4 Junie
datum
(Aangestuur vanaf 06-04)
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
4 Junie is die 155ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (156ste in ’n skrikkeljaar). Daar is nog 210 dae in hierdie jaar.
Gebeure
wysig- 1070 – Die metode om Roquefort-kaas te maak word ontdek.
- 1133 – Pous Innocentius II kroon Lotarius III as keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1433 – Pous Eugenius IV moet uit Rome vlug vir die troepe van Filippo Maria Visconti.
- 1544 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word biskop van Pavia.
- 1629 – Die VOC-skip De Batavia strand op 'n rif aan die weskus van Australië.
- 1724 – Pous Benedictus XIII word gekroon deur kardinaal Benedetto Pamphili.
- 1783 – Die Montgolfier-broers gee in Annonay in Frankryk die eerste openbare vertoning van hulle warmlugballon.
- 1769 – Pous Clemens XIV word gekroon deur kardinaal Alessandro Albani.
- 1819 – Pous Pius VII stel Rudolf Johannes Joseph Rainier von Habsburg-Lotharinge, aartshertog van Oostenryk, verkose aartsbiskop van Olomouc, Moravië aan as kardinaal.
- 1856 – In Nederland vind die laaste meervoudige teregstelling plaas in vredestyd toe Adriaan de Klerk en Cornelis de Jong gehang word.
- 1881 – Die Brabantse Lyn, die spoorlyn wat Tilburg met Nijmegen verbind, word geopen.
- 1887 – Die Institut Pasteur word in Parys gestig.
- 1917 – Die eerste Pulitzerprys word toegeken.
- 1930 – Die Afrikaansmedium-laerskool in Wynberg, Kaapstad, kry sy naam, die Laerskool Simon van der Stel.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Duinkerken word beëindig met 'n Duitse taktiese oorwinning. 338 000 Britse troepe word uit Duinkerken in Frankryk ontruim. Winston Churchill lewer sy beroemde "We shall fight on the beaches" toespraak.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Die voormalige Nederlandse mynlêer Van Meerlant gaan in Britse diens verlore weens 'n mynontploffing, 42 Britse matrose sterf.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaners wen die Slag van Midway.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde magte verower Rome.
- 1952 – Juan Perón word vir die tweede keer president van Argentinië.
- 1970 – Tonga word onafhanklik binne die Britse Statebond.
- 1989 – Die eerste vrye verkiesing in ´n land agter die Yster Gordyn sedert die Tweede Wêreldoorlog vind in Pole plaas en word gewen deur Solidarność.
- 1989 – Die protes op die Plein van die Hemelse Vrede in Beijing word met geweld deur die Kommunistiese regering van China onderdruk.
- 2024 – Uitslag van die Indiese algemene verkiesing van 2024 word bekendgemaak. Verkiesings is in Indië in sewe fases gehou om al 543 lede van die Lok Sabha te verkies.
Geboortes
wysig- 1489 – Anton van Lotharinge, Duitse hertog van Opper-Lotharinge († 1544).
- 1738 – George III van die Verenigde Koninkryk († 1820).
- 1833 – Lord Garnet Wolseley, Britse veldmaarskalk († 1913).
- 1871 – Charles Stallard, Suid-Afrikaanse prokureur, soldaat en politikus († 1971).
- 1903 – Jevgeni Mrawinski, Russiese dirigent († 1988).
- 1904 – Thomas P Stratten, Suid-Afrikaanse ingenieur († onbekend).
- 1914 – Jannie Loots, Suid-Afrikaanse politikus († 1998).
- 1939 – Barry Trengove, Suid-Afrikaanse akteur († 2004).
- 1939 – Dr. Pieter Willem Bingle, predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 2020).
- 1959 – Jannie Breedt, Suid-Afrika se een-en-veertigste Springbokkaptein.
- 1968 – Yoo Nam-kyu, Suid-Koreaanse tafeltennisspeler.
- 1971 – Joseph Kabila, Kongolese politikus en president van 2001 tot 2019.
- 1975 – Angelina Jolie, Amerikaanse aktrise.
- 1978 – Robin Lord Taylor, Amerikaanse akteur.
- 1976 – Aleksei Nawalni, Russiese regsgeleerde, politikus en finansiële aktivis († 2024).
- 1979 – Naohiro Takahara, Japannese sokkerspeler.
- 1991 – Ben Stokes, Engelse krieketspeler.
- 2004 – Mackenzie Ziegler, Amerikaanse aktrise en danseres.
- 2021 – Lilibet Mountbatten-Windsor, Brits-Amerikaanse koninklike, dogter van Prins Harry en Meghan Markle.
Sterftes
wysig- 1134 – Magnus, Koning van Swede (* 1107).
- 1472 – Nezahualcoyotl, koning van Acolhuacan, 'n deelstaat van die Asteekse Ryk (* 1402).
- 1684 – Sybrandis Abbema, kommissaris van die VOC (* 1637).
- 1752 – Daniel Marot, Franse Protestant, argitek, meubelier en graveur (* 1661).
- 1798 – Giacomo Casanova, Venetiaanse avonturier en skrywer (* 1725).
- 1872 – Stanisław Moniuszko, Poolse komponis (* 1819).
- 1941 – Wilhelm II van Duitsland, laaste koning van Pruise en keiser van Duitsland (* 1859).
- 1942 – Reinhard Heydrich, Duitse NSDAP-leier (* 1904):
- 1951 – Serge Koussevitsky, Russiesgebore dirigent, komponis en dubbelbasspeler. (* 1874).
- 1966 – Chang Myon, Suid-Koreaanse politikus, eerste minister van die Tweede Republiek (* 1899).
- 2015 – Ena Murray, Afrikaanse skryfster (* 1936).
- 2015 – Ernst Waldemar Bauer, Duitse televisie- en radiojoernalis, bioloog, skrywer, politikus (* 1926).
- 2017 – Esmé Berman, Suid-Afrikaanse outeur, lektor, historikus en kunskonsultant (* 1929).
- 2022 – John Berks, Suid-Afrikaanse omroeper en radiopersoonlikheid (* 1941).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 4 June. |