29 November
datum
(Aangestuur vanaf 11-29)
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
29 November is die 333ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (334ste in skrikkeljare). Daar volg nog 32 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1223 – Pous Honorius III keur die Orde van die Franciskane goed in die bul Solet annuere.
- 1503 – Pous Julius II stel vier nuwe kardinale aan waaronder twee van sy familielede.
- 1549 – Die konklaaf na die dood van Pous Paulus III begin. Dit sou 10 weke duur voordat Pous Julius III verkies word.
- 1553 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Porto en Santa Rufina.
- 1560 – Pous Pius IV publiseer 'n bul wat 'n oproep vir die hervatting van die konsilie van Trente bevat.
- 1627 – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) word biskop van Camerino.
- 1669 – Pous Clemens IX stel twee nuwe kardinale aan waaronder Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X).
- 1719 – Pous Clemens XI stel 10 nuwe kardinale aan waaronder Thomas Philippe Wallrad d'Hénin-Liétard d'Alsace-Boussu de Chimay, aartsbiskop van Mechelen, Vlaandere.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Renosterkop vind plaas.
- 1920 – Die Rooi Leër val Jerewan, Armenië, binne.
- 1929 – Admiraal Richard Byrd en twee passasiers voltooi die eerste vlug oor die Suidpool.
- 1942 – Die skip Dunedin Star strand naby Angra Fria aan die Namibiese Skedelkus met 106 passasiers aan boord.
- 1947 – Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering stem ten gunste van die verdeling van die Britse mandaat van Palestina tussen Arabiere en Jode.
- 1970 – Die Sondagblad Rapport word begin ná die samesmelting van Dagbreek & Sondagnuus en Die Beeld.
- 2009 – Rwanda word die 54ste lid van die Britse Statebond.
- 2012 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies stem met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer.
Geboortes
wysig- 1835 – Keiserin-weduwee en regentes Cixi, Qing-dinastie regentes van 1861 tot haar dood. († 1908).
- 1838 – Jan Lion Cachet, Suid-Afrikaanse teoloog van die Gereformeerde kerk († 1912).
- 1894 – Toon van den Heever, Suid-Afrikaanse digter, regter en Hertzogprys-wenner († 1956).
- 1898 – C.S. Lewis, Britse skrywer (* 1963).
- 1930 – David Goldblatt, Suid-Afrikaanse fotograaf († 2018).
- 1931 – Koos Human, Afrikaanse uitgewer, rubriekskrywer en musiekkenner († 2018).
- 1931 – Frank Mdlalose, eerste Premier van KwaZulu-Natal († 2021).
- 1932 – Jacques Chirac, Franse staatsman, President van Frankryk († 2019).
- 1961 – Tom Sizemore, Amerikaanse akteur († 2023).
- 1967 – Jaco Fouché, Afrikaanse skrywer.
- 1996 – Raisibe Ntozakhe, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Sterftes
wysig- 82 – Pous Anianus van Alexandrië tweede patriarg van die Kerk in Alexandrië. (* onbekend).
- 1268 – Pous Clemens IV, 183ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1195).
- 1626 – Ernst von Mansfeld, Rooms Katolieke huursoldaat wat vir die Protestantse saak geveg het (* 1580).
- 1643 – Claudio Monteverdi, Italiaanse komponis (* 1567).
- 1924 – Giacomo Puccini, Italiaanse komponis (* 1858).
- 1975 – Graham Hill, Britse F1-renjaer en tweemalige wêreldkampioen (* 1929).
- 1979 – Zeppo Marx, Amerikaanse komediant en akteur (* 1901).
- 1981 – Natalie Wood (Natasha Zakharenko), Amerikaanse filmaktrise (* 1938).
- 1986 – Cary Grant, Amerikaanse akteur (* 1904).
- 2005 – Deon van der Walt, Suid-Afrikaanse tenoor (* 1958).
- 2011 – Patrice O'Neal, Amerikaanse komediant (* 1969).
- 2017 – Jerry Fodor, Amerikaanse filosoof (* 1935).
- 2019 – Yasuhiro Nakasone, Japannese premier (* 1918).
- 2023 – Henry Kissinger, Amerikaanse politieke wetenskaplike en diplomaat (* 1923).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Anianus van Alexandrië tweede patriarg van die Kerk in Alexandrië in Koptiese Christendom.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 29 November. |