21 November
datum
(Aangestuur vanaf 11-21)
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
21 November is die 325ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (326ste in skrikkeljare). Daar volg nog 40 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 235 – Pous Anterus volg Pous Pontianus op.
- 1417 – Pous Martinus V in Konstanz gekroon.
- 1468 – Pous Paulus II stel vier nuwe kardinale aan, twee is familielede en die ander twee word "in pectore" aangestel.
- 1527 – Voor hy Rome verlaat stel Pous Clemens VII nog 7 nuwe Italiaanse kardinale aan.
- 1751 – Pous Benedictus XIV verklaar Jeanne de Chantal salig.
- 1783 – François Laurent d'Arlandes en Jean-François Pilâtre de Rozier onderneem die eerste bemande ballonvlug.
- 1789 – Noord-Carolina word die 12de deelstaat van die Verenigde State.
- 1877 – Thomas Edison kondig sy uitvinding van die fonograaf aan.
- 1957 – Sir De Villiers Graaff word verkies tot leier van die Verenigde Party (VP).
- 1962 – Meer as 200 lede van Poqo (die Pan Africanist Congress of Azania se militêre vleuel) val die polisiestasie en wit woonbuurtes van Paarl aan. Nadat drie Poqo-lede voor die polisiestasie doodgeskiet word, begin die vlugtende aanvallers huise in Loopstraat aanval en vermoor twee blanke burgerlikes; nog twee aanvallers word daarna doodgeskiet.
- 1969 – Die eerste ARPANET, 'n voorloper van die Internet, word daargestel.
- 1985 – Apartheid: Dertien mense sterf in Mamelodi toe die polisie gasgranate uit 'n helikopter laat val en op die skare vuur wat teen verhoogde huur betoog.
- 1996 – Oudpres. P.W. Botha verklaar dat hy nooit voor die Waarheids-en-versoeningskommissie sal getuig nie en nooit vir apartheid om verskoning sal vra nie.
- 2002 – NAVO nooi Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië uit om lede van NAVO te word.
- 2007 – 'n Oryx helikopter van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verongeluk naby Wepener; altesame 14 mense sterf.
- 2012 – Mongolië sluit by die OVSE aan.
- 2017 – Robert Mugabe bedank uiteindelik as President van Zimbabwe, nadat hy jare lank aan dié mag bly vasklou het.
- 2024 – Kunswerk A.I.God, ‘n portret van die Engelse wiskundige Alan Turing het die eerste kunswerk deur 'n humanoïde robot, Ai-Da geword wat op 'n veiling verkoop is, vir $1,0 miljoen (R17,54 miljoen).
Geboortes
wysig- 1694 – Voltaire, een van die mees gelese en invloedrykste skrywers van die Franse en Europese Verligting († 1778).
- 1854 – Giacomo della Chiesa (later Pous Benedictus XV), die 258ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Genua, Italië († 1922).
- 1858 – Gustav Baumann, Afrikaanse landmeter in die Vrystaat († 1930).
- 1890 – Eric Hendrik Louw, Afrikaanse diplomaat en politikus († 1968).
- 1908 – Hettie Smit, skuilnaam van mev. S.J. van Vuuren, Afrikaanse skryfster († 1973).
- 1913 – Gerhard Beukes, Afrikaanse skrywer († 1998).
- 1930 – Monika Pon-su-san was die model wat Vladimir Tretchikoff vir sy beroemde skildery Chinese Girl (Chinese meisie), ook bekend as The Green Lady (die groen dame), gebruik het († 2017).
- 1943 – Jacques Laffite, Franse Formule Eenrenjaer.
- 1954 – Carrol Boyes, Suid-Afrikaanse kunstenaar, ontwerper en sakevrou († 2019).
- 1956 – Harry Kalmer, Suid-Afrikaanse skrywer († 2019).
- 1963 – Nicollette Sheridan, Engelse aktrise, vervaardiger, en skryfster.
- 1975 – Erlend Øye, Noorse musikant.
- 1983 – Ronald Lamola, Suid-Afrikaanse prokureur en politikus, minister van justisie en korrektiewe dienste.
Sterftes
wysig- 1695 – Henry Purcell, Engelse komponis van barokmusiek (* 1659).
- 1811 – Heinrich von Kleist, Duitse digter (* 1777).
- 1916 – Frans Josef I van Oostenryk, laaste keiser van Oostenryk en eerste keiser van Oostenryk-Hongarye (* 1830).
- 1942 – James Barry Munnik Hertzog, Suid-Afrikaanse Eerste Minister (* 1866).
- 1952 – Henriette Roland Holst, Nederlandse digteres (* 1869).
- 1981 – Harry von Zell, Amerikaanse akteur en komediant (* 1906).
- 1993 – Bill Bixby, Amerikaanse akteur (* 1934).
- 1999 – Quentin Crisp, Engelse akteur, skrywer en illustreerder (* 1908).
- 2006 – Pierre Amine Gemayel, Libanese Falangistiese minister in die regering van premier Fouad Siniora (* 1972).
- 2013 – Theo Gerdener, joernalis, skrywer, Natalse administrateur, senator, minister van binnelandse sake en later leier van die Demokratiese Party (* 1916).
- 2017 – David Cassidy, Amerikaanse sanger, akteur (* 1950).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Gelasius I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 November. |