7 April
datum
(Aangestuur vanaf 04-07)
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
7 April is die 97ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (98ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 268 dae in hierdie jaar.
Gebeure
wysig- 1348 – Die Duitse koning Karel IV stig die Almal Mater Carolus, die Karel Universiteit in Praag. Dit is die eerste Duitse universiteit noord van die Alpe.
- 1449 – Teenpous Felix V onderwerp hom aan Pous Nicolaas V.
- 1552 – Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII) koop die pos van pouslike sekretaris.
- 1586 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word priester.
- 1655 – Pous Alexander VII volg Pous Innocentius X op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1742 – Pous Benedictus XIV verklaar Camillus de Lellis salig.
- 1788 – Pous Pius VI stel José Francisco Miguel António de Mendoça, patriarg van Lissabon, aan as kardinaal.
- 1795 – Frankryk aanvaar die meter as lengte-eenheid.
- 1815 – Die vulkaan Tambora begin uitbars.
- 1856 – Nelson kollege in Nelson, Nieu-Seeland gestig.
- 1906 – Die vulkaan Vesuvius bars uit.
- 1927 – Eerste langafstand televisieuitsending.
- 1956 – Die Spaanse deel van Marokko word onafhanklik.
- 1964 – IBM kondig die System/360 aan.
- 1984 – Die Suid-Afrikaanse Grand Prix vind plaas.
- 1989 – Die Sowjetse duikboot Komsomolets sink in die Barentssee.
- 2001 – 2001 Mars Odyssey gelanseer.
Geboortes
wysig- 1652 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII), die 246ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1740).
- 1770 – William Wordsworth, Engelse digter († 1850).
- 1853 – Prins Leopold, Hertog van Albany, seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk († 1884).
- 1874 – Charlotte Maxeke, SA godsdienstige leier, maatskaplike werker en politieke aktivis († 1939).
- 1926 – Gloria Warren, Amerikaanse aktrise († 2021).
- 1928 – James Garner, Amerikaanse akteur († 2014).
- 1929 – Bob Denard, Franse militaris († 2007).
- 1933 – Wayne Rogers, Amerikaanse akteur († 2015).
- 1939 – Francis Ford Coppola, Amerikaanse regisseur en wynboer.
- 1941 – Gorden Kaye, Engelse akteur († 2017).
- 1944 – Gerhard Schröder, Duitse politikus.
- 1954 – Jackie Chan, Hongkong-Chinese akteur.
- 1955 – Akira Nishino, Japannese sokkerspeler en -afrigter.
- 1964 – Russell Crowe, Nieu-Seelandse akteur.
- 1970 – Leif Ove Andsnes, Noorse pianis.
- 1970 – Piet Norval, Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 1973 – Jeanine Hennis-Plasschaert, Nederlandse politikus.
- 1974 – Tygo Gernandt, Nederlandse akteur.
- 1975 – Erlend Øye, Noorse musikant.
- 1983 – Franck Ribéry, Franse sokkerspeler.
- 1985 – Humza Yousaf, Skotse politikus.
- 1999 – Conner Rayburn, Amerikaanse akteur.
Sterftes
wysig- 1614 – El Greco, Spaanse skilder, beeldhouer en argitek (* 1541).
- 1789 – Abdülhamid I, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1725).
- 1882 – Charles Bell, Skotsgebore landmeter-generaal van die ou Kaapkolonie, kunstenaar, heraldikus, ontwerper van medaljes en seëls (* 1813).
- 1884 – Maria Doolaeghe, Vlaamse skryfster (* 1803).
- 1947 – Henry Ford, Amerikaanse motorvervaardiger (* 1863).
- 1955 – Theda Bara, Amerikaanse aktrise (* 1885).
- 1968 – Jim Clark, Skotse F1-motorrenjaer (* 1936).
- 1979 – Amir Abbas Hoveyda, Iranse ekonoom en politikus, premier van Iran (* 1919).
- 1985 – Carl Schmitt, Duitse politieke filosoof (* 1888).
- 1994 – Golo Mann, Duitse geskiedkundige, publiseerder en skrywer (* 1909).
- 1997 – Georgi Shonin, Russiese ruimtevaarder (* 1935).
- 2023 – Ben Ferencz, Amerikaanse aanklaer by die Neurenberg-verhore (* 1920).
Vakansie-, herdenkings- en waarnemingsdae
wysig- Wêreldgesondheidsdag (Internasionale waarneming)
- Vrouedag in Mosambiek
Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 April. |