Parker, Amerikaanse jazz saxofoonspeler (* 1920).
- 1985 – Eugene Ormandy, (Jena Belö) dirigent, violis (* 1899).
- 1992 – Dirk Kotzé, Suid-Afrikaanse geskiedkundige (* 1927).
- 1999 – Sir Yehudi Menuhin, Amerikaanse violis (* 1916).
- 2001 – Robert Ludlum, Amerikaanse outeur van rillerromans en speurverhale (* 1927).
- 2011 – Hubert du Plessis, Suid-Afrikaanse komponis en pianis (* 1922).
- 2015 – Terry Pratchett, Britse outeur (* 1948).
- 2021 – Koning Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloenasie van 1968–2021 (* 1948).
- 2021 – Ferdi Hartzenberg, Suid-Afrikaanse politikus en laaste leier van die Konserwatiewe Party (* 1936).
- 2021 – Noxolo Maqashalala, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1977).
Vakansiedae
wysig- Antieke Letland - Gregoru Diena word gevier
- Mauritius - Nasionale dag
- Swede - Naamdag vir Victoria, Kroonprinses van Swede, 'n amptelike Vlagdag
- Feesdag van Pous Innocentius I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 March. |